Met Blom en baaierd (1956) bou Opperman deur die reeksstruktuur, parallelismes, sirkulering van simbool en beeld en tipografiese rangskikking ʼn hegte bundeleenheid op. In hierdie bundeleenheid verteenwoordig “Oud-digter” en “Paddas” onderskeidelik futiliteit en die bose teenoor sinvolheid en die goeie. Al die gedigte tot “Nagwag” staan in die teken van die Suid-Afrikaanse “kleur”-aktualiteit, terwyl die lyding in die tweede helfte van die bundel op ʼn universeler vlak verken word. – J C Kannmeyer