Liefie. Louisa du Toit

Читать онлайн книгу.

Liefie - Louisa du Toit


Скачать книгу
ction>

      

      Louisa du Toit

       Liefie

      Jasmyn

      1

      By die stalletjie langs die teerpad staan ’n motor. ’n Man en en vrou is besig om die produkte te bekyk: vars groente, vrugte, rou hoenders sowel as gebraaide hoenders. Laasgenoemde word die “Liefie Special” genoem deur Joos, die groot hoewel effens lomp geboude dorpseun wat elke dag hier kom help.

      Reeds van ver af gewaar Laurie Hugo die motor en oorweeg dit om verby te steek huis toe. Maar sy suster Liefie verwag van hom om elke middag net hier aan te doen en te verneem hoe sake staan. Dit laat haar hande vry vir die middagete, waarvoor hulle almal huis toe kom. Dis na genoeg aan die dorp. Dis dan seker ook die minste wat hy kan doen, dink Laurie. Maar vanmiddag is hy juis tien minute laat en die etensuur vlieg gewoonlik soos ’n gedagte verby. Bowendien verdra hy dit nie om ’n geselsie met klante te moet aanknoop nie. Dit lyk so na manipulering dat hulle moet koop.

      Na ’n kort innerlike stryd oorwin sy pligsgevoel en hy hou voor die stalletjie stil. Hy knik net vir die man en vrou en seil die oordekte ruimte binne. Hy is haastig, en ontstem ook. Hy het na rose gaan soek en dorings gevind. En nou nog tien minute laat.

      “Alles reg, Joos?” vra hy.

      Sy oë flits oral rond met meer rusteloosheid as opmerksaamheid. Hy kyk trouens sonder om veel waar te neem.

      “Lig vir Liefie in die hoenders en tamaties is gedaan, Laurie,” sê Joos gewigtig. Liefie het hom eindelik geleer om haar nie “tannie” te noem nie. Joos is nie baie slim nie, maar vergoed ruimskoots daarvoor met sy goeie selfbeeld en sy vermoë om te kibbel.

      Laurie stem in en knik weer ’n beleefde dog haastige groet voor hy in die kar spring.

      Die vriendelike vrou kyk sy motor agterna tot waar dit stilhou voor die rondawelhuis teen die hoogtetjie. Die gebou lyk koel en rustig met sy glanswit, geronde mure en swart grasdak. Aan die voorkant is die tuin terrasgewys uitgelê. Aan albei sye, en agterom seker ook, dink sy, is vrugtebome en priële. En die groentebeddings en hoenderhokke, fantaseer sy op haar eentjie. ’n Mooi hoewe, so naby die dorp. Vooruitstrewende mense, alles is eksieperfeksie.

      “Dit voel mos altyd vir my,” sê sy vir haar man, “of mense wat in ’n rondawelhuis woon so ’n bietjie bo ons vierkantiges is. Koel, selfversekerd en rustig.”

      “Dit lol ook maar partykeer daar, mevrou,” lig Joos haar in. Die “mevrou” vir klante het Liefie hom ook geleer gekry. “En Liefie – sy wil nie hê ek moet vir haar ‘tannie’ sê nie – nou ja, sy moes die drie kinders alleen grootmaak, sê hulle.”

      Die Drie. Dis mos die naam op die bordjie by die uitdraaipad, onthou die vrou. Ongewone naam, wat haar laat dink het dit verwys na die voorkant van die huis wat drie rondinge vertoon, maar waarskynlik het dit ’n meer persoonlike betekenis.

      “Is Liefie se man dan dood?” pols sy vriendelik-nuuskierig terwyl sy die gebraaide hoender in ’n bruin kardoes met welgevalle in ontvangs neem.

      “Haai nee, mevrou, sy is hulle suster. Sy sal laaik om ’n man te hê, sê hulle.”

      “Hulle” is skynbaar die publieke opinie. Die egpaar wil hulle slap lag toe hulle wegry. “Maar weet jy,” sê die vrou, “ek het ’n idee dat ons groot stories misloop.”

      Soos gewoonlik tussen een en twee, hou Laurie sommer by die voordeur stil. Daar is ’n boom of wat en dit bied genoeg skaduwee sonder dat dit die treffende voorkant van die huis verberg. Hy bestyg die hoë trappe na die voordeur wat met sy beskeie ronding van die ingangsportaal effens trustaan om die groter rondinge aan weerskante tot hulle reg te laat kom. By die voordeur is ’n lantern-tipe lamp volgens Liefie se keuse. ’n Fyn rankplant het mettertyd ’n voeler uitgestuur en daaromheen geslinger sodat, wanneer die lig saans aan is, ’n blaarpatroon hom op die klipstoep afteken.

      Dis dinge wat by Laurie registreer sonder dat hy hom juis daarop toespits om iets raak te sien. Tog voel sy onstuimige gemoed effens gekalmeer deur die blote feit van sy tuiskoms, deur die koel huislikheid wat om hom vou soos ’n beskermende wit kleed in ’n woestyn. Saam daarmee groei sy begeerte om gou by Liefie te kom, om sy kwelling met haar te deel. Hy voel ’n innige behoefte aan haar ongeërgde deurdagtheid, haar onfeilbare insig. En hy wonder watter emosie sy sal kies om die nuus wat hy bring, te begroet. Sy kan so intens luister en waarneem, oorwegend frons … en in daardie paar oomblikke bepaal sy haar manier van optrede, wat sy met paslike stem­ming aankondig. Hy verstom hom steeds aan die kundigheid waarmee sy voorneme en daad by mekaar kan laat aansluit.

      Hy stap deur na die eetkamer, een van die min vierkantige vertrekke in die huis en wat terselfdertyd die gesellige fokuspunt vir die huismense vorm. Daar vind hy vir Liefie by die gedekte tafel, besig om spierwit margrietjies in ’n smaraggroen bakkie te rangskik. Dit vorm so ’n koel en rustige prentjie, dat hy ’n oomblik lank vergeet van die hoogsomer buite. Hy vergeet ook hoe hy al geskimp het dat dit vir hom beter en rustiger sal wees om elke dag liewer net toebroodjies saam te vat, in plaas van die heen en weer gehaas tussen werk en huis.

      Sy kyk op toe hy langs haar staan. “Ja, middag,” sê sy. “Jy’s tien minute laat.”

      “Dit pas my uitstekend om die vlieg in jou salf te wees. Ek is in ’n slegte bui.”

      “Dit kon ek al agterkom aan die manier waarop jy jou motordeur toeklap.”

      Hy wikkel sy dasknoop los en plof neer op die houtrusbank met die geblomde bekleedsel. “Jou minister van sluikhandel vra hoenders en tamaties.”

      “Ek het nogal ’n dosyn tamaties geslag vir vandag. Ek bedoel hoenders.”

      “En onder my persoonlike toesig is daar gisteraand ’n ballasmandjie vol ryp hoenders gepluk. Ek meen tamaties.”

      “Nou ja, om ernstig te raak.” Sy plaas die bakkie met blomme op die tafel en staan ’n tree terug. Alles wat sy doen, moet altyd ten beste geskied. As dit nie vir hierdie berekende presiesheid was nie, sou sy dalk lank gelede reeds die handdoek moes ingooi. “Voordat Berdine van die skool af inkom, kan jy my vertel waarom jy so omgekrap is. Jou stemming wandel voor jou uit.”

      Hy huiwer, oorweeg. Sal hy haar eerste vertel van die vreemde meisie en hoe hy probeer vasstel het wie sy is? Of, en voorlopig is dit seker belangriker, hoe hy in hierdie proses op ’n ander spoor gekom het? “Ek het vasgestel dat Jack op die dorp is.” Hy praat gedemp, want Lettie is sekerlik iewers in die huis rond.

      Sy frons onmiddellik en haar ligbruin oë vernou tot smal, agterdogtige splete.

      “Jack Husselman?”

      “Natuurlik. Watter ander Jack nou?”

      “Op die dorp?”

      “So het ek gesê.”

      “Wat vertel jy my, Laurie?”

      “Dat Jack Husselman op die dorp is.”

      “Moet my tog nie altyd so letterlik opneem nie. Jy is nes Uilspieël. Kan jy nie dadelik insien hoeveel daar op die spel is nie?”

      “Natuurlik kan ek. Dit maak my skoon siek om te dink dat die hele ou gemors van voor af moet begin. Waar is Lettie?” Hulle praat in vinnige, gedempte stemme.

      “In die kamer. Een van daardies.”

      “Weer ’n folterende hoofpyn. Is jy seker sy weet nie dalk reeds nie?”

      “Van Jack?” Die vermoede groei duister in Liefie se oë. “Dis waar, sy het lank laas so ’n kwaai hoofpyn gehad … of voorgegee. Maar sy was tog nooit hierdie week uit die huis nie. Geen telefoonoproepe, niks.”

      “Wat ’n skaduwee het sy nie geword nie. Berdine, dalk?”

      “Nie onmoontlik nie. Dis logies dat hy deur die kind sal probeer nader kruip.”

      “Ek draai sy nek om. Die kind het swaar genoeg gekry deur hom, om van Lettie nie te praat nie.”

      “Kyk of sy al van die skoolbus af aankom,” beveel Liefie skielik onrustig.

      Hy gaan venster


Скачать книгу