Emma en die Creepy Komplot. Marianna Brandt

Читать онлайн книгу.

Emma en die Creepy Komplot - Marianna Brandt


Скачать книгу
kyk oor die kinders en dan steek sy oë vas op die blonde juffrou wat saam met twee ander onderwysers by ’n tafel sit. “Juffrou, kan u asseblief hier langs my kom staan.”

      “Hm …” sê Emma. “Hier kom die groot geheim.”

      Soos ’n vinnige haas kom juffrou Hasendal langs meneer Plottenboer te lande en kyk af na die kort, stewige skoolhoof.

      “Hier’s ek, Meneer,” sê sy en fladder weer haar ooglede.

      “Kinders, vandat hierdie talentvolle juffrou by ons skool aangekom het, het ons belangrike besluite geneem. Sy is ’n groot aanwins vir Kosterkloof Hoër en ek het dit goed gedink om vir haar ’n musiekkamer te laat inrig met al die musiekinstrumente wat nodig is.”

      Die kinders snak na asem.

      “Elektriese ghitare ook, Meneer?” roep een van die seuns.

      “Natuurlik. Alles wat musiek kan maak. Ek het vir juffrou Hasendal gevra om my te lei in my besluit en sy het gehelp met die aankoop van al die instrumente,” gaan meneer Plottenboer voort.

      ’n Donkerkop meisie steek haar hand op.

      “Ja, Sefine?” sê meneer Plottenboer.

      “Gaan die musiekkamer by die skool of hier in die koshuis wees?”

      Meneer Plottenboer kyk na juffrou Hasendal en glimlag. “In die Berg Hotel.”

      “Berg Hotel!” roep Janine uit.

      Emma dink nie dis vreemd nie. Dit maak vir haar heeltemal sin. Sarel Sameuls wil die plek vir meer as net ’n hotel gebruik.

      Dis ’n goeie plan wat hy het om ’n Kultuurfees vir Kosterkloof te reël. Ten minste sal daar dan iets op dié dooie dorp gebeur.

      “Ja, julle het seker al gehoor van die planne wat die nuwe eienaar, meneer Sameuls, het vir Kosterkloof en die Berg Hotel. Wel, ons wil deel daarvan wees,” sê meneer Plottenboer en loer met ’n glimlag na die juffrou langs hom. “En juffrou Hasendal gaan die sterre van ons dorp oplei.”

      Toe Emma en Janine later by die eetsaal uitstap kamer toe, loop hulle hulle vas teen Joori Appelgryn in die portaal. Hy het twee blou koelsakke by hom.

      “Middag, Meneer,” sê Janine.

      “Middag, meisies,” sê hy en stap vinnig verby kombuis toe terwyl hy oor sy skouer sê: “Koeldrank vir die naweek se sport.”

      Emma glimlag. “Ek’s seker Hendrik en Zoltan kan nie wag om daai stads-ouens te wys hoe goed hulle is nie.”

      “Ja, as hulle terugkom as wenners, sal dit meneer Appelgryn se eerste oorwinning vir Kosterkloof Hoër wees.”

      “Die ouens is mal oor hom. Hy lyk na ’n baie lekker sport-onnie.”

      “Hm, ja, en hy bestuur ons bus. Dink net as ons klas dalk vir ’n naweek iewers heen kan gaan; die atmosfeer in daardie bus,” sê Janine. “Dalk moet ons so ’n voorstel in meneer Plottenboer se oor fluister. Wat dink jy?”

      “Ja,” sê Emma en dink aan Zoltan. Sy sal nie omgee om meer met hom te kan gesels nie. Miskien moet hulle vir mevrou Plottenboer vra vir so ’n uitstappie. Dit lyk of sy baie dinge in die koshuis regkry.

      Saterdagoggend net na ontbyt sien die meisies Kosterkloof se rugbyspan by die bus af. Die bus word gelaai met bokse eetgoed vir die manne.

      “Ek is al klaar dors as ek dink hoe hard ons gaan speel, Em,” sê Hendrik toe die twee blou koelsakke ingelaai word.

      “Klim, manne!” sê meneer Appelgryn en glimlag vir juffrou Hasendal toe hy in die luierende bus klim.

      Zoltan kom staan langs Emma terwyl Willa vir Hendrik besig hou.

      “Hou vir ons duim vas. Ons het dit nodig,” fluister hy.

      Emma voel hoe ’n warmte oor haar wange sprei. “Ek sal,” sê sy.

      Dan klim Hendrik en Zoltan in, en Emma sien hoe Zoltan langs die venster gaan sit. Toe die bus wegry waai hy vir haar.

      Janine kom staan langs Emma toe meneer Plottenboer en juffrou Hasendal in die skoolhoof se kar wegry. “Kom jy saam, Emma?”

      “Waarnatoe?”

      “Ek moet dorp toe gaan. Het ’n paar goed nodig.”

      In die portaal hoor hulle mevrou Plottenboer se stem.

      “Sy is in ’n goeie bui vandag. Kom ons gaan vra haar of ons vir ’n uitstappie iewers heen kan gaan,” sê Emma.

      “Mevrou?”

      Mouna Plottenboer het vandag grimering aan en dis die eerste keer dat hulle haar sien met bloedrooi lippe en maskara. Sy lyk skoon snaaks.

      “Kinders,” sê sy en flikker haar wimpers soos juffrou Hasendal. “Wat kan ek vir julle doen?”

      Emma kyk met ’n frons na Janine en dan weer na die skoolhoof se vrou.

      “Ons het net gewonder of Mevrou vir Meneer kan vra of ons klas op ’n uitstappie kan gaan. Miskien na ’n plek waar ons iets kan leer,” sê Emma.

      “Weet julle van so ’n plek?” vra Mouna Plottenboer.

      “Nee, maar ons sal dink,” sê Janine. “Dalk see toe of iewers.”

      “Ek sal vir Meneer vra,” sê sy en flikker haar wimpers. “Het julle dalk vir Meneer gesien?”

      “Ja, hy en juffrou Hasendal het met Meneer se kar gery.” Emma weet nie of sy dit moes gesê het nie, want mevrou Plottenboer is skielik rooi in die gesig.

      “O,” sê sy en stap weg.

      “Ek dink sy’s jaloers,” sê Janine en giggel.

      “Sy wil soos juffrou Hasendal lyk. Dis hoekom sy nou make-up dra. En dit pas haar glad nie. Sy gaan seker daardie muisvaal hare ook blond dye.” Emma kan nie help om Mouna Plottenboer jammer te kry nie. Dit kan nie maklik vir haar wees om met iemand soos Janetta Hasendal te kompeteer nie – en dit vir die aandag van Gyt Plottenboer!

      “Dink jy sy sal vir Meneer vra oor ’n uitstappie?” vra Emma.

      “Ek weet nie. Sy het nou net kompetisie op haar brein,” sê Janine.

      Almal is vanoggend in die dorp. Emma en Janine stap verby Die Melkkoei waar kinders aan melkskommels sit en suig.

      “Die reuk maak my naar,” sê Emma.

      “Wat van die Spur?” sê Janine.

      “Dis beter.”

      Die Spur is die eetplek op ’n Saterdag wanneer almal inkom dorp toe. Boere met hulle gesinne sit by tafels en smul aan spare ribs terwyl die kinders tjips en burgers eet. Emma kyk oor die tafels. Net toe hulle na ’n leë tafel wil loop, word hulle deur ’n kelner gekeer.

      “Jammer, daardie tafel is bespreek,” sê hy en glimlag. “Wag net hier, daar sal nou-nou een beskikbaar wees.”

      Dis tóé dat Emma die Xhosa-meisie en die ouerige man agter hulle gewaar wat verbystap na die tafel toe.

      “Is dit nie die meisie van die hotel nie?” vra Janine met ’n frons.

      “Ja, dit lyk soos Tandi,” sê Emma. “Dis seker haar kêrel.”

      “Dit lyk of hy eerder haar pa kan wees,” sê Janine.

      Dan sien hulle hoe mense by ’n tafel langs Tandi-hulle opstaan. Emma beweeg vorentoe toe die kelner na hulle toe aankom.

      “Daar’s nou ’n tafel oop,” sê die blonde ou en stap voor hulle uit. “Ek sal nou julle bestelling kom neem.”

      “Dankie,” sê Emma en skuif teenoor Janine in.

      By die tafel langsaan is Tandi en die ouerige man in ’n diep gesprek. Emma merk die ongeduld op die man se gesig, maar dan begin hy skielik te lag.

      “Oukei,


Скачать книгу