Die Speletjie. François Bloemhof

Читать онлайн книгу.

Die Speletjie - François Bloemhof


Скачать книгу
klou soos ’n ekstra laag vuil vel.

      Hy gaan by die agterdeur in en tref sy ma snikkend in die kombuis aan. Sy skrik toe sy hom sien.

      “Wat’s fout, Ma?”

      Sy sit haar hand oor haar mond en storm verby hom. Sekondes later hoor hy ’n deur toeklap.

      Hy gewaar die koerant op die kombuistafel – dieselfde een as wat meneer Grimbeek gehad het en dit is oop by dieselfde bladsy.

      Hy kyk weer na die foto. ’n Mooi jong vrou staan by sy pa. Sy het blonde hare wat in haar nek krul en sy glimlag breed. Sy pa het sy arm om die vrou se middel.

      Onderaan die foto staan: Karel Lotinga, hoof van die sagteware-maatskappy, GamesWorld, en sy sekretaresse, Denise Potgieter, by die opening van Super Stores se plaaslike tak in Kerkstraat.

      Wouter staar na die foto. Dis sy!

      Verlede Donderdag het die skool vroeg uitgekom, want daar sou die middag ’n ekstra atletiekoefening wees. Hy het deur die park huis toe geloop toe hy ’n motor tussen ’n paar bome sien staan. Sy pa se motor.

      Hy het sonder om te dink agter ’n boom ingespring, maar hy was seker hulle het hom gesien, want sy pa het amper dadelik die enjin aangeskakel en weggery. Daar was ’n vrou in die passasiersitplek.

      Dié een, die vrou op die foto.

      So haar naam is Denise Potgieter.

      Dit voel vir Wouter of sy keel wil toetrek. Hy loop op sy tone in die gang af en gaan staan by sy ma-hulle se kamerdeur om te luister.

      Hy hoor niks van agter die toe deur nie. Hy wil sy ma gaan troos, maar hoe moet hy oor só iets met haar praat? As hy net stilbly, waai dit dalk oor.

      Die laaste ruk … Sy pa het al hoe later begin werk, en dan was sy ma onplesierig as hy by die huis kom en die kos al droog geraak het in die oond.

      Die aand ná Wouter sy pa se motor in die park gesien het, het hy agtergekom sy pa tree snaaks op. Hy het nie soos gewoonlik by Wouter se kamer ingeloer nadat hy in die bed geklim het nie, maar in sy studeerkamer bly sit en werk. Wouter het die gevoel gekry sy pa het daardie nag op die bank in die studeerkamer geslaap.

      Die onsekerheid het hom bang gemaak. Was sy pa van plan om hulle te los? Hy het probeer dink hoe dinge sonder hom sou wees, maar hy kon nie.

      Die volgende dag was alles terug na normaal. Sy pa het vir ’n verandering vroeg huis toe gekom, gesê hoe lekker sy ma se kos is, en toe vir haar sjokolade – haar gunstelingsoort – uit sy aktetas gehaal.

      ’n Verligte Wouter het lag gekry vir sy eie vermoedens. Ken hy dan nie sy pa nie? Hy sal nie so iets doen nie.

      Maar nou …

      Hy gaan sit voor sy rekenaar. As hy omgekrap is, is dit gewoonlik al ding wat hom beter laat voel.

      Dan onthou hy van die flash disk in sy sak. Hy haal dit uit en druk dit in die USB port. Hy installeer dit op sy hardeskyf.

      Op die desktop verskyn die icon met die mes, en die woord Murder. Hy klik op die icon.

      Daar is ’n rooi skerm met THE GOTCHA GAME en die raampie met die messe en pistole en goed. Hy klik op Start.

      Are you sure you want to continue? vra die skerm.

      Onnosel vraag.

      Hy klik op Yes.

      Language? vra die skerm.

      Afrikaans is die heel eerste opsie. Wouter is verbaas, want die meeste programme is net in Engels. Hy klik op Afrikaans.

      Welkom by THE GOTCHA GAME, flits die skerm.

      Hy klik op Gaan voort. Toe frons hy. Die skerm sê:

      Tik die name van die karakters

      in wat jy wil hê moet deelneem.

      Gebruik jou gesin se name.

      Wouter grinnik en tik sy eie naam in.

      Hy tik sy ma s’n in: Brenda Lotinga.

      En hy dink aan sy pa. Hoe lank gaan hulle nog ’n gesin wees?

      Maar hy tik in: Karel Lotinga.

      Daar’s plek vir nog drie name. Hy tik in: Koekoes Gerber. Sy beste vriend.

      Hy dink. Wie nog van die ouens wat saam met hom in die klas is? Maar wat, hy dink dis genoeg.

      Hy klik op Gaan voort.

      Die volgende skerm sê:

      Vul nou die skurk se naam in.

      Dis nie moeilik nie. Wouter tik: Denise Potgieter.

      Hy klik op Gaan voort.

      ’n Nuwe skerm kom op:

      KIES NOU DIE MOORDMETODE

      Jy het 10 sekondes …

      Kop afkap

      Doodskiet

      Verwurg

      Messteek

      Verdrink

      Gaan voort >>

      Wouter dink aan hoe tevrede Denise Potgieter op die foto gelyk het. Wat moet met haar gebeur? Wat is erg genoeg?

      Jy moenie, sê sy gewete. Jy mag nie wens iemand gaan dood nie.

      Maar dis net ’n speletjie, dis mos nie rêrig nie!

      Hy klik op Verwurg.

      Dan op Gaan voort.

      Spel begin, sê die skerm. Wouter skuif reg in sy stoel. Dis lekker om nie te weet presies wat om te verwag nie.

      Toe raak die skerm swart.

      En blý swart. H’m … ?

      Wouter druk Escape en beland terug in Main Menu.

      Is dit nou dít? Hy het net al die inligting gegee, toe is alles verby! Hy wou so graag sien wat met Denise Potgieter gebeur.

      Dalk het die speletjie nie behoorlik gelaai nie. Hy sal dit oor doen, hy moet net eers van hierdie weergawe ontslae raak.

      Maar toe hy die Murder icon na die Recycle Bin wil sleep, ruk hy sy hand weg en skree amper – dit het gevoel asof die muis lewe kry!

      Sy palm jeuk en ’n rilling gaan deur hom. Dis dieselfde krapperige gevoel as wat hy by meneer Grimbeek se huis gekry het.

      Nou het hy regtig ’n stort nodig.

      3

      _________________________

      Druk Delete

      Wouter is besig met huiswerk toe hy sy pa se motor in die oprit hoor stilhou. Hy kyk op sy horlosie. Dis al halfnege.

      Waar was hy?

      Hy gaan maak sy kamerdeur toe. Hy’s nie lus om sy pa te sien nie. Hy wil nie maak asof alles oukei is nie. Dit ís nie.

      Hy hoor sy pa inkom, dan sy pa en ma se stemme.

      Dit raak stil.

      Té stil.

      Wat nou?

      Hy maak sy kamerdeur op ’n skrefie oop en spits sy ore.

      “Kan jy my ooit vergewe?” hoor hy sy pa vra.

      Wouter raak koud. Dit moet oor háár wees wat hulle praat: Denise Potgieter.

      “Is jy seker dis verby?” vra sy ma. Haar stem is bewerig.

      “Doodseker.” Sy pa se stem ook.

      “Belowe jy my?”

      “Ja. Ek kom nou net van haar af. Ek het vir haar gesê dat dit verby is tussen my en haar. Brenda, asseblief, jy moet my nog ’n kans gee. Ek weet ek was die laaste ruk nie ’n goeie man vir jou nie. Of ’n goeie pa vir Wouter nie. Ek weet nie wat dit met


Скачать книгу