Anna Atoom en die seerower se dolk (skooluitgawe). Elizabeth Wasserman
Читать онлайн книгу.het, is reeds ’n ongelooflike prestasie. As jy eendag hierdie werk aan die wêreld bekend stel, sal jy sekerlik weer die Nobelprys wen. Dan raak jy nog meer beroemd as wat jy reeds is!”
“Ha! Beroemdheid traak my niks. Dis die diere wat belangrik is, Abraham. Die mens se oorbevolking verdryf die diere uit hul regmatige plek. Verbeel jou hoe ons wêreld weer kan lyk as ons van al die mense op aarde ontslae kan raak,” gaan hy voort. “As die oerwoude weer kans kan kry om te groei, as die oseane bevry kan wees van al die vissersbote wat die see plunder21 met hulle sleepnette!”
Uranus kry ’n vreemde, veraf glinstering in sy groen oë.
“Ons kan dit doen! Ons kan die aarde nog red!” Hy skud sy vuis in die lug, vol vasberade opwinding.
Admiraal Atoom is al gewoond aan hierdie uitbarstings van sy vriend.
“’n Dodo, Abraham!” gil Uranus skielik en stamp sy wolpantoffels geluidloos teen die wand van die RuimteArk. “Dís wat ons nog kortkom voordat ons kan sê dat ons projek ’n sukses was.”
Maar dodo’s is al eeue gelede uitgewis, dit weet hulle al twee. Hul vere en vleis het vergaan in die tropiese woude van Mauritius. Die paar stukkies skelet wat die paleontoloë22 nog kon vind, is nie naastenby genoeg om te gebruik vir kloning nie.
Die dodo het van die aarde af verdwyn sonder ’n spoor.
7: Oseaan van die dood
Terug op aarde is Maks en professor Sabatina aan die stry.
Haar stoel hang langs die AardWag, regoor die suidelike deel van die Stille Oseaan. Vandag lyk dit beslis asof iets hier nie reg is nie! ’n Donkerrooi vlek is besig om oor die see te sprei. Volgens Maks se berekeninge word dit veroorsaak deur ’n digte oorgroeiing van alge.
“Dit lyk nie goed nie, Maks.” Die professor frons. “Oorgroeiing deur alge wurg die ander seediere dood, want alge gebruik al die suurstof in die water op.”
“Is so,” antwoord Maks. “Ek het nou net ’n verslag ontvange van die eilande daar naby: dooie vis spoels klaar op die strande uit!”
“Ek sê vir jou, dis daardie vreemde golwe wat ons gister waargeneem het. Dit moet iets daarmee te doen hê.”
“Onmoontlik!” snork Maks. “Hoe kan klankgolwe alge te vinnig laat groeie? My databanke sês niks van so iets nie!”
Die professor sug. Wat Maks nie aldag verstaan nie, is dat hy maar net ’n rekenaar is. Rekenaars weet net wat vir hulle gesê word. Hulle kan nie nuwe kennis uitdink nie. Rekenaars het glad nie ’n verbeelding nie. Al is hulle ook hóé slim.
“Daardie was geen gewone klankgolwe nie,” verduidelik sy rustig. “Wie weet wat die effek daarvan op plantselle sal wees?”
Maks soek weer deur sy databanke. Dit vat hom agt sekondes om deur alle bestaande kennis in die wêreld oor die onderwerp te sif.
“Hmm …” sê hy. “Daar is al heelwat navorsing hieroor gedoene. Die bevindinge was belowends, maar die eksperimente het geen definitiewe uitslag gehads nie.”
’n Drukker in die hoek van die laboratorium begin skielik papier uitspoeg. Professor Sabatina lees die blaaie oor die borand van haar halfmaanbril.
“Maar Maks!” roep sy skielik uit. “Kyk wie het hierdie artikel geskryf!”
“Uranus Draak, ek weete.”
“Tien jaar gelede het hy eksperimente gedoen wat die effek van hoëfrekwensie-klankgolwe op die groei van alge ondersoek het. Maar dié werk deur hom het net stil-stil verdwyn.”
Sy stap heen en weer in die laboratorium soos sy dink. “Nee, Maks, dit kan nie wees nie. Die rede hoekom Uranus nie voortgegaan het met die navorsing nie, is omdat dit wetenskaplik gesproke nie moontlik is nie.”
“Ek het my databanke weer laat kyke na die wetenskaplike korrektheid van Uranus se eksperimente. Daar is niks verkeerde met die metodes wat hy gebruiks het nie. Sy bevindings moes dus korrek gewas gewees het.”
“Gewas gewees het?” vra professor Sabatina geskok. Selfs vir Maks is dit werklik swak grammatika.
Sy lees weer die drukstukke. “Uranus sê in sy eerste artikel dat golwe van spesifieke frekwensies lewende organismes kan laat groei of vermeerder teen ’n baie vinniger tempo as gewoonlik. Of dat sulke golwe dit skielik kan laat vrek. Dis ongelooflik!”
Die professor sug moedeloos. “Dit kan nie blote toeval wees nie. Ek dink ons kan aanvaar daar is ’n verband tussen die vreemde golwe wat ons gister waargeneem het en die oorgroeiing van alge wat nou in daardie deel van die oseaan plaasvind.”
“As die alge aanhou groeie teen hierdie tempo,” sê Maks, “sal al die lewe in die suidelike Stille Oseaan binne twee dae daarmee heen weese.”
“Dan sal dit om die punt van Suid-Amerika spoels en die Atlantiese Oseaan bereike. Die kouer watertemperatuur daar mags die groei dalk vir ’n paar uur vertraags, maar sodra die alge opkruipe na die ewenaar se kant toe, gaan dinge weer vinniger gaans.”
“Dit sal die lewe in die see uitwis!” roep professor Sabatina geskok uit.
“En die lewe op land sal ook vreks,” sê Maks droogweg. “Ten minste organiese lewe,” voeg hy by.
Professor Sabatina vererg haar. “En wat laat jou dink jy´ is lewendig?” snou sy.
“Wel, oor vier dae sal ek nog steeds dinke ek is lewendig, en waar sal jy dan weese?” kap die rekenaar terug.
“Mense sal nie so gou uitsterf nie, Maks! Maar jy’s reg: die tekort aan vis en ander voedsel sal lei tot hongersnood23. So ’n erge versteuring van die klimaat sal sekerlik kwaai droogtes veroorsaak, en dit alles kan lei tot oorloë en allerhande katastrofes24.”
“Volgens my berekeninge voorspels ek so twee jaar,” sê Maks. “Dan is die meeste van julle daarmee heens!”
“En dan, wat sal dan gebeur, Maks?” wil die professor weet.
“O, sonder mense sal die ekologie25 weer gou herstel …” verduidelik Maks.
“Sonder mense!” tref die werklikheid die professor. Die aarde met sy pragtige blou oseane, groen woude en bruin woestyne: die enigste planeet wat ’n tuiste is vir die mens.
Uiteindelik dring die harde waarheid tot haar deur: die aarde staar ’n krisis in die gesig soortgelyk aan die een wat miljoene jare gelede die dinosourusse uitgewis het.
Die professor se wetenskaplike brein begin weer behoorlik funksioneer26. “Wat kan ons doen om dit te keer, Maks?”
“Wel, daar is verskeie maniere om alge dood te maake. Die meeste daarvan is nie veiligs vir ander lewensvorme nie, en dis ook nie vinnigs genoegs nie. Ek laat een van my prosesseerders nou werke aan ’n plan.”
“Goed. Wat van twee prosesseerders? Dis immers ’n krisis!” Die rekenaar antwoord haar nie eens nie.
“Ek sal graag wil weet wie verantwoordelik is vir hierdie katastrofe,” sê die professor skielik. “Ek twyfel of daardie golwe ’n natuurlike verskynsel was. Iemand moes van Uranus se werk gehoor het en dit toe verder verfyn het om hierdie ramp te veroorsaak.”
“Ek werke reeds daaraan, professor. Dis waarvoor ek my tweede prosesseerder gebruike,” sê Maks.
“Goed so. Terwyl jy dit doen, gaan ek die admiraal probeer kontak. Hy sal meer weet van Uranus se eksperimente, en wie saam met hom daaraan gewerk het. Ek vermoed iemand is besig om Uranus se idees te misbruik.”
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком,