Raaiselklip. Troula Goosen

Читать онлайн книгу.

Raaiselklip - Troula Goosen


Скачать книгу
Sy hou haar hand uit.

      “O, dit?” Gabriel bekyk die snaakse houtsandaal. Dan gee hy dit vir haar aan. “My naam is Gabriel,” stel hy homself voor.

      Die meisie glip die sandaal aan haar voet. “Wat soek jy in die Komediehuis? Het sy jou gestuur? Ek’s dood as jy haar vertel ek het hier kom oefen.”

      “Van wie praat jy? En hoekom noem jy dit die Komediehuis? Ek dog dis Di Schouwburg?”

      ’n Frons verskyn tussen haar fyn wenkbroue. “Jy is nie van hier nie, nè?”

      Gabriel skud sy kop. “Jammer om te sê, ek weet nie waar ek is of wat ek hier doen nie. Maar ek is nie van plan om op enigiemand te klik nie. Veral nie op jou nie.”

      Die meisie se skouers ontspan effens. “Ek moet gaan.”

      “Nie voor ek weet wat jou naam is nie. Asseblief?”

      Sy byt haar onderlip vas. Uiteindelik antwoord sy nogtans. “Zytia. My naam is Zytia.”

      “Dis ’n mooi naam. Soos jou musiek.”

      Haar mondhoeke pluk. “Jy ken nie die slawe se naam vir die teater nie, maar jy hou van slawemusiek? Regtig?”

      “Is dit sláwemusiek?” Dit voel vir Gabriel asof ’n hand sy keel toedruk. “Maar jy’s tog nie … ?”

      ’n Skaduwee vee oor Zytia se gesig, maar voor sy kan antwoord, klink daar ’n geluid buite op. Perdepote. Die gerammel van koetswiele. Dit dreun voor die teater verby en verdwyn dan weer straataf.

      Zytia gee ’n benoude gilletjie. “Jy hét haar gesê!” fluister sy. Toe vlieg sy om en hardloop na die voordeur.

      “Zytia, nee!” Gabriel sit haar agterna en gryp haar aan die pols, maar sy buig haar kop en sink haar tande weg in die rugkant van sy hand.

      “Au! Vir wat doen jy dit?” Hy pluk sy hand terug. “Ek sal jou niks maak nie. Ek wil net …”

      Zytia hardloop na die voordeur. Teen die tyd dat Gabriel daar kom, het die maanlignag haar ingesluk. Hy staan nog so met sy hand teen sy lippe en die ystersmaak van sy eie bloed in sy mond, toe hy weer die geluid van perdepote hoor. Vinnig duik hy in die skaduwees weg, net betyds om te sien hoe kom ’n swart koets getrek deur vier silwerwit perde om die hoek. Die koets gooi ’n draai oor die verlate plein. Klippies spat. Die perde word ingetrek en die koets kom tot stilstand.

      Gabriel hou sy asem op. Dit voel amper asof wie ook al daar binne is besig is om die teater te bekyk. Maar hoekom? En wie is dit?

      ’n Sweep klap, een van die perde runnik en die koets begin weer beweeg. Dit draai straataf, maar nie voor ’n maanstraal agter die wolke uitkruip nie. Vlugtig gewaar Gabriel ’n gesig agter die ruit. Dis die gesluierde gesig van ’n vrou.

      ◊ 4 ◊

      Kadwa! Gabriel skrik wakker toe ’n skoot agter sy kop klap. Genugtig! Iemand is besig om met ’n donderbus op hom los te brand.

      Hy vlieg op, verloor sy balans en tuimel kop eerste in wat soos ’n smal gangetjie voel. Deurmekaar val hy plat en hou sy nek toe met sy hande.

      Niks gebeur nie.

      Amper te bang om te roer, luister Gabriel. Daar is geluide, maar gelukkig nie weer ’n skietery nie. Ná ’n rukkie waag hy dit om homself uit die nou ruimte te wurm. In die flou lig wat deur die vensters val, sien Gabriel dat hy tussen twee rye stoele beland het. Verdomme! Hy is nog steeds in die ou teater; hy moes op een van die stoele aan die slaap geraak het. En dit nadat hy gedink het hy gaan die hele nag nie ’n oog toemaak nie.

      Nog ’n skoot klap. ’n Bees bulk en iemand fluit skerp. Gabriel se hart sink. Buite is ’n vreemde dorp besig om wakker te word.

      Kaapstad.

      As Kasper, Bartel en Elian gedink het ’n nagrus gaan sy geheue verfris, was hulle verkeerd. Hy kan niks oor sy verlede onthou en hoe hy in hierdie plek beland het nie.

      Vies vee hy ’n spinnerak uit sy kuif en klap die stof van sy mantel. Wat nou? Hy het ’n kamerpot nodig. Soos in dadelik. Boonop voel sy mond of ’n rot daarin nes gemaak het en kerm sy maag dat dit eeue laas kos gesien het. Hy moet hier uitkom. Iets te ete kry. En antwoorde soek.

      Maar kan hy dit waag?

      Kasper het uitdruklik gesê hy moet laaglê tot hulle terugkom, maar as hy die hele dag in die spokerige ou teater moet wag, gaan hy gek word. Niks kan mos verkeerd gaan as hy Kaapstad so ’n bietjie verken nie.

      ’n Sterk wind pluk aan sy mantel toe hy die voordeur oopmaak. Verbaas steek hy vas. Die plein wat die vorige nag verlate was, is nou ’n geroesemoes van bedrywighede. In een hoek staan drie waens uitgespan terwyl ’n vierde, getrek deur tien rooibruin osse met wye horings, besig is om van die straat se kant af in te kom. Stofdampe warrel op en honde skarrel weg voor die hoewe.

      En die mense! Hy vergaap hom aan die mans met die wye hoede wat met kaparrings aan hulle voete ronddraf, party met drastokke oor hulle skouers waaraan hulle mandjies vol groente of emmers melk balanseer. Is dit Zytia se mense? Dit lyk nogal so aan hulle soel velle. Ingedagte vryf hy oor die seerplek op sy hand waar sy hom die vorige nag gebyt het.

      Drie soldate wat op die trappies rondsit, laat Gabriel vassteek. Rooi uniforms, h’m. Kasper het hoeka gisteraand gesê die Kaap was eers ’n Hollandse kolonie wat nou onder Engelse bewind is. Hoe gaan hy by hulle verbykom?

      Die drie is egter so besig om dobbelstene te gooi en nou en dan ’n sluk uit ’n fles langs hulle te vat, dat Gabriel dit waag om sy mantelkap diep oor sy oë af te trek en verby te glip. Vinnig smelt hy tussen die mense in. Sjoe! So ’n bont mengelmoes van bruin, wit en swart velle het hy nog nooit gesien nie.

      “Oppas daar!” ’n Stem skree en die lywe naaste aan hom maak plek vir twee gespierde swart mans wat met ’n drastoel tussen hulle verbydraf. Gabriel trek sy oë op skrefies. Wie is daar binne? Dalk die gesluierde vrou wat die vorige nag in haar swart koets rondgejaag het? Onwillekeurig prik die haartjies op sy arms. Dan lig die wind die gordyntjies effens. Dankie tog. Net ’n ou man met ’n knypbrilletjie en geknoopte krawat wat half aan die slaap met sy kop op sy dubbele ken sit.

      Gabriel slaan sommer ’n rigting in. Die geur van gaar vleis gemeng met vreemde speserye hang oor die plein. Dit laat sy mond water, maar sonder munte in sy sak sal hy maar moet honger ly. Al wat hy kan doen, is om die dorp te verken in die hoop dat hy iets sien wat bekend lyk.

      So in die loop kyk hy rond. Agter hom oorheers die berg wat soos ’n tafel lyk die horison, met weerskante daarvan nog twee pieke. Seemeeue kras in die lug. Maar niks, niks lyk bekend nie. Dis asof hy in ’n heel ander wêreld wakker geword het.

      Hy loop verby een van die ossewaens en ’n beweging vang sy oog – die skraal geelbruin lyf van ’n touleiertjie wat om die hoek verdwyn. Verbaas steek Gabriel vas. Dis dieselfde seun wat hy die vorige nag met houtskool teen die muur geteken het.

      “Wag!” roep hy agterna.

      Die seun kyk nie om nie. Maak net sy rug hol en laat waai straatop. Gabriel sit hom agterna, maar die seun is vinniger as ’n hert. Loshande voor kom hy eerste by ’n lae witgekalkte muur. Hy spring ligvoets oor, maar toe hy aan die ander kant in ’n watersloot land, struikel hy oor ’n steen in die plaveisel. Gabriel is vinnig by en gryp hom aan sy arm.

      “Los my uit, seurtjie, ek het niks gemaak nie. Ek sweer!”

      “Waarvan praat jy … ?” begin Gabriel, maar dan droog sy woorde op. Hoe kon hy hom so misgis? Dit is nie die seun van sy tekening nie. Hierdie knapie is ten minste twee jaar jonger en het nie ’n litteken op sy voorkop nie.

      “Jammer.” Gabriel verslap sy greep. Die seun vat sy kans. Hy skarrel uit die sloot en verdwyn tussen ’n ry huisies wat skuins teen die berghang vasklou.

      Verward druk Gabriel met sy vingerpunte teen sy slape. Sien hy nou helder oordag gesigte, of wat? Maar hier kan hy ook nie bly staan nie, nie as hy wil uitvind wie hy is en waar hy inpas nie.

      Hy


Скачать книгу