Jackie Blue. T. M. Bilderback

Читать онлайн книгу.

Jackie Blue - T. M. Bilderback


Скачать книгу

      Hoofstuk 02

      Toe Jackie in die geriefswinkel instap, het sy heel eerste opgelet dat die eienaar sleg gekneus was. Sy linkeroog was toegeswel, en sy regteroog was gekleur. Daar was snye op sy wange, wat ook geswel was. Hy het ‘n wit pleister oor sy neus gehad omdat dit heel duidelik gebreek was. Sy lippe was twee maal so groot geswel.

      “Malik!” het Jackie gesê. “Wat het met jou gebeur?”

      “O, Jackie,” het hy geantwoord. “Daar was ‘n man, hy het gevra oor j...” Malik het sy sin laat hang toe hy die man deur die ingang sien kom. Dit was Vincent. “Wat kan ek vandag vir jou kry, Jackie?”

      Jackie was effens verward deur die Pakistani se skielike verandering in geselstrant. “Um ... gee my ‘n minuut, sal jy, Malik?”

      “Natuurlik.”

      Jackie het oorgestap na die plexiglas kabinet en haar ding begin doen. Vincent het gekyk en besluit om nader aan haar te beweeg om te sien hoe sy haar kaartjies kies.

      Sy het eindelik die kabinet aangeraak terwyl sy haar vingers daaroor streel.

      “Sjoe,” het Vincent begin gesels. “Ek wens ek het geweet watter kaartjie is wenners. Ek kan verseker nou doen met ekstra geld.”

      Jackie het opgeloer na die man, sy oë ontmoet en na hom geglimlag. “Probeer die Treasure Trove kaartjies. Ek het altyd goeie geluk met hulle.” Sy het gedraai na Malik en Vincent het gevolg, terwyl hy nou sy deel voluit speel.

      “Dankie! Ek dink ek sal een probeer,” het hy vir haar gesê.

      “Sterkte,” het sy vir Vincent gesê. Aan Malik het sy gesê, “Ek soek een Moneybag Madness, asseblief.”

      Malik het na Vincent geloer terwyl hy Jacqueline se kaartjie gaan kry het. Hy het dit teruggebring na die kasregister en dit opgelui.

      “Twee doller asseblief.”

      Jackie het Malik twee munte gegee.

      “Dankie Jackie,” het Malik gesê. “Ek hoop dis goed vir jou.”

      Jackie het na Malik geglimlag en weggedraai na een van die bankie-styl tafels.

      Vincent het intussen nader geskuif aan die kasregister. “Een Treasure Trove, asseblief.” Hy het geknipoog na Malik.

      Malik het ‘n rilling teen sy rug voel afskuif terwyl hy die kaartjie kry en oplui. “Twee doller asseblief.”

      Vincent het gesê, “Seker.” Toe neem hy sy kaartjie en het na Jackie se tafel gestap.

      Malik het teruggetrokke die kassier laai toegemaak en ‘n nota gemaak dat sy kontantvloei uit sal wees met twee doller.

      “Hoop jy gee nie om dat ek hier by jou sit nie,” het Vincent met ‘n glimlag gesê. Hy het oorkant Jackie gaan sit. “Ek het gedink dit sal goed wees as ons saam ons kaartjies krap.”

      Jackie het vriendelik geglimlag maar niks gesê nie. Iets omtrent hierdie man het haar effens ongemaklik gemaak ... dit het gevoel asof sy haar hand onder ‘n mat indruk. Sy het aangehou om haar kaartjie te krap totdat alles sigbaar was.

      Vincent het ook sy kaartjie gekrap en ontdek dat hy ‘n honderd doller gewen het. Verras het hy opgekyk om Jackie daarvan te vertel maar sy het opgestaan by die tafel en het terug gegaan na die kassier. Vincent het vinnig gevolg. Hy het gearriveer net in tyd om se sien hoe Jackie vyf honderd doller in haar beursie sit.

      “Haai!” het hy gesê, “hierdie kaartjie het my honderd bokke gewen! Dankie!”

      Jackie het by die deur uitgeglip. Sy het Vincent se dank erken met ‘n waai van die hand en weer geglimlag.

      Vincent se glimlag het van sy gesig af verdwyn asof dit nooit daar was nie. Aan Malik het hy gesê, “Gee my honderd bokke, vinnig, poephol!”

      Malik het Vincent ‘n honderd doller noot gegee, en met verligting gesien hoe Vincent uit die winkel hardloop.

      Buite die winkel was Vincent net in tyd om te sien hoe Jackie die deur van ‘n taxi oopmaak. Hy het nader gedraf en was net in tyd om te vra, “Sê ... wat is jou naam?”

      Jackie het in die taxi gesit met haar hand op die deur, besig om dit toe te maak. Sy het opgekyk na Vincent.

      “Meneer, met alle respek,” het sy gesê, “Ek wil jou nie my naam gee nie. Vir een of ander rede maak jy my bang. Laat los asseblief die deur.”

      Vincent het verras die deur gelos en teruggestaan.

      “Dankie meneer,” het Jackie gesê. Sy het die deur toegemaak en die taxi het weg gery.

      Vincent het gekyk hoe die taxi in die straat af ry. As Jackie teruggedraai het sou sy die uitdrukking op Vincent se gesig gesien het en sy sou baie banger gewees het.

      Vincent het aan homself gemompel, “Jou bang maak, hê, katjie? Jy het nog niks gesien nie!”

      ***

      TWEE DAE LATER HET Jackie die kinders veilig op Mr. Mike se bus gelaai. Sy het buite op die sypaadjie gestaan, geklee in haar kamerjas, totdat die bus buite sig verdwyn het. Sy het ‘n advertensie op die voorste sypaadjie opgetel en toe weer die huis in verdwyn om ontbyt vir haarself te gaan maak sodat sy haar dag kan begin.

      Vincent het by die kombuistafel gesit. Sy blink semi-outomatiese geweer het voor hom op die tafel gelê.

      Jackie het nie geskreeu nie. Sy het net ‘n verskrikte asem ingetrek en gevries toe sy Vincent sien, toe het sy haar kamerjas se bokant saam getrek. Die gevoel van onder die mat wees het erger geword.

      “Wat doen jy hier?” het sy gevra.

      Vincent het na die stoel oorkant hom gewys.

      “Sit. Ons gaan praat.”

      Jackie het gesê. “Uit, nou, of ek bel die polisie.”

      “Reik na die foon en jy sal dood wees voor jy daaraan raak,” het Vincent geantwoord van onder sy lae wenkbroue. “Dan sal ek hier sit en wag totdat die kreupeles en vertraagdes huis toe kom, en ek sal hulle almal ook vermoor. Jy wil regtig nie met my rondfok hieroor nie, katjie.” Hy het weer na die stoel gewys. “Gaan sit, nou!”

      Die kleur het uit Jackie se gesig dreineer met elke woord wat hy gesê het totdat sy nou heel bleek was. Toe Vincent sê sy moet gaan sit, het sy amper gespring. Woordeloos het sy gaan sit.

      Vincent het geknik en gesê, “Dankie. Wat ek wil weet, Jacqueline Belew, is maklik. Hoe kies jy jou kaartjie dat jy elke keer wen? Het jy een of ander sisteem of iets?”

      Jackie, wat gewonder het hoe hierdie man uitgevind het oor haar geskenk, het probeer om haar weg deur te bluf. “Kyk, dit was ‘n raaiskoot met die honderd doller. Ek het geen idee gehad nie ...”

      “Verseker het jy nie,” het Vincent haar in die rede geval. “Net soos jy geen idee gehad het oor die vyf honderd doller wat jy in jou beursie gesteek het nie ... of die drie honderd nou die dag nie. Of die groot geluk by die resies nie.” Hy het vorentoe geleun en in haar oë gekyk. Terwyl hy vooroor leun het hy die pistool opgetel en ‘n rondte in die magasyn gelaai. “Wil jy weer probeer?”

      Jackie het gesmeek, “Ek weet regtig nie waarvan u praat nie, meneer. Ek weet u het gewen ...”

      Vincent het die geweer na haar gesig gewys. “Jy het tyd tot ek by drie getel het. Dan sterf jy.” Hy het gehuiwer. “Een.”

      “Meneer,


Скачать книгу