Ys. Rudie van Rensburg

Читать онлайн книгу.

Ys - Rudie van Rensburg


Скачать книгу
verlede as presidentskandidaat steun nie. MacArthur het net te veel geraamtes in die kas – en hy behoort dit te weet. Maar dis nie Willie se plek om met die senator daaroor te redekawel nie.

      “Reg, ek maak soos jy sê,” stem hy in. “Waar bevind die assistent hom nou? Jy wil hom seker geëlimineer hê voor hy na die konferensie vertrek?”

      “Juis nie. Dan soek ons vir moeilikheid. Jy sal hom by die konferensie moet gaan uithaal.”

      “In Suid-Afrika?”

      MacArthur glimlag. “Ek het gedink jy sal bly wees om jou geboorteland weer te besoek. Blykbaar is ’n lewe daar deesdae nie veel werd nie. Laat dit soos ’n inbraak lyk wat skeefgeloop het. Jy moet seker nog betroubare vriende hê wat jou daar kan help? En die gunstige wisselkoers behoort hulle dienste baie bekostigbaar te maak.”

      “Ek was twaalf jaar laas in Suid-Afrika.”

      “Maar jy’t nog vriende daar?”

      Willie knik.

      “Dan kan julle oormôre lekker reünie hou. Jy klim laat vanmiddag op ’n direkte vlug Kaapstad toe. Ek het reeds gereël dat ’n kaartjie vir jou bespreek word. Dit help dat jy nog jou Suid-Afrikaanse paspoort het.”

      * * *

      Frankie Kriel skud hand met die paroolraad se toesigbeampte. Dié stel hom voor as Ludick, ’n lang man met ’n buitengewoon rooi neus en ’n borselkop.

      “Jy’s oor ’n week ’n vry man, Kriel,” sê Ludick toe hulle regoor mekaar in ’n administratiewe kantoor van die Pollsmoor-gevangenis gaan sit.

      Daar is niks hartliks aan die manier waarop hy dit sê nie. Hy plooi sy breë voorkop en staar koud na Frankie. “Dit kan die begin van ’n nuwe lewe vir jou wees.”

      “Dit gáán, meneer,” sê Frankie vasberade.

      Ludick tik met sy vinger op die pak dokumente voor hom. “Saam met jou vryheid kom groot verantwoordelikheid. Net één misstap en jy’s terug in jou sel.”

      “Ek weet, meneer. Die paroolraad het so gesê.”

      Daar verskyn ’n fyn glimlag om Ludick se mond, maar sy oë lag nie saam nie. “Vergeet eers van die paroolraad. Van die oomblik dat jou pote civviestraat strike, is jou lot in mý hande.”

      “Ek sal meneer nie teleurstel nie. Vyftien jaar hier was lank genoeg.”

      Ludick skud sy vierkantige kop stadig. “Gmf, dit het ek al te veel kere gehoor. Famous last words van baie van jou buddies hier binne.”

      Lyk nie of dié nors bliksem met enige van sy antwoorde tevrede gaan wees nie, dink Frankie. Beter om net sy bek te hou.

      Ludick slaan ’n lêer oop. “Ek sien jy’t ’n vaste adres opgegee?”

      Frankie knik.

      “Wie’s dié Sue Kriel wat die huiseienaar is? Jou vrou?”

      Hy knik weer.

      Ludick kyk hom sinies aan. “En sy’t jou nooit in dié tyd ingetrade vir ’n ander man nie? Of jou verneuk met iemand anders nie?”

      Die bliksem probeer hom uitlok, besef Frankie. “Nee, meneer.”

      “Hoe’s julle verhouding?”

      “Baie goed, meneer.”

      “Besoek sy jou gereeld hier?”

      “Elke week, meneer.”

      “Watse werk doen sy?”

      “Sy’s ’n ontvangsdame by ’n dokter.”

      Ludick klap die lêer toe. “Reg, luister nou mooi. Jou paroolvoorwaardes bepaal die volgende: Jy mag nie saans ná tien jou huis verlaat nie. Jy mag nie ’n kroeg of nagklub besoek of in enige openbare plek alkohol gebruik nie. Word jy ooit met ’n vuurwapen in jou besit betrap, kom jy reguit terug tronk toe. Jy mag nie die Wes-Kaap sonder my toestemming verlaat nie.”

      Hy kyk stip na Frankie. “En dan die belangrikste … elke Vrydag meld jy presies om eenuur hier aan sodat ek kan hoor of jy vordering maak om ’n werk te kry.”

      Weer die siniese trek om sy mond. “Ek sien jy’t darem deur Unisa ’n diploma in biblioteekkunde gekry en gevorder tot hoof van die tronkbiblioteek. Wat het jou besiel om jou tyd só te mors?”

      “Ek’s lief vir boeke en ek het gedink …”

      “Biblioteke gaan nie in ’n tronkvoël belangstel nie, veral nie ’n tronkvoël wat sy eie broer vrekgeskiet het nie. Jy moet jou visier maar laer instel. Dalk kan jy iewers in ’n biblioteek die vloere skrop of boeke afstof as jy dan nou kwansuis so lief is daarvoor.”

      “Sue … my vrou het geld gespaar. Ons het gedink ek kan dalk ’n winkeltjie met tweedehandse boeke begin.”

      Ludick se wenkbroue lig. “Behoede my! Nou wil jy jou lyf entrepreneur hou. Wat de fok weet jy daarvan om ’n business te run?”

      “Niks, meneer, maar …”

      “Presies, jy weet niks! So los jou bullshit-idees en soek ’n regte werk, man. Jy gaan jou vrou se spaargeld nodig hê om te oorleef. Want ek kan jou nóú sê jy gaan nie oornag geholpe raak nie.”

      “Maar ek …”

      Ludick hou sy hand omhoog. “Ons het klaar gepraat, Kriel!”

      2

      Van: Jack MacArthur

      Aan: Myles J. Turner

      Om jou vraag van nou die dag beter te beantwoord: Die jongste Amerikaanse geologiese studie wys dat die Arktiese sirkel 13% van die wêreld se olie en 30% van alle natuurlike gasreserwes huisves – en dis ’n konserwatiewe skatting. Trouens, die moontlikheid bestaan dat die Noordpool die grootste onontginde oliebronne op aarde huisves.

      Intussen steek die Russe en Kanadese ondersese kleims af teen ’n verblindende spoed. Dis iets wat die VSA nie kan doen nie omdat ons, anders as die res van die Arktiese nasies, die enigste land is wat nie die Verenigde Nasies se Arktiese verdrag onderteken het nie. Jy sal onthou dat ons eie Republikeine by ’n vorige sitting ’n stokkie daarvoor gesteek het omdat hulle sogenaamd nie die VSA se soewereiniteit wou verwater ter wille van ’n VN-verdrag nie.

      Ons skiet onsself in die voet met dié houding. Indien ons ’n ja-stem vir ons wysigings aan die energiewet kry, sal ons die verdrag kan ondersteun. Dit sal die VSA onmiddellik in staat stel om kleims in die see aangrensend aan Alaska af te steek, in ’n olieryke gebied wat twee keer die grootte van Kalifornië is.

      * * *

      Shaheena Fortuin sit in magtelose swye terwyl hy haar aan die kombuisstoel vasbind. Haar arms is agter haar rug en hy slaan die tou om haar middellyf voor hy dit aan die rugleuning vasknoop. Sy deins terug vir sy bedompige drankasem waar hy gebukkend oor haar staan en werk.

      Dit help nie sy sit haar teë nie. Sy weet uit ondervinding dit sal die situasie net vererger. ’n Paar weke gelede het hy haar aan die bed vasgemaak. Sy het weerstand gebied – met die gevolg dat sy deur haar eie man verkrag is.

      Hy staan tevrede terug, neem nog ’n sluk uit die half-jack.

      Sy hou haar trane met moeite terug. “Hoekom doen jy dit, Elton?” vra sy sag om hom nie te ontstel nie.

      “Omdat ek nie meer eye to eye met jou kan praat nie, Shaheena!” skree hy.

      Hy sluk weer van die brandewyn. “Vandat Shaheena Fortuin mos so important is, kom sy eers ounag huis toe. En ás jy die slag hier is, sit jy in die study om kamstig werk in te haal. Altyd excuses waarom jy nooit na my kan luister nie.”

      Hy slaan met sy vuis op die tafelblad. “In hierdie fokken huis is jy nié in charge soos by jou werk nie. Hier luister jy na my as ek praat, al moet ek jou ook vasmaak.”

      “Nou … kom ons gesels, Elton.”


Скачать книгу