Die Krag Van Middernag Gebed. Gabriel Agbo

Читать онлайн книгу.

Die Krag Van Middernag Gebed - Gabriel Agbo


Скачать книгу
En nie net dit nie, jy kan ook terselfdertyd ernstige en ewige verwoesting in hul koninkryk saai. Dit is slegs moontlik deur kragtige en volgehoue middernag gebede.

      Ons is ook bewus dat die gevaarlikste sataniese opofferings en verordeninge gewoonlik in die middel van die nag geskied, nie net die heksevergaderings nie. As God ons oë moes oopmaak om te sien wat in ons samelewing of selfs rondom ons aangaan in die nag sal ons geskok wees. Soveel mense wat onskuldig, eerbaar en ordentlik in die dag lyk, raak betrokke by sataniese en duiwelse aktiwiteite in die nag. Dit beteken nie: dat hulle nie kerk toe gaan nie; of nie deel van ander godsdienstige groepe is nie; of nie geld aan godsdienstige liggame en liefdadigheidsorganisasies skenk nie. Sommige van hierdie mense is eintlik wat ek ‘Bewegende Sataniese Altare’ wil noem. Hoe kan die Christen of die kerk teen hierdie mense stry? Dit is slegs deur die beoefening van dinamiese, langdurige gebede, veral in die middel van die nag.

      Die Bybel is nie stil oor die aktiwiteite wat in die middernag plaasvind nie. Job het gesê:

      “Moenie wens dat die nag kom nie. Dis juis dan dat mense vernietig word.”

      Job 36:20

      Die Psalmskrywer noem dit “die skrik van die nag” (Psalms 91:5). Jesus het ook gesê dat die vyand gedurende die nag kom om onkruid te saai (Matteus 13:25). Jy mag dit dalk nie glo nie, maar die meeste van die probleme wat ons vandag ervaar is deur demoniese magte in ons lewe ingeskiet terwyl ons geslaap het. En weet jy dat byna alles in hierdie lewe eers in die geestesryk besluit word voordat dit in die fisiese verskyn? Dit verklaar waarom sommige van ons altyd dinge (seëninge of probleme) in ons drome of visioene sal sien voordat ons dit fisies ervaar. Gebeur dit ook met jou? Dit is dieselfde met sataniese pyle. Hulle word eers in die geestesryk geskiet voordat hulle fisies manifesteer.

      

      Ons sal na voorbeelde van wonderlike mans en vroue (insluitend Jesus) in die Bybel kyk, wie hul middernag gevegte gewen het en gevolglik beheer in die dag gehad het.

      Ek was aangemoedig om hierdie boek te skryf na die terugvoer wat ek ontvang het nadat ek dele van hierdie boodskap in my rubrieke in die Guardian koerante en ander gepubliseer het. Ek het terugvoer vanuit Kanada, die Verenigde State, Europa en natuurlik Nigerië, ontvang. ʼn Bekende Kanadese skrywer, wie die artikel op die internet gelees het, was so opgewonde dat sy vir my terugvoer gestuur het om die boodskap te prys, en ook om te bely dat sy op dieselfde tyd van die nag aangeval word deur sataniese agente. Sy het saamgestem met alles wat ek in die rubriek geskryf het.

      Ja, geestelike beginsels is universeel. Die metodes en modus operandi kan wissel van plek tot plek, maar die beginsels is basies dieselfde. Dit is nog steeds ou Satan en sy ondeunde donker leërskare. Ons weet dat die oorlog tussen die koninkryk van God en Satan is. Die slagveld is die mens. Die stryd is oor wie die aktiwiteite en bestemmings van mense sal beheer.

      Maar, waar God die mens vir goed wil gebruik, wil die duiwel en sy agente die mens verwoes. Hulle haat hom en beny hom, want hulle weet wat God vir hom beplan. Hulle weet wat die mens se plek in God se program is. Hulle is bewus van die wonderlike en salige bestemming wat God vir die mens voorberei, so hulle veg dag en nag om te sien of hulle die plan kan ontspoor. Onthou, hulle (Satan en die heersers van duisternis) is gevalle engele. Hulle was in God se teenwoordigheid voordat hulle aarde toe gegooi was as gevolg van hulle ongehoorsaamheid. So, wat ek hier wil uitlig is dat die middernag ure die hoofterrein is vir hierdie stryd tussen die koninkryke. Jesus het dit so verduidelik:

      “Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het.”

      Johannes 10:10

      En jy weet dat die dief altyd in die aand sal wil kom, wanneer hy nie gesien of uitgedaag sal word nie. Ons vyand, Satan, is presies so. Maar kom ons kom by die hoofpunt uit. En dit is om te kyk na wonderlike mans en vroue in Bybel wat die grootste gevegte van hul lewens geveg en gewen het in die middernag ure. Kom ons begin by ons groot Meester en die perfekte voorbeeld, Jesus Christus.

      Jesus

      Terwyl Hy op die aarde was, het Hy al Sy gevegte gewen. Toe Hy op die punt was om Sy aardse bediening te begin, het Hy in die woestyn in gegaan om te vas vir 40 dae en 40 nagte. Toe Sy kritici hom gekonfronteer het, het Hy die woord van God en die woord van die profete gebruik. Om die ongelowiges te wen het Hy wonderwerke, tekens en wonders gedoen. Om die duiwels te verplaas het Hy hulle berispe en hulle beveel om uit te kom. Maar toe Hy uiteindelik by die punt van Sy hoogste offer vir die mensdom gekom het, het Hy weer in middernag gevegte ingegaan. En dit is wat ek die ‘Slag van Getsemane’ noem.

      Die Slag van Getsemane

      Die oorlog om die mens te red was geveg en gewen deur Jesus in die middernag ure in ʼn olyftuin met die naam van Getsemane. Die werklikheid en die gewig van Sy doel op aarde het swaar op Hom gelê. Hy het ʼn keuse gehad – Hy kon aangaan of kop uittrek. Maar Hy het gekies om wakker te bly en teen Satan, sonde en self te veg. Dit was die aand voor die laaste 12 ure van Sy lewe. Dit was inderdaad baie belangrik vir die hele redding idee. Ek glo die hoof geveg om die mens te red was op die ‘Getsemane slaggebied’ geveg en gewen. Wat later op die kruis gebeur het was die voleinding van die geveg. Kom ons kyk na die skrif in Matteus 26:34-46:

      “Jesus antwoord hom: ‘Glo My, Petrus, , voordat die haan kraai, sal jy drie maal ontken dat jy My dissipel is.’ Petrus sê toe vir Hom: ‘Al moet ek saam met U sterf – ek sal dit beslis nooit doen nie!’ Al die dissipels het dieselfde verklaar. Jesus kom toe saam met hulle by ’n olyftuin met die naam Getsemane en Hy sê: ‘Sit julle hier, terwyl Ek daar anderkant gaan bid.’ Hy neem toe vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saam met Hom. Daarop oorval ’n groot ontsteltenis en benoudheid Hom. Hy sê toe vir hulle: ‘Ek is benoud tot sterwens toe. Bly julle hier, en waak saam met My.’

      “Hy het toe ’n entjie verder neergeval en met Sy gesig plat teen die grond gebid: ‘O my Vader! As dit moontlik is, neem tog hierdie lydensbeker van My weg. Doen nogtans nie soos Ék wil nie, maar soos Ú wil.’ Ek, die Seun van die Mens, word nou oorgegee in die hande van slegte mense. Staan op, ons moet gaan! Kyk, my verraaier is hier’.”

      Ek moes die hele storie deel sodat jy kan verstaan wat ek probeer sê. Hierdie was die nag toe Jesus Sy naaste volgelinge na ʼn olyftuin geneem het om middernag oorlog te voer. Dit was inderdaad ʼn moeilike aand gewees. Hy moes besluit of Hy die reddingsplan sou deurvoer of net los. Wat Hy sou moes deurmaak van die aand in Getsemane tot en met Paassondag het deur Sy kop gewoel. Hy sou deur ʼn gruwelike ervaring moes gaan – die Jode se vyandigheid, die dissipels se verraad, ontkenning en verwerping. Hy sou die volgende moes verduur: 39 sweepslae, die doringkroon, die spies deur Sy sy, die bespotting, die skerp naels en uiteindelik die graf.

      Die werklikheid van al hierdie swaarkry het Hom daardie aand getref en Hy het besluit om wakker te bly en deur die nag te veg. Hy het geweet dit gaan ʼn middernag geveg wees en toe Hy klaar was het Hy onmiddellik vir Sy dissipels gesê, “Staan op, ons moet gaan”. Hy het geweet dat Hy die geveg in die gees gewen het en Hy was bereid om die fisiese uitdagings aan te durf. Dit is presies wat gebeur


Скачать книгу