Ena Murray Omnibus 34. Ena Murray
Читать онлайн книгу.dan wat haar pal op die verdediging teenoor hom plaas, net asof ’n ingebore instink haar waarsku teen hom? Wat is dit wat haar nekhare sommer laat rys wanneer sy hom sien en haar dadelik op haar pasoppens plaas wanneer hy sy mond oopmaak?
Sy draai om op haar sy en maak haar oë toe, voel hoe fisieke moegheid deur haar trek. Sy is nie bekommerd oor Jean-Paul nie. Vreemd, maar sy weet sy sal ’n weg met hom vind. Dis die ander neef wat haar onrustig stem, wat so ’n onbekende faktor is. Iemand vreemdsoortig . . . nes die man in die maan . . . Sy glimlag vaag en sak dan in ’n diepe slaap weg.
Op die stoep gloei daar nog tot laat ’n rooi kooltjie van ’n Oosterse sigaar. Toe, eindelik, draai die man om om ook bedwaarts te keer. Sy gesig is steeds in strak, stroewe lyne vasgevang asof sy gedagtes met somber dinge besig is. Tog, toe hy die lig afskakel en nog ’n rukkie in die donker met sy gedagtes besig bly, glimlag hy skielik daardie klein glimlaggie van hom. Miskien het hy tog op ’n manier die waarheid gepraat toe hy tergend vertel het dat hy moontlik ’n afstammeling van die legendariese Sinbad is. Want, as hy reg onthou, het hierdie fiktiewe karakter uit die Arabiese verhale van Die duisend en een nagte ook geluk gevind in ’n groot toevalligheid toe hy gedurende sy sewe avontuurlike seereise oor die aardbol, eindelik op Ceylon die Oosterse prinses ontmoet het op wie hy werklik verlief geraak het en toe daar tot ruste gekom en die Ryk van Serendom gestig het. Wie weet . . . miskien is Sinbad die Seeman se gelukkige toevalligheid aan ’n latere geslag oorgedra. Miskien het so ’n gelukkige toevalligheid ook hóm te beurt geval toe sy pad dié van hierdie skraal meisietjie uit ’n vreemde land gekruis het; was die feit dat juis sý die bottel in die see opgetel het nie toeval nie maar eerder bestiering. Tyd sal maar moet leer . . .
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.