Die vrou met die pers oog. François Bloemhof

Читать онлайн книгу.

Die vrou met die pers oog - François Bloemhof


Скачать книгу
kyk vinnig om. As sy hardloop, kan sy by die deur uit wees voor die juffrou weer opstaan.

      Maar dit is te laat, juffrou Pol het weer van onder die toonbank te voorskyn gekom. “Kan ek help?”

      “Ek . . .” Martie weet nie wat om te sê nie, want juffrou Pol lyk weer soos sy gister gelyk het. Albei haar oë is groen, en daar is nie ’n teken van pers in haar regteroog nie.

      Martie sluk swaar. Het sy haar dit net verbeel? Dit is donkerig hier binne. Dalk het die lig haar oog so gevang dat dit pers gelyk het.

      Maar sy onthou hoe hélder die pers was.

      “Kan ek help?” herhaal die vrou.

      Martie dink vinnig. Sy moet maak asof sy net senuweeagtig is omdat sy nuut is by die skool.

      “Ek is nuut hier in die skool, Juffrou,” sê sy, “en ek ken nog nie die biblioteek nie. Ek soek iets om te lees.”

      “Wel, jy het na die regte plek toe gekom.” Juffrou Pol beduie na die rakke. “Soek gerus maar daar.”

      Martie loop na die rakke toe. Sy sien uit die hoek van haar oog juffrou Pol het agter die toonbank uitgekom en agter haar kom staan.

      Martie gryp die eerste die beste boek. Sy kyk nie eens wat die titel is nie.

      “Dié een asseblief, Juffrou.”

      Juffrou Pol kyk haar agterdogtig aan, asof sy wag dat Martie haarself moet verraai. Sy neem die boek toonbank toe. “Skryf jou voorletter en van op die kaartjie.”

      Toe sy die boek stempel, sien Martie hoe skerp en rooi haar naels is. Sy gebruik die stempel soos ’n hamer – Tjappp! – en gee die boek aan.

      “Dit moet oor ’n week terug wees, Martie.”

      Hoe weet die vrou wat haar naam is? Sy het net haar voorletter op die kaartjie geskryf!

      “Goed, Juffrou,” sê sy en vlug na die deur toe. Martie kan die onderwyseres se oë op haar voel, maar eindelik is sy uit. Sy hardloop in die gang af. Dit is asof sy juffrou Pol agter haar voel aankom – maar dit is ook asof sy verwag die juffrou gaan agter een van die oop klaskamerdeure vir haar wag om verby te kom, en dan . . .

      Toe is sy buite. Sy haal diep asem. Sy kom nou eers agter sy het haar asem opgehou die hele tyd vandat sy by die deur uitgestorm het.

      Sy kyk af na die boek wat sy in haar hand vasklem. Dis Hansie en Grietjie.

      “Ag, nee!” kreun sy. Chris gaan lekker lag as hy dít sien.

      3

      Broers en susters

      Tweede pouse staan Chris en Bertus uitasem langs die draad en sweet nadat hulle saam met ander ouens ’n bal rondgeskop het.

      Chris sien hoe Martie na hulle kant toe mik.

      “Hier kom my suster,” sug hy.

      “Myne ook!” sê Bertus.

      Daar is ’n meisie by Martie met net sulke rooibruin hare soos sy. Bertus het óók rooibruin hare. Die vier van hulle, dink Chris, lyk asof hulle familie van mekaar kan wees!

      “Haai, Bertus,” sê die meisie by Martie.

      “Jis, Engela.”

      Engela sê: “Dis my broer.”

      “En dís myne,” sê Martie.

      “Chris, ek wil gou met jou praat.”

      “Ek en Bertus praat nou, kan dit nie wag nie?”

      “Net góú!”

      Chris sug en rol sy oë vir Bertus. “Goed dan,” sê hy en loop saam met Martie na ’n boom wat eenkant staan. Die takke gooi lang skaduwees oor Martie se gesig. Hoekom lyk sy so bang? wonder Chris.

      “Juffrou Pol is nie ’n gewone mens nie,” fluister Martie.

      Chris lag. “Waarvan praat jy?”

      Maar hy sien hoe ernstig sy suster lyk. En hy onthou die gevoel wat hy gister in die motor gekry het.

      “Sy ís nie! Ek was nou net in die biblioteek. Sy het agter die toonbank uitgekom met ’n groen oog ’n pers oog. En toe is hulle albei weer groen!”

      “Martie . . .” Chris vat aan haar arm en voel hoe sy bewe. “Jy lees heeltemal te veel grilstories. Sulke goed gebeur nie in die regte lewe nie. Kom by!”

      “Dis juis wat in stories gebeur! Daar is altyd iemand wat wéét iets is fout, maar dan wil niemand hulle glo nie.” Martie kyk hom vies aan.

      Chris sug. “Oukei, maar kan ons nie na skool hieroor praat nie?”

      “Nou goed dan.” Martie gaan roep vir Engela en hulle loop terug klaskamers toe.

      Chris kyk hulle agterna. Martie lyk skielik vir hom so weerloos. As daar regtig mense hier rond is wat anders is, sal Martie die regte prooi wees.

      Toe gewaar hy die kaalkop-outjie ’n ent weg, heeltemal op sy eie. Sy kopvel weerkaats die son se strale en lyk soos ’n pienk gloeilamp.

      Chris kyk skuldig weg. Hoe sou hy gevoel het as dit hý was?

      “Kom ons gaan solank rye toe, Bertus,” sê hy.

      4

      Vreemd . . .

      Donderdag se laaste paar minute by die skool voel oneindig lank.

      Dis heerlik buite, maar twee-en-twintig graadagts sit by hulle lessenaars vasgekeer en die enigste afleiding is ’n geskiedenisles.

      Die interkom kraak nie ’n sekonde te vroeg nie. “Seuns en dogters, ons het die volgende afkondigings,” kom die hoof se stem.

      Een van die skoolreëls is dat leerders na die interkom moet kyk tydens afkondigings sodat hulle volle aandag daar is. Vandag vind Chris dit moeilik om te maak of hy oplet.

      Iets is al heeldag fout met Bertus. Hy sit asof hy versteen is. Die onderwysers het gou moed opgegee om reaksie uit hom te kry. Chris ook.

      Vanoggend het Bertus by die hek ingeloop – sy pa het hom en Engela nie soos gewoonlik afgelaai nie – en skaars gegroet.

      “Wat’s fout?” wou Chris weet.

      “Niks nie.”

      Hy kon sién iets skort, en dit ook hoor aan Bertus se manier van praat, asof hy fluister. Gewoonlik het Bertus ’n harde stem.

      “Het jy slegte nuus gekry?”

      “Nee!”

      As ’n mens só nee sê, beteken dit ja.

      Chris het nie verder uitgevra nie. Bertus het die res van die skooldag ’n bekommerde trek op sy gesig gehad en het beweeg asof hy nie weet hy doen dit nie, asof hy in ’n beswyming is.

      Die klok lui en die leerders pak hulle boeke weg.

      “Bertus, ons kan oppak,” sê Chris toe hy sien dit lyk of Bertus nie eens die klok hoor lui het nie.

      Toe hulle in die gang afloop, is die meeste kinders al buite.

      “Wil jy nie maar . . .” Chris bly stil, want hy besluit hy irriteer Bertus nou net.

      Die volgende oomblik verstar Bertus. Hy gaan botstil staan.

      “Wat is dit?” vra Chris.

      Bertus ruk hom reg. “Niks.”

      Net toe sien Chris vir juffrou Pol om die hoek verdwyn. Hy frons.

      “Is dit vir háár wat jy geskrik het?”

      “Nee.”

      Die antwoord oortuig hom nie.

      “Bertus . . .”

      “Los my uit!” skree Bertus en maak dat hy wegkom.


Скачать книгу