My ouma in kaneel. Margaret Bakkes

Читать онлайн книгу.

My ouma in kaneel - Margaret Bakkes


Скачать книгу
die dae van haar ouma se kuier wonderdae. Sy het haar ouma alles vertel en alles gewys. Hulle het langs die kanale gestap en af na die tabakskure. Sy het haar gewys waar Ella bly en hulle het saam geskrik vir die rooi hoenderhaan wat ’n mens so onverwags kon bestorm. Haar ouma het saam met haar huis-huis gespeel met die nuwe pop wat sy vir haar saamgebring het. En die dag toe haar ouma en oupa weer moes vertrek, het Magriet haar totaal verwese gehuil.

      Haar ma het getroos. “Toe maar, Magriet, een van die dae is ons terug in Kaapland, dan is ons weer nader aan Ouma en Oupa.”

      Deur haar trane het Magriet opgemerk dat haar ma self glad nie so ingenome lyk met die vooruitsig nie. Later, toe sy tot bedaring gekom het en die trein uit sig verdwyn het, het Magriet gevra: “Sal Ma ook bly wees as ons weer naby Ouma bly?”

      Haar ma het lank na haar gekyk. “Hierdie tyd in die Transvaal was ’n goeie tyd, Magriet. Maar nou ja, Döhné is ook nie so naby die plaas nie.”

      Op Döhné moes Magriet weer begin skoolgaan. Haar pa het nou weer ’n motor gehad, maar hy kon haar nie heen en weer neem skool toe nie. Want die skool was ver, op Stutterheim. Hy het vir die goewerneur geskryf en dié het ’n kapkar en ’n perd gekoop waarmee ’n werker haar elke dag skool toe moes neem. Vir haar ma was dit elke liewe dag ’n grote bekommernis. Sy het bitterlik by haar pa gekla. “Dit kan nie so aangaan nie. Fielies ruik elke oggend na drank as hy Magriet hier kom oplaai. Ek het nie rus of duurte voor sy smiddae veilig terug is nie. Jy sal moet vra vir ’n verplasing, na waar daar ander mense met kinders is en waar daar ordentlike voorsiening is.”

      Op ’n dag het haar pa kom sê dat hy ’n verplasing na Grootfontein naby Middelburg gekry het. Magriet was bly. Sy het nooit lekker op Döhné gebly nie. Daar was nie eens een ou maatjie om mee te speel nie. En sy was bang as Fielies die perd so piets om die skerp draai naby die dorp, sodat die kar byna omslaan. Haar ma was ook bly.

      “Ek neem haar nou dadelik uit die skool uit. Die goewerment kan maar die kapkar en die perd en vir Fielies maan toe stuur vir al wat ek omgee. Ek het elke dag my kind se lewe gewaag. In Middelburg kan sy maar oorbegin. Sy sal nie sukkel nie. Sy lees reeds beter as die meeste kinders van haar jare.”

      “Ons sal ook meer van Ma-hulle sien as ons in Middelburg is. Die treine loop makliker.”

      Haar ma het weggekyk en sy het glad nie bly gelyk nie. Vir Magriet was hierdie nuus van haar pa die kroon op die lekker van die weggaan.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4SU8RXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkIdpAAQAAAABAAAApAAAANAALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMzoxMTowMSAwNzoz Njo0MQAAA6ABAAMAAAAB//8AAKACAAQAAAABAAAGU6ADAAQAAAABAAAKAAAAAAAAAAAGAQMAAwAA AAEABgAAARoABQAAAAEAAAEeARsABQAAAAEAAAEmASgAAwAAAAEAAgAAAgEABAAAAAEAAAEuAgIA BAAAAAEAACQGAAAAAAAAAEgAAAABAAAASAAAAAH/2P/iDFhJQ0NfUFJPRklMRQABAQAADEhMaW5v AhAAAG1udHJSR0IgWFlaIAfOAAIACQAGADEAAGFjc3BNU0ZUAAAAAElFQyBzUkdCAAAAAAAAAAAA AAAAAAD21gABAAAAANMtSFAgIAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA AAAAAAAAAAAAEWNwcnQAAAFQAAAAM2Rlc2MAAAGEAAAAbHd0cHQAAAHwAAAAFGJrcHQAAAIEAAAA FHJYWVoAAAIYAAAAFGdYWVoAAAIsAAAAFGJYWVoAAAJAAAAAFGRtbmQAAAJUAAAAcGRtZGQAAALE AAAAiHZ1ZWQAAANMAAAAhnZpZXcAAAPUAAAAJGx1bWkAAAP4AAAAFG1lYXMAAAQMAAAAJHRlY2gA AAQwAAAADHJUUkMAAAQ8AAAIDGdUUkMAAAQ8AAAIDGJUUkMAAAQ8AAAIDHRleHQAAAAAQ29weXJp Z2h0IChjKSAxOTk4IEhld2xldHQtUGFja2FyZCBDb21wYW55AABkZXNjAAAAAAAAABJzUkdCIElF QzYxOTY2LTIuMQAAAAAAAAAAAAAAEnNSR0IgSUVDNjE5NjYtMi4xAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA AAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAABYWVogAAAAAAAA81EAAQAAAAEWzFhZWi

Скачать книгу