Donkermaan. André P. Brink

Читать онлайн книгу.

Donkermaan - André P. Brink


Скачать книгу
Armsorgklere, ’n gehawende ou kartonkoffer, ’n reuk van sweet en moedeloosheid. Hy’t sy werk verloor, sy was haasbek, alles aan hulle het moeite en verdriet uitgespel. Tot my verligting was Magrieta net so min beïndruk as ek.

      Daarna ’n jonger egpaar, in hul laat dertigs, vroeë veertigs. Kleurlinge, baie ordentlik. Onderwysers, altwee van hulle. Huis in Athlone gekoop en gewag om in te trek, maar dit sou nog ses maande duur. Ek het gesê ek sal terugkom na hulle. Mens moenie te halsoorkop wees met sulke dinge nie. Ek wil nie sonde met die bure hê nie, daar’s ’n goeie verstandhouding in die hele buurt. Toe hulle terugbel, het ek gesê jammer, maar ses maande is vir my te kort. Met my gesondheid kan ek nie so ’n kommery en ganery al om die paar maande hê nie. Te veel van ’n ontwrigting. Hulle het dit so ingesien.

      Magrieta het haar misnoeë baie duidelik gemaak. Nie ’n sprook gesprak nie, maar sy het haar maniere. Dreun met die stofsuier op en af in die gang as ek sit en musiek luister, verskuif die papiere op my lessenaar, maak die boeke toe wat ek oop laat lê het, kap met haar besem teen die vloerlyste. Die heel eerste keer wat sy dit gedoen het, was by die dertig jaar gelede, kort nadat Riana die baba verloor het; die ongelukkige episode met Alison. Maar dié keer was dit minder ernstig en ons het al altwee geleer om te gee en te neem. Na ’n dag of twee was Magrieta haar gewone bekwame self.

      Ek het net weer begin ontspan en my reggeskuif om my ou, voorspelbare, vreedsame roetine te hervat – ek het immers probeer, niemand kon my verwyt dat ek die ding nie kans gegee het nie; dit het nie uitgewerk nie, nou kon hulle my met rus laat – toe die derde oproep kom. Jong vrou, het dit geklink. Met ’n ongewone stem: ’n soort vloeibare donkerte daarin, en iets soos ingehoue lag, wat my laat dink het aan Françoise Hardy in die jare sestig.

      Maar ek was nie van plan om sommer kop te gee nie. “Eintlik is ek op soek na ’n egpaar,” het ek haar gewaarsku. Gehoop dit sou haar afskrik.

      Dit was toe nie so maklik nie. Sy’t gesê: “Is dit o.k. as ek kom kyk? Ek stel belang, genuine. Ek wil graag ’n afspraak maak as ek mag.” Die donker vuur van haar stem het teen my sin in my rugmurg af geskroei.

      “Nou goed dan tog maar,” het ek gebrom. Ek weet ek kan baie onvriendelik klink oor die telefoon, maar ek wou nie hê sy moet met onredelike verwagtinge hiernatoe kom nie. Ek wou ook nie hê sy moet wegbly nie.

      Die afspraak is vir vanaand. Magrieta is soos gewoonlik huis toe vir die naweek. Die hele dag al reën dit. Die akkerbome om die huis is swaar en nat kolosse in die nag, swart op swart. Ek het die emmers en potte en bekers en goed uitgesit vir die lekplekke in die gang en die kombuis; elke keer as dit reën, die laaste jaar of twee al, karring Magrieta aan my om iemand te bel wat die dak kan kom regmaak, maar as die son uitkom, is mens geneig om dit op die lange baan te skuif. Miskien moet ek ’n nota maak vir Maandag. Enige oomblik nou, tensy die reën haar afgeskrik het, moet die deurklokkie lui.

      2

      Ek het nooit veel erg aan ander mense gehad nie. Twee of drie goeie vriende was nog altyd vir my meer as genoeg om te hanteer. Selfs op universiteit, onthou ek, as daar intervarsity was, het ek gewoonlik ’n boek saamgevat en rustyd tussen al die rasende studente op die pawiljoen gesit en lees. Riana was eintlik die enigste wat my uit my dop laat kruip het.

      Nadat ek in die biblioteek begin werk het, was daar uiteraard my kollegas, en veral een van hulle, Dougie Visser, het ’n goeie vriend geword; en dan was daar ook ’n handvol egpare van die Musiekklub wat Riana en ek gesamentlik leer ken het en saam met wie ons gereeld uitgegaan het – etes oor en weer, konserte natuurlik, af en toe ’n film of teater. Maar na haar dood het dit vinnig uitgerafel. Dis ongemaklik vir getroudes om met ’n eenloper opgeskeep te sit; en sonder haar aansporing het ek self ook mettertyd al minder behoefte gevoel aan uitgaan. Daar was een ander wewenaar in die groepie, Kobus Haarhoff, met wie ek nog ’n jaar of twee lank gereeld na die Stadsorkes se konserte toe is; maar toe ontmoet hy uit die bloute weer ’n vrou met wie hy jare vantevore, nog voor sy troue, ’n verhouding gehad het en voor ek my oë kon uitvryf, is hy saam met haar weg na Ermelo of êrens.

      My wêreld het kleiner begin word. Maar solank ek my in die biblioteek kon terugtrek, was ek my skaars daarvan bewus. Boeke was nog altyd vir my genoeg. Totdat dié veilige enklave eensklaps ook nie meer die toevlugsoord van vroeër was nie.

      Sowat ’n jaar na die vorige verkiesing – daardie merkwaardige geleentheid toe ons glo handomkeer in ’n demokrasie omskep is en ons lewens vir minstens drie maande radikaal en totaal verander het – het ’n jong man sy opwagting in my kantoor gemaak en ek is aangesê om hom touwys te maak. “Leer hom alles wat jy weet,” was my opdrag. ’n Opgewekte, skerpsinnige kêrel. Slim. En swart. Siphiwo Mdamane. Ons het goed oor die weg gekom, al het hy die ongelukkige gewoonte gehad om soggens eers teen tienuur op te daag, anderhalfuur af te vat vir middagete en teen vieruur weer te verkas. Was glo in die Struggle, het agtien maande in aanhouding deurgebring, ’n klompie gedigte geskrywe, in die proses ’n universiteitsopleiding misgeloop (First Liberation Then Education), maar nou wou hy sy lewe hervat. Lofwaardig. Maar of daardie lewe nou juis biblioteekwese moes insluit, daarvan was nóg ek nóg Siphiwo honderd persent oortuig.

      Op die kop drie maande nadat hy aan my sorg oorgegee is, het die een of ander adjunk-iets van die Departement Kultuur my gevra om verslag te lewer oor die nuwe rekruut. Gee hom nog so ’n jaar om sy voete te vind, het ek aanbeveel. Twee dae later is ek ’n pakket aangebied, met die duidelike subteks dat ek dit maar liewer moes aanvaar – of anders. En Siphiwo Mdamane is in my plek aangestel.

      Daar was nog iets minder as drie jaar oor voordat ek in ieder geval sou aftree. Kon hulle my nie maar toegelaat het om klaar te maak nie? Maar die nuwe Mede en Perse was onwrikbaar. Die dooie hout moes plek maak vir die agtergeblewenes, die jongste slagspreuk. En hierdie bepaalde dooie stomp het vir hulle ’n verleentheid geword.

      Dit was of my vroeëre kollegas skaam was om my in die oë te kyk, so asof ek met vigs of iets dergeliks gediagnoseer was. Net Dougie Visser het nog gereeld kom kuier sodat ons ’n bietjie te veel kon drink en heelwat te veel kon skinder. Wat op die duur ook nie eintlik verkwiklik was nie. Maar hy was darem daar, ’n vriend in nood. Totdat die beskikker oor mense en nasies, soos hy genoem word, besluit het om Dougie met ’n trombose te slaan. Dit was nou die man wat sy lewe lank so gesond soos ’n bees was, elke naweek berg geklim het, elke oggend – somer en winter – by Llandudno in die bloedstollende see gaan duik het. Maar hulle sê mos by die Here is daar nie aansien des persoons nie.

      Van toe af was daar eintlik net Johnny MacFarlane oor wat nog saam met my deur die woestyn kon loop. Dit moet ’n agt of nege jaar gelede gewees het dat hy by nommer 23 ingetrek het, toe nog ’n klein en taamlik vervalle plekkie, en die geesdrif en energie waarmee hy aan die werk gespring het om dit op te knap, het my respek afgedwing. Een middag, op pad na die kafee bo in New-lands Avenue, het ek by die heining vasgesteek om my te vergaap aan wat hy sedert die vorige dag in die tuin aangerig het (juis omdat ek self nie ’n tuinier se agterent is nie, het ek ’n ingebore agting vir mense wat so met hulle hande in die grond kan wroet en wonderwerke voortbring).

      Ek het gedink hy is agter die huis of êrens besig, anders sou ek nie gaan staan het nie; maar toe ek my kom kry, duik hy van kop tot tone vol modder soos ’n mol uit ’n gat op. Dit was klaarblyklik bedoel vir ’n opgeskote silwerboompie wat daar langsaan met trillende blare in ’n swart plastiekhouer staan en wag het.

      “Kan jy my bietjie hand gee?” roep hy.

      Ek kon nie bra weier nie. Hoe kon ek weet dat so ’n eenvoudige handeling – om die plastiek van die klos grond en wortels af te stroop en die boompie aan te gee sodat hy dit met geesdrif, vaardigheid en toewyding kon inwerk in die mengsel van grond en kompos en fosfaat en 2:3:2 en nugter weet wat nog alles onder in die moddergat – so ’n netwerk van gevolge kon hê dat ek eers na middernag sou huis toe gaan? En selfs dit was maar net die begin.

      Nadat ons die boom geplant het, het hy die tuinslang gaan haal en my ewe nugter gevra om hom asseblief skoon te spuit. Hy het onseremonieel elke draadjie klere van sy maer lyf gestroop en soos watter eksotiese danser begin bokspring in die sterk straal yskoue water. Dit het nogal lank geduur voordat ’n naasteby herkenbare menslike liggaam – verbasend bruingebrand


Скачать книгу