'n Sluier vir Shahira. Annelize Morgan

Читать онлайн книгу.

'n Sluier vir Shahira - Annelize Morgan


Скачать книгу
skud sy kop stadig. “Sy was niks van jou nie. Hoekom wil jy haar dood wreek? Ek het niks daarmee te doen gehad nie. Jy weet ek sou haar nooit enige leed aangedoen het nie.”

      “Maar sy is in jou karavaan doodgemaak,” sis Khidr.

      “Nie deur enige van my volgelinge nie,” antwoord Jarad snydend. “Dit was iemand van buite wat dit gedoen het … iemand wat dalk betaal is om dit te doen.”

      Khidr beteuel ooglopend sy humeur met moeite. Hy dwing ’n glimlag uit en dan tel hy ’n bord met heuningkoeke op en bied dit vir sy gas aan.

      “Ons kan hierdie probleem oplos,” sê hy. “Gee my wat my toekom, en ek sal my rasjids terugroep.”

      “Helu behoort nie aan jou nie. Dis my huis en dis waar ek bly.”

      Khidr knik glimlaggend, maar sy oë is koud soos dié van ’n slang.

      “Helu behoort aan die woestyn en aan die mense van hierdie land. Jy is ’n infidel, Jarad. Moet dit nie vergeet nie, want die woestyn sal dit ook nie vergeet nie.”

      Jarad staan op. “Ons sal nie verder kom met hierdie gesprek nie, Salem. Maar voordat jy oorlog teen my maak, moet jy eers goed nadink. Jy gaan hierdie hele gebied in ’n bloedige geveg dompel en dit oor iets wat lank terug gebeur het, iets waarvoor ek nie verantwoordelik was nie.”

      Khidr leun terug teen die kussings. “Jy is nie so onskuldig as wat jy wil voorgee nie. Al waarvoor ek leef, is dat jy uit Jemen padgee … weg uit my lewe!”

      Jarad staan vir ’n oomblik doodstil asof hy dink aan iets om te sê, maar dan maak hy net ’n vinnige, stywe buiging en verlaat die vertrek saam met sy wagte.

      Daar is haat in Khidr se oë toe hy hom agternakyk. “Ons paaie gaan binnekort op die sandvlaktes van die woestyn kruis, infidel! En hierdie keer sal ek nie weer ’n fout maak nie,” skree hy.

      “Hou julle gereed,” praat Khidr met die mans om hom. Hulle is almal lojaal teenoor hom. “Hierdie saak gaan binnekort eens en vir altyd besleg word.”

      “Wat gaan die rede wees waarom u aanval?” vra die man aan sy sy. “Ons het Leila reeds vermoor en daar is nie nog een nie. Hy het nie vrou of kind nie.”

      Khidr neem ’n paar slukke wyn. “As ek hom toegelaat het om met daardie vroumens te trou, het ek geen kans gehad om sy sjeikdom in die hande te kry nie. Ek wil nie net Salem Khidr, sjeik van hierdie gebied, wees nie. Ek wil sjeik Salem Khidr die Magtige wees, die onoorwinlike. Dán sal ek sultan kan word.” Hy sug diep. “Maar ek het ’n rede nodig om hom aan te val, een wat hom sal laat terugveg – en ek het nie een nie.”

      Die man aan Khidr se sy kyk na Isabelle en sy slaan haar blik vinnig neer.

      “Ek het gesien hoe hy na jou slavin kyk. Dalk vra hy haar as geskenk.”

      Khidr lag uit sy maag. “Natuurlik, my vriend! Ek sal haar saam met hom laat gaan, maar nie as ’n geskenk nie – as iets wat hy van my gesteel het. Wanneer hulle môre by die wadi uitry, sal my rasjids hulle voorlê en verras en haar as verskoning gebruik om ’n oorlog te begin. Daar is twee paaie uit die wadi – die een is deur die poort en die ander is oor die kranse. Niemand sal so kranksinnig wees om teen die kranse uit te klim nie. My slavin sal binne ’n paar uur terug wees, en ek sal vir altyd van Jarad ontslae wees.”

      “En wat word dan van haar?” wil een weet.

      Khidr haal sy skouers op. “Wat maak dit saak? Ek sal my doel bereik het. Kom, ons het baie om te beplan.” Hy kyk om na Isabelle. “Sy kan gaan.”

      Die tolk vertaal die sjeik se woorde ongeduldig aan Isabelle en sy maak haar vinnig uit die voete.

      Buite die deur bly sy ’n oomblik staan. Niemand vergesel haar na haar slaapplek nie omdat sy die pad goed genoeg ken. Kan sy alles glo wat sy gehoor het? Sy moet Xavier Jarad vind en hom waarsku, maar as sy betrap word, sal sy in baie groot moeilikheid wees.

      Geruisloos loop sy in die gang af op die dik matte. Al langs die mure op die vloer is daar brandende kerse om haar pad te verlig. Hulle flikker wanneer sy verby beweeg en gooi groot, verwronge skaduwees teen die growwe mure.

      Iewers hier moet Jarad se kamer wees. Sy weet nie presies waar hy is nie, en as sy by die verkeerde deuropening instap, sal sy nog vóór Jarad kos vir die aasvoëls wees. Die gordyne voor die deuropeninge maak haar soektog ietwat makliker, want sy hoef dit net op ’n skrefie geruisloos oop te trek om te bepaal of dit die regte vertrek is.

      Haar hart klop vinnig en vrees druk haar keel toe. Telkens kyk sy om om te sien of sy agtervolg word, maar die gang is leeg, net die gordyne waai liggies in die koel bries oor die gladde klipvloer. Sy kan gedempte stemme hoor, maar dis moeilik om te bepaal waarvandaan dit kom.

      Sy wonder skielik waarom sy dit doen, want sy ken die man nie. Hy het tot nou toe maar net ’n paar woorde met haar gepraat. Maar sy weet dat sy haarself nooit sal vergewe as sy hom nie ten minste probeer waarsku nie. Net die feit dat hy vandag met haar gepraat het en dit in haar moedertaal, beteken vir haar baie. Dit voel amper asof hy haar goedgesind kan wees, en in haar situasie het sy elke vriend nodig.

      Plotseling sluit twee hande van agter in ’n staalgreep om haar arms. Isabelle gaan botstil staan. Die bloed suis in haar ore en haar liggaam is lam van skok. Wat sy gevrees het, het gebeur. Daar is nou nie meer ’n moontlikheid dat sy Xavier Jarad sal kan waarsku nie.

      Stadig kyk sy om, vas in die woedende oë van Khidr se rasjid. Geen verduideliking sal haar lewend hieruit kry nie.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RJyRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkIdpAAQAAAABAAAApAAAANAALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMzoxMTowMSAwNjoy Nzo1NAAAA6ABAAMAAAAB//8AAKACAAQAAAABAAAGCaADAAQAAAABAAAKAAAAAAAAAAAGAQMAAwAA AAEABgAAARoABQAAAAEAAAEeARsABQAAAAEAAAEmASgAAwAAAAEAAgAAAgEABAAAAAEAAAEuAgIA BAAAAAEAABE8AAAAAAAAAEgAAAABAAAASAAAAAH/2P/tAAxBZG9iZV9DTQAB/+4ADkFkb2JlAGSA AAAAAf/bAIQADAgICAkIDAkJDBELCgsRFQ8MDA8VGBMTFRMTGBEMDAwMDAwRDAwMDAwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAENCwsNDg0QDg4QFA4ODhQUDg4ODhQRDAwMDAwREQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwM/8AAEQgAoABhAwEiAAIRAQMRAf/dAAQAB//EAT8AAAEF AQEBAQEBAAAAAAAAAAMAAQIEBQYHCAkKCwEAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAQACAwQFBgcICQoLEAAB BAEDAgQCBQcGCAUDDDMBAAIRAwQhEjEFQVFhEyJxgTIGFJGhsUIjJBVSwWIzNHKC0UMHJZJT8OHx Y3M1FqKygyZEk1RkRcKjdDYX0lXiZfKzhMPTdePzRieUpIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm 9jdHV2d3h5ent8fX5/cRAAICAQIEBAMEBQYHBwYFNQEAAhEDITESBEFRYXEiEwUygZEUobFCI8FS 0fAzJGLhcoKSQ1MVY3M08SUGFqKygwcmNcLSRJNUoxdkRVU2dGXi8rOEw9N14/NGlKSFtJXE1OT0 pbXF1eX1VmZ2hpamtsbW5vYnN0dXZ3eHl6e3x//aAAwDAQACEQMRAD8A4XMtLQGN+k7w/wBfzlbr rbjllLtX1AusB7PcPf8A5v8ANqHSWV3dVfkW614TH3Bp/Oewbcar/t/9J/UrUMYu+0vcfdt1ceZc fo/9JThrEaV4WVXe+wvfw381VrnF9T3HjaUfLcAdg7cnzQLtKCD+dA/ihLqmI2aIEq9g9Lyctw2N O397stbof1Xtyy23IBDe1f8A5P8A8gu76Z0KqhghokcaKrLIBoNS24YjLWWgeJb9VLS3UkCECz6r WjXdpC9Pf09sRtVC/pw/dTfdkv8AZh0fMruiZWOd7RO0zPw1SfjPda5tYkczwIPeV3l3Tg4wRp3l YfUsB/TMtjw0WVOAuYHjc3Q7Syxn57GvCeMsuE8IuXREMGI5YDNMwxGxKX/R9X6H99y6en9QqLLB WSY3tgHVsbnfm/ujej4LGU2ZLA0bCwXUg9i17N9X9lrrNq0j9ZMY1EP3nIL97ncH6PpnH9Rpa/03 O/T+t6fqV/6P7R+uLOwLqXX+lBc4sc1h4klrmFsJ2LJlMwJR9PUkcPCy85y3JQwynjyAZRXBCOSG b3LPq+X5eH99F9kPikh+i/8A0jv9fkkrTkv/0OK6Z7W3PaY32B
Скачать книгу