Rooikop te koop. Ettie Bierman
Читать онлайн книгу.lewer geloop? wonder Jennie verbaas. Sy en Cecile was eenmaal nogal maats, was selfs twee of drie keer saam teater en fliek toe – saam met Thys. Hy het oor sy harem gespot en gedreig hy gaan van veelwywery aangekla word. Cecile het aangebied om sy advokaat te wees en Jennie het gesê dat sy in die tronk vir hom ’n vleispastei met ’n vyl sal bring. Hulle het almal gelag en grappe gemaak. Hoekom is sy nou skielik so eienaardig? Het Cecile te veel werk? Tandpyn? Self liefdesprobleme?
Jennie soek nog ou briewe en tydskrifte vir die vullissakke uit en tik die eerste drie bladsye van haar taak. Filosowe …dink sy. Is hulle nuttig of klippe in arme, goed bedoelende onderwysers se opdraande pad? Help hulle dat sy eendag ’n kind beter sal kan leer teken? Meer van sy agtergrond en probleme sal verstaan? Hom deur matriek sal kry?
Wat maak sy as Thys nie Saterdagaand sewe-uur hier kan wees nie? Wat maak sy as sy alleen tuis sit wanneer meneer Roux van Zyl opdaag en weer allerhande persoonlike vrae oor haar en haar kêrel vra?
Jennie probeer Kabaal leer om minder te blaf, Trens om meer higiënies te wees, en Skrikkels minder inkennig. Sy gaan bad en sluit die deure, kyk televisie, maak seker dat al die vensters toe is en dat die telefoon werk. Sy doen alles wat nodig en onnodig is. Toe Jennie uiteindelik in die bed klim, is haar gedagtes steeds ’n maalstroom sonder rigting.
Sy sien hom, toegewyd met ’n pen en gehawende sigaretdosie in die hand, besig om noukeurig somme te maak. As sy hom beter geken het, het sy die skewe glimlag om sy mond en die lagliggies in sy oë herken; geweet hy skeer die gek met haar. Hy het eienaardige oë, half blou, half bruin. Hulle was amper grys toe hy gesê het haar drie vuurvreters is nie genoeg beskerming nie, en gevra het wat haar naam is.
Maar dit is Roux van Zyl se hande wat Jennie die beste onthou – smal kunstenaarshande wat nie sal weet waar die voor- of agterkant van ’n hamer en ’n saag is nie. Hy het hande wat kan skep eerder as afbreek; hande wat geskryf het hy hou van rooikoppe …
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.