Vreedsame revolusie. Niël Barnard

Читать онлайн книгу.

Vreedsame revolusie - Niël Barnard


Скачать книгу
gehou word. Hulle was nie noodwendig teen die onderhandelinge gekant nie maar het die heimlike droom gekoester dat die onderhandelinge só moes verloop dat hulle ’n plekkie van hul eie onder die son behou. Hulle was egter erg versplinter en leierloos. Hoofsaaklik omdat hulle sterk ondersteuning in die veiligheidsmagte geniet het, is hulle tydens die onderhandelinge met begrip en sagte hande gehanteer.

      Niemand minder nie as Thabo Mbeki en Jacob Zuma het ure lank saam met my met die regses oor ’n volkstaat en die latere insluiting van grondwetlike beginsel 34 in die Oorgangsgrondwet onderhandel. Mbeki het hul vermoë om ontwrigting te veroorsaak ingesien. Dié begrip was, vreemd genoeg, nie deel van De Klerk en Meyer se insigte nie. Hulle het dit hoofsaaklik aan my oorgelaat om met die regses te onderhandel en het sigbaar geïrriteerd van my vordering, of die gebrek daaraan, kennis geneem.

      Daar was ook tientalle gesprekke met die skare van kleiner partye. Sommige was weinig meer as splintergroepe, maar die land kon dit nie bekostig dat hulle nie in die proses ingebind word nie. Hulle het gewissel van Azapo en die PAC, wat toe deur ’n vurige en ongenaakbare Patricia de Lille en die onindrukwekkende Benny Alexander (aka !Khoisan X) aangevoer is, tot die Afrikaner-Volksunie onder leiding van die bekwame Andries Beyers.

      Op die koop toe het ons ook nog met die reste van die vorige politieke bedeling in die vorm van die tuislandleiers te doen gehad. Hulle was klaarblyklik in algehele onguns by die kiesers, maar hulle het tog iets gehad om by te dra. Nodeloos om te sê, die taak om met hulle te onderhandel is op mindere ligte afgelaai, maar wanneer Meyer tyd gevind het om hulle te spreek was hy vol bravade, wat normaalweg ontbreek het toe hy met die swaar­gewigte van die ANC kragte gemeet het. (Die onderhandelinge met elkeen van dié groepe word in hoofstuk 12 bespreek.)

      Hoofstuk 4

      ’n Eg Suid-Afrikaanse plan

      Dit strek die Suid-Afrikaanse onderhandelingsproses tot eer dat ’n unieke en eiesoortige prosedure en stelreëls ontwikkel is wat nog nie elders in die moderne wêreld geëwenaar is nie. Uitvoerende oorgangsrade om voorsiening te maak vir deelnemende bestuur deur al die partye tydens die laaste fase van die skikkingsproses, is ’n goeie voorbeeld hiervan.

      Ons het stelsels, prosesse en prosedures ontwikkel wat so eg Suid-Afrikaans is soos biltong, boerewors, poetoepap, chakalaka, smoorsnoek en brijani.

      Die klassieke teksboeke van Europa was ’n rigsnoer, maar ons het gaandeweg ons eie, soms unieke, onderhandelingsfilosofie en -strukture ontwikkel. Dit was beter so, want wat deur die eeue elders ontwikkel het, kon nie net so as evangelie op Suid-Afrika toegepas word nie.

      Aan die een kant moes ons ’n land regeer en so stabiel moontlik hou ten einde vreedsame onderhandelinge moontlik te maak.

      Aan die ander kant moes ’n bestaande Regering met partye onder­handel wat aktief aan die werk was om dié stabiliteit te ondermyn en dié vermoë as hul belangrikste wringkrag op die proses beskou het.

      Nogtans is die geheimhouding in die binnekamers van al die partye in stand gehou en het dit gaandeweg al belangriker geraak. Onderhandelinge sonder geheimhouding is futiel. Geen onderhandelaar kan sy kritieke doelwitte en veral die toegewings wat noodwendig gemaak moet word, aan sy soms wispelturige en ontoeskietlike ondersteuners vir goedkeuring voorlê nie.

      Die kerngroep onderhandelaars kan ook nie net die duiwe en sagmoedige vredesoekers van die onderskeie partye insluit nie. As dit nie die valke en hardebaarde van die verskillende partye insluit nie, kan onderhandelaars daarvan vergeet om hul bood­skap deur die gewoonlik skeptiese ondersteuners aanvaar te kry. Valke se woorde dra by terugrapportering aan die ondersteuners deurslaggewend meer gewig as dié van duiwe.

      Die prosesse van onderhandeling het deurentyd op verskeie forums en dikwels gelyktydig plaasgevind. Daar was ruimte vir vertroulike gesprekskanale en spesiale gesprekke vir die leiers op die hoogste vlak om struikelblokke te oorkom of die seën op verwikkelinge te plaas. Dan was daar ook groot massakonferensies sodat al die politici tog hul sê kan sê en die mediadekking ’n slag hul ego’s kan streel. Daarby was daar ook bilaterale en multilaterale gesprekke oor gemeenskaplike probleme en, les bes, hoogs geheime gesprekke met radikale groepe wat wel hul stui­wer in die armbeurs wou gooi maar nie gesien wou word dat hulle met ’n regering onderhandel wat nie deur hulle erken word nie.

      Van die onderhandelinge het op skrif geskied, veral wanneer partye spreekwoordelik polisse wou uitneem sodat hulle aan die ondersteuners kon wys hoe knap en oortuigend hulle die saak van die party gestel het.

      Daar was ook geleentheid vir vertroulike fluisteringe en versugtinge om die water te toets. Agterna sou almal natuurlik ten dode ontken dat sulke gesprekke ooit plaasgevind het. Soms was dit ’n wenslys, ander kere ’n subtiele aanduiding van die onderliggende dilemmas in eie geledere. En by ander geleenthede kon dit ’n aanduiding wees dat sekere stappe of vordering nie toe moontlik was nie, maar moontlik wel later.

      Die feit is dat geen bloudruk vir alle staatkundige onderhandelinge geld nie, maar dit kan riglyne bevat wat deur ervaring, kundigheid en ondernemingsgees tot die suksesvolle ontlonting van revolusies kan lei.

      Praat van Grieks! Dit is sekerlik wat ’n buitestaander van die Regering se onderhandelingstrukture sou dink.

      Daar is ’n AK11 wat aan die KGO rapporteer wat die BGO vervang het en aan die BGH verslag doen wat beleidsake na die UK verwys, terwyl daar op ’n syspoor die WVVS en VIK is wat met hul eie agenda alle koördinasie bedons – en oor dit alles hou die Kabinet, in teorie, toesig.

      Aanvanklik was die Beleidsgroep vir Onderhandeling (BGO) daarvoor verantwoordelik om die Regering se onderhandelinge te bestuur. Dit is later ná Kodesa 1 deur die Beleidsgroep vir Hervorming (BGH) vervang. As dagbestuur vir die BGH is die Kerngroep vir Onderhandeling (KGO) daargestel wat die daaglikse bestuur moes hanteer en die BGH in staat stel om beleidmakende koers aan te dui. Dié strukture het almal amptenare ingesluit.

      Die BGO was die strategiese beplanningsgroep van die Rege­ring waarmee die werklike proses van staatkundige onderhandelinge afgeskop is. Bekende swaargewigte het daarin gedien: Pik Botha, Gerrit Viljoen, Dawie de Villiers, Kobie Coetsee, Barend du Plessis, George Bartlett, Hernus Kriel, Roelf Meyer, Tertius Delport en later van tyd tot tyd Leon Wessels, Sam de Beer, Jac Rabie en andere wat na gelang van die agenda betrek is.

      Die BGH moes op sy beurt aan die Uitgebreide Kabinet (UK) verslag doen waar pres. De Klerk die voorsitter was en wat hom geleentheid gebied het om politici en amptenare saam te laat beraadslaag. Die Kabinet het uiteraard die laaste sê gehad.

      Om die staatsdiens se vermoëns te koördineer is ’n amptenarekomitee – die AK11 – daargestel wat normaalweg uit twee depar­tementshoofde bestaan het van die tien staatsdepartemente wat by elk van die Kodesa-werkgroepe betrokke was. Die AK11 het met my as voorsitter uit 11 lede bestaan (vandaar die naam) en het gereeld soos klokslag vergader. Sy werksaamhede het later ingrypend verander.

      Onder Coetsee se leiding is nog twee komitees in die lewe geroep: die Werkkomitee vir Veiligheid en Veiligheidsverwante Sake (WVVS) en die Veiligheidsinligtingkomitee (VIK). Die woord “veiligheidsverwant” was klaarblyklik betekenisvol; dit was dui­delik Coetsee en die veiligheidsmagte se verskuilde poging om regstreeks by die onderhandelinge gemoeid te wees. Tot vandag bly dit ’n raaisel waarom die president Coetsee toegelaat het om sy eie empaaier neffens die bestaande strukture te bou.

      Verder is tientalle ad hoc-komitees van tyd tot tyd gevorm wat met verskillende onderhandelingsvennote oor uiteenlopende temas beraadslaag het, soos


Скачать книгу