Moord in die beloofde land. François Bloemhof

Читать онлайн книгу.

Moord in die beloofde land - François Bloemhof


Скачать книгу

      Moord in die Beloofde Land

      François Bloemhof

      Human & Rousseau

      Wish I didn’t know now

      what I didn’t know then.

      – Bob Seger

      1

      Dis byna vier jaar vandat ons hier na Wellington toe getrek het. Boland. Dis groen hier rond. Ver van die stad af.

      Vir die meeste mense lyk ek en my pa en my ma en my broer seker soos almal anders, en dit wys jou net wat weet die meeste mense.

      My pa is ’n dokter. Daar is twee van hulle op die dorp, maar die ander dokter is al ouerig en die meeste mense gaan na my pa toe. Van die kinders in my klas dink ek is ryk, en ons is nie arm nie, maar dis my pa se geld, nie myne nie. My pa sê ons ken nie die waarde van geld nie. Hy sê daar’s twee rand in elke Britse pond en ek kan nie glo ons geld is so min werd nie.

      My ma is ’n huisvrou. Van die kinders in my klas se ma’s werk, maar sy het al vir my en my broer gesê net omdat sy nie in ’n kantoor sit nie, beteken nie sy’t niks om te doen nie. Maar ons het ’n bediende en as ons van die skool af kom, sien ek nooit iets wat in die huis verander het wat nie deur die bediende gedoen is nie.

      My broer se naam is Erik en hy’s twee jaar jonger as ek, in standerd een. My ma het my al baiekeer herinner, gewoonlik as ek vir hom moerig is, hoe ek gebid het om ’n boetie te kry toe ek klein was. Erik lyk baie soos my pa, maar ek lyk nie soos my pa óf my ma nie.

      Erik is ook my pa se naam. Myne is Samuel en ek het nie ’n oupa of iemand anders se naam gekry nie – ek weet nie hoekom nie, die eerste seun kry mos gewoonlik sy pa of oupa se naam.

      Johanna is ons bediende. Jy sê haar naam op die Engelse manier: Djouhênna. Haar van is Plaatjies. Dis net Afrikaans.

      Wellington is groter as Victoria-Wes, waar ons eers gebly het. Elke keer as ek nie hou van iets hierso nie, sê ek ek verlang terug na Victoria-Wes en dan sê my ma nee, dis baie beter hier. Sy speel nou en dan tennis saam met drie tannies. Sy is mooi.

      My pa is seker nie lelik nie.

      Ek ook nie. Jy moet altyd so ’n mooi soet seun bly, het juffrou De Villiers nog op Victoria-Wes op een van my rapporte geskryf. Ek dink sy’t nie regtig “mooi soet” bedoel nie, sy’t bedoel mooi én soet.

      Erik is eintlik die soet een. Hy doen alles reg, soos om te sit en huiswerk doen wanneer ek radio luister – ek sê altyd ek sal dit later doen. Ek jok ook vir my ma oor wanneer ons toetse skryf, anders raak sy tog net op haar senuwees.

      “Hoekom skryf julle soveel minder toetse as Erik-hulle?” wou sy al weet.

      “Maar hy’s jonger as ek.”

      “Presies! Julle moet mos méér skryf!”

      “Juffrou Mostert gee nie so baie toetse nie.”

      Skool is ’n plek waar ek aan die begin van die jaar hardloop vir ’n bank in die agterste ry en waar ek afkyk as die onderwyser ’n vraag vra. As ek vanjaar klaar is, bly daar net sewe jare van skool oor. Dan kan ek my eie ding doen.

      Ek het nie ’n idee wat dit gaan wees nie.

      Wellington is seker nie groot nie, want ek lees in boeke – grootmensboeke, nie die Jaspers en Trompies wat my klasmaats lees nie – van plekke waar jy definitief nie in ’n halfuur van een kant van die dorp na die ander kan loop nie. Terwyl ek loop, sing ek graag van die nuwe liedjies, soos: “Get out, damn it! Close the door, don’t slam it …”

      Juffrou Mostert het my verlede week benoud gemaak toe sy my saggies in die klas gevra het of daar fout is by die huis. Dis hoe sy dit gevra het: Is daar fout by die huis, Samuel? Dit was nadat ek weer nie so goed in ’n toets gedoen het nie.

      Dis aand en hulle saai stories oor die radio uit terwyl ek en my pa en ma en Erik in die sitkamer is. Dis die storie wat altyd begin met: “These are the men … of Squad Cars!” As ek daarna luister, voel dit vir my ek is in ’n kar wat net ek kan sien en ek ry weg van alles wat simpel is.

      “Hoekom lag jy?” vra my ma. “Dis ernstig!”

      “Ek weet.” Ek luister na die stemme. Ek weet dit is akteurs, nie regte mense nie – of die akteurs ís regte mense, maar hulle is nie in enige gevaar nie en hulle beleef geen opwindende avonture nie.

      Ek het ’n goeie woordeskat. Erik kan maar sit en leer soveel as wat hy lus het, hy is net ’n herhaler van ander mense se idees.

      Laat hý nou so iets probeer sê!

      Dis ’n stil dorp, al is dit darem besiger as Victoria-Wes. As hier ’n basaar is, praat die mense weke voor die tyd oor niks anders nie.

      Maar in Amerika, maar in Amerika, daar stuur hul ruimteskepe na die maan.

      Ek het twee maats by wie ek partykeer gaan speel, maar ek mag nie meer as twee middae ’n week uitgaan nie. Ek hou nie daarvan as hulle hierheen kom nie, ek gaan eerder na hulle toe, want hulle ma’s werk ook, André s’n by die slaghuis en Jaco s’n by die viswinkel.

      Bloed, Vleis en Snoek. Dis wat die ander kinders ons noem, elkeen se bynaam het met sy pa se besigheid te doen. Ek het my bynaam gekry omdat dokters met bloed werk.

      Johanna maak vir ons kos: tjops met aartappels, of wors en eier. Op sekere dae eet ons sekere goed en die dae gaan verby en die mense dink ons is nes almal anders.

      My pa slaan my ma nie so baie nie.

      2

      Al is die aandlug koel, is die rooikop se klere dun. Sy het geweet sy sal dalk laat moet werk, maar nie dat dit só laat kon raak voor sy by die huis kom nie.

      Of eerder, woonstel. Sy is nog ’n hele ent daarvandaan, die ruimtetjie wat sy met ’n kollega deel – die lui kollega wat vroegmiddag huis toe is met ’n skeelhoofpyn.

      Die wind swiep deur haar hare, wat sy weer sal moet kleur, want die donker wortels wys al kwaai. Onder die geel toppie is haar tepels styf en die te-klein bra se streppies sny in haar rug in. Sy stap al ’n ver ent, haar voete is moeg en hierdie hoë hakke is moord. Sy het te min geld om nuwe skoene te koop en hoop maar niemand let op sy dra elke dag dieselfde paar nie.

      Ten spyte van die wind kon iemand haar al lankal hoor aankom het.

      Sy gaan byna staan, so skrik sy vir daardie gedagte. Sy wil lag ook, want dis mos lawwigheid.

      Geen ander mense hier nie, stil, ’n besigheidsarea. Net twee blokke nog. Sy sal dadelik koffie maak as sy by die woonstel kom.

      Dié deel van die stad is nie naby die see nie, tog is daar ’n dynserigheid in die lug. Dit laat alles om haar oud voel, asof dit tot ’n vorige eeu behoort.

      Betonwêreld, dis 1984 en alles is modern. Ver van groenigheid en rustigheid, van plekke soos Wellington en …

      Hoekom het sy dááraan gedink, aan die Boland, aan Wellington?

      Haar voetstappe eggo, verdubbel soos in ’n tonnel.

      Geen motors nie.

      Sy kan sweer sy word dopgehou.

      Hy kan daar agter wees, net om die hoek.

      Sy gaan staan, kyk soontoe. Haar hart gaan staan byna, haar asem stol.

      Nee. Nee. Sy verbeel haar.

      3

      Ek hoor woorde soos “Watergate” en “Viëtnam-skietstaking”, maar dit gebeur ver van hier af en ek het ander goed om aan te dink.

      Ek is nie seker tot in watter standerd Johanna skoolgegaan het nie, maar sy het nie klaargemaak nie. Ek sal moet klaarmaak, want jy moet as jy wit is. En dan moet jy army toe gaan as jy ’n seun is.

      André se broer is daar. Hy verdedig die land, hy’s op die grens. Ek het


Скачать книгу