Debora gaan huis toe. Helene de Kock
Читать онлайн книгу.kom vat die skinkbord by hom en hou vir die ander. Vir ’n oomblik is hulle in hul eie klein swye afgesonder, die ander bedrywig met hul eet- en drinkgoed en geginnegaap oor die komende Kaapse troue. Die skone Suzaan wat liewer nie ná die troue ’n bril moet kry nie want dan sal sy dalk sien dat Jakob Schlagerfeldt nie ’n gebore Bolander is nie. Hy luister glimlaggend na almal se bogtery.
“Onverstoorbaar, onse Jakob,” sê Tristan sag langs haar en sy skrik op. Die man het die woorde uit haar gedagtes gevat.
“Inderdaad,” knik sy en draai haar kop om skigtig na hom te kyk. Haar asem stok in haar keel maar haar mond glimlag stadig.
“Mooi,” knik hy. “Ek dink ons gaan vriende word.”
Sy kan nie wegkyk nie. “Jy bly dan in die Kaap.”
“Vriende is vriende, Debora. Afstand maak nie saak nie.”
Haar kop wil nie hierdie gesprek hê nie. Maar sý wil. Woorde het sy egter nog nie. Sy glimlag net weer en staan op om Catherine met die koppies en koekbordjies te help en is verlig toe almal opstaan en nagsê. Sy loop vinnig saam met Wena en Ewert oor die stofstraat huis toe.
Toe die son deur die gordyne begin gloei, is sy verstom dat sy asof onder narkose geslaap het. Nie een enkele flits van Tristan Murray het in haar opgekom nie. Maar die wakker word bring ’n bewustheid wat sy vir seker nie gisteroggend gehad het nie. Sy weet nou van dokter Murray met ’n wete wat haar onkant vang.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.