Wilna Adriaanse-omnibus 1. Wilna Adriaanse

Читать онлайн книгу.

Wilna Adriaanse-omnibus 1 - Wilna Adriaanse


Скачать книгу
“My pa wil met jou praat.”

      “Dit klink my julle het baie pret,” laat hy droog hoor nadat hy gegroet het.

      “Ons het.” Sy weet nie wat sy verder moet sê nie.

      “Ek hoor jy is ’n kranige ruiter. Pas net op, Phantom kan nogal soms befoeterd raak. Ek is seker hy was in sy vorige lewe ’n merrie, want hy is net so vol buie –”

      “Hulle sê ’n dier ontwikkel soms sy eienaar se temperament.”

      Daar klink meteens ’n duidelike lag in haar oor op en sy weet nie wat haar besiel het om dit te sê nie. Sy kan voel hoe haar wange verkleur en sy is dankbaar dat hy baie kilometers ver weg is.

      “Wil jy vir my sê dat ek befoeterd is of dat ek vroulike buie het?” Die diep stem is nou weer onder beheer.

      “Doktor Parker, Jean wil gou nog iets sê, so ek groet eers.” Sy wag nie om te hoor of hy nog instruksies of vermanings het nie, te dankbaar om uit hierdie gesprek te kom.

      Die volgende oggend gaan soek Georgina na Betsy. Sara, die jong meisie wat elke dag van die dorp af kom om haar met die huiswerk te help, beduie na die groot spens aan die agterkant van die kombuis.

      “Betsy, weet jy of hier êrens Kersversierings vir ’n boom is?”

      “In die ateljee is ’n klomp rakke met allerhande goed in. Daar kan seker Kersversierings ook wees. Doktor het mos die huis met alles in gekoop en alles wat mevrou nie wou hê nie, het hy daar gestoor. Gelukkig het sy nie baie lank hier gewoon nie, anders het sy dalk al hierdie mooi meubels en skilderye verkoop en nuwe goed ingesit.”

      Georgina besluit om die laaste opmerking te ignoreer. “Waar is die ateljee?”

      Betsy beduie na die portaaltjie tussen die kombuis en die formele eetkamer. “Daar gaan ’n trap op. Die deur behoort oop te wees.”

      Enkele minute later staan Georgina in ’n lang vertrek met uitgeboude vensters teen twee mure. Teen die een muur is rakke waarop ’n aantal kartondose staan. Vier gestoffeerde stoele met wit lakens oor staan regs van haar. Sy gaan sit op een van die breë vensterbanke en kyk uit oor die tuine onder haar.

      Dan begin sy in die kartondose rondkrap. Daar is pragtige ou rokke en hoede, ornamente en boeke en wat nog. Georgina besluit om eendag met aandag na alles te kom kyk. Dan vind sy uiteindelik waarna sy soek – ’n groot rooi kartondoos. Sy gaan sit daarmee op die breë vensterbank en soos sy die doos uitpak, raak haar verwondering al groter.

      Daar is die mooiste glasballe. En kristalfigure. En groot houtengele en stringe glaskrale en die laaste ding wat sy uithaal, is die mooiste wit engel met blinksilwer vlerke. Hierdie goed moet baie oud wees, want sy is seker daar word nie meer sulke mooi versierings gemaak nie. Sy pak alles weer versigtig terug en bêre die houer weer op die rak. Sy huiwer nog ’n oomblik in die middel van die vloer voordat sy die deur agter haar op knip trek.

      “Het jy gekry wat jy gesoek het?” Betsy staan by die stoof.

      “Ja, dink jy ek sal dit mag gebruik? Ek wil graag vir die kinders ’n boom versier.”

      “Ek kan nie sien waarom nie. Ek dink nie doktor weet meer wat alles daar is nie.”

      Georgina knik en dan draai sy om om na die kinders te gaan soek. Sy moet ook gaan hoor of Andy haar dorp toe sal neem om ’n boom te gaan koop. Hy sal seker weet waar hulle die regte dennebome verkoop.

      Maar sy kry eers die volgende middag ’n kans om sonder die kinders weg te glip. Sy het vir hulle gesê Andy moet dorp toe en sy moet vir Betsy iets gaan koop. En aangesien hulle met ’n bakkie ry, is daar nie plek vir hulle ook nie. Hulle was nie tevrede nie, maar sy het belowe sy bring iets lekkers saam.

      Andy help haar om ’n mooi boom uit te soek. Nie te groot nie, maar ook nie te klein nie. Dit moet darem na Kersfees lyk. Die dorp se strate en winkels is feestelik versier en Georgina is jammer sy het nie meer tyd om die plek te verken nie. Dit wat sy van die dorp kan sien, hou sy van. Maar dan het sy nog altyd van plattelandse dorpe gehou. En hierdie een het ’n vriendelike gevoel. Toe sy Andy uitvra, is hy maar te gewillig om haar van die dorp te vertel.

      Toe die kinders daardie aand in die bed is, dra Andy en William die boom vir haar na die groot groen sitkamer. Met hulle hulp maak sy die boom in ’n mooi koperemmer met sand staan. Daarna gaan haal sy die houer met al die versierings en begin hulle een vir een ophang. As hulle vir haar die eerste keer mooi was, is hulle nou nog mooier en sy kyk tevrede toe hoe die eenvoudige groen denneboom in ’n feëboom verander. Die muurligte weerkaats in die glasballe en die kristalfiguurtjies gee reënboogliggies af. Nadat sy ’n oomblik lank tevrede haar handewerk aanskou het, begin sy die geskenke uit haar kamer aandra en onder die boom te pak.

      Toe alles gereed is en sy die klein liggies in die boom aanskakel, gaan sit sy op ’n stoel, skielik mateloos hartseer. Vir die eerste keer in ses jaar loop daar trane teen haar wange af en sy laat sak haar kop in haar hande. Sy verstaan nie waarom sy juis nou soveel emosie ervaar nie; sy is nie ongelukkig nie. Daar was die afgelope jare ’n paar Kersfeeste wat sy alleen was en sy het nie eens toe gehuil nie. Maar die trane hou nie op nie en na ’n paar minute gee sy haar maar oor aan die gevoel en laat die trane ongehinderd loop. Maar sy dink nie verder nie. Want sy het geen verduideliking vir haar gevoel nie. Dis baie laat toe sy uiteindelik opstaan, die ligte afskakel en die deure na die eetkamer en na die portaal sluit. Sy wil nie hê die kinders moet die boom voor die tyd sien nie.

      Daardie nag begin dit sneeu en toe hulle die volgende oggend buite kom, het die groen landskap in ’n wit towerwêreld verander. Hulle hardloop uitgelate buitentoe en kom ’n uur later koud en nat binne. Na middagete vra André vir Georgina om saam met hom te gaan perdry. Sy laat haar kop agteroor hang en voel hoe die fyn vlokkies op haar gesig val. Hulle ry langs mekaar en in ’n stadium kyk André na haar en dan breek ’n glimlag van vreugde en lekkerkry oor sy gesig. Georgina voel hoe die trane weer agter haar oë brand. Sy sal haarself moet regruk. Sy is besig om te geheg aan die kinders te word.

      “Ons kyk wie is eerste terug by die stalle!” roep sy uit en die oomblik toe Phantom voel die leisels verslap, laat hy nie op hom wag nie. Die koue lug brand teen haar gesig, maar sy voel skielik sorgvry en die hartseer van oomblikke tevore sak genadiglik weg. Sy is ’n kortkop voor André toe hulle om die hoek by die stalle galop dan moet sy haastig die leisels intrek om nie in die figuur wat voor die stalle staan te bots nie. Terwyl sy die leisels intrek, swenk sy weg en dan moet sy haastig haar balans herwin. Perd en ruiter gaan maak ’n wye draai en kom op ’n stadige draffie terug. Dan herken sy vir die eerste keer haar werkgewer. Georgina het haar nog nooit daarop geroem dat sy sy gesigsuitdrukking kan lees nie, maar sy is op hierdie oomblik redelik seker hy is ontevrede en sy voel hoe die ergernis warm onder haar kraag kom lê. Sy wens die man het ’n klokkie gedra, sodat sy kon weet as hy in aantog is, want sy haat dit om so onverwags op hom af te kom. Dit voel vir haar sy het ’n waarskuwing nodig voordat sy hom sien.

      Sy swaai haar been oor die groot perd se rug en stap die laaste treë na waar hy en André nou staan. André is duidelik baie opgewonde om sy pa te sien.

      Georgina knik in sy rigting en begin die saal losmaak. Voordat sy egter die saal kan aftel, neem twee hande dit by haar en lig dit moeiteloos af en stap daarmee na die tuiekamer. Sy gaan haal ’n roskam en begin woordeloos die blinkswart vel afborsel. André is besig om sy pa van hulle paar dae se verblyf hier te vertel, terwyl hy ook sy perd afsaal en roskam. Georgina neem haar tyd, in die hoop dat die twee van hulle sal loop, maar hulle bly staan en sy is verplig om klaar te maak en saam met hulle huis toe te stap. Sy luister afgetrokke hoe André vra waarmee sy pa gekom het. Sy gewaar ook nie die helikopter nie, maar sy wou nie vra nie. Maar hy het blykbaar gevlieg. Met wat en tot waar weet sy nie; miskien met sy eie vlerke, kan sy nie help om te dink nie, en dan glimlag sy vir haar eie gedagtes. Die glimlag sterf oomblikke later toe hy haar aan die onderpunt van die trap keer en vra of sy vir ’n paar oomblikke na sy studeerkamer sal kom.

      Sy bly voor die lessenaar staan, maar hy beduie met sy kop dat sy moet sit en sy sak huiwerig op die stoel neer.

      “Ek het Mark belowe as dit moontlik is, sal ek jou terugstuur Manhattan toe vir die naweek, maar


Скачать книгу