Wenkbrou. Deborah Steinmair
Читать онлайн книгу.ke koetsa e kakaang
E ka ba o fe molomo, o ka o bolelang?
Na e sa le, o mphihlela, ke maketse feela
Na e sa le, o mphihlela, ke maketse feela
Jesse vertaal teen Aga se oor: “God se genade is ’n skat, dis dieper as die diepste waters, sedert ek dit gevind het, is ek verstom, is ek verstom. My ma het dit ook gesing.”
Josias haal sy hoed af en druk dit teen sy bors.
Die kers flakker, gooi die handdoek in.
Modimo o n’o mphumane, tseleng ea tahleho
Tsa lefatse di ntahile, ke fedile kutlo,
Ke pheela, ke mathela, bosaoana feela
Ke pheela, ke mathela, bosaoana feela.
… kweel die engelekoor in die donker. Buite knal donderweer en ’n bliksemstraal verlig die vensters agter die gordyne vir ’n spookagtige oomblik.
— Rouklaers sal op die straat rondgaan —
Aga en Jesse staan teen die verste muur geleun. Aga vat Jesse se hand en hulle skuif stadig met hul rûe teen die muur af tot hul sitvlakke plankvloer voel. Dit kan ’n lang nag word. Aga loer na haar horlosie. Dis drie-uur. Die nonnekoor sing nog. Josias het die kers weer aangesteek. Groteske skadu’s skuif oor die muur, skadupoppe van die wiegende koorlede. Aga se kop sak stadig tot op Jess se skouer. Haar oë gaan toe.
Sy ruk wakker. Dit reën nog. ’n Dun vinger daglig tas deur ’n opening in die gordyne. ’n Malse voëlkoor ding met die nonnekoor mee. Daar is ’n klop aan die buitedeur. Josias gaan maak oop.
Aga wonder of sy ’n toeval gehad en aan die ander kant van die spieël beland het. Alles is onwerklik; ’n periodefliek in halflig. ’n Lang ry swartgeklede wit mans stap die vertrek in enkelgelid binne. Soos Josias is hulle bebaard en behoed. Hulle gaan staan in ’n halfmaan om die kis. Daarna marsjeer ’n statige ry wit vroue, ook in enkelgelid, die vertrek binne. Hulle dra lang swart rokke, kappies (sowaar!) en dienlike stewels, effens bemodderd. Hulle vorm ’n tweede halfmaan, aan die ander kant van die kis. Dit herinner aan ’n fries by die Voortrekkermonument of ’n stokou kollektiewe nagmerrie. Slaap sy nog?
Aan die een punt van die halfmaan kyk die kleinste, oudste vroutjie, krom soos ’n haakspeld, stadig op na hulle. Haar oë is rooi, sy klem ’n mansakdoek vas. Haar blik val op Jesse en sy snak na haar asem: “Johanna!” gil sy. Sy vou by die middellyf dubbel en knipmes vloer toe. Twee van die ander vroue kry haar onder die arms beet en hou haar regop. Sy hang slap, ’n voëlverskrikker, ’n marionet in ’n lang swart rok.
Jesse lig haar kop by die aanhoor van die ou vroutjie se stem. Sy ruk. “OUMIE!”
Een van die mans, met ’n lang, yl wit baard, staan nader. “Hy wat heen is het alle kontak met die afvalliges ten strengste verbied. Johanna is van die teenswoordige wêreld, in sonde ontvang en gebore. Buite die raadsplan. Onrein. Sy hoort nie in die binnekring tuis nie.”
Hy tel die Oumie-lappop op en dra haar dieper die huis in. Aga vat Jesse se hand, fluister soos ’n kommentator: “Jou ouma het flou geword. ’n Volgeling het haar weggedra. Toemaar, ons sal ’n manier kry om haar te sien. Johanna?”
— Dood, waar is jou angel? —
Die oggend is nat en grou. Aga en Jesse stap agter die begrafnisstoet aan, op ’n versigtige afstand. Voor stap die broeders. Ses van hulle dra die kis op hul skouers, die res volg in enkelgelid. Dan volg die Susters, snikkend. Die Sêsi-nonne vorm ’n waardige agterhoede, steeds singend. Die heel agterste non tokkel ’n trekklavier, blaai hom oop, laat hom hyg en weeklaag teen haar ruim buik. Die hele toneel los op in sagte reën. Die plaashuis sit op ’n rant; die vensters kyk uit oor mistige valleie. Aan en aan stap hulle deur die motreën. Dis eendeweer; universele begrafnisweer. As dit ’n kunsfilm was, sou Aga die regisseur beskuldig van ’n swaar hand, van leun op geykte clichés. Dis mistroostig soos die einde van die wêreld. Die toneel is swart-wit met spatsels groen: die grasvelde. Reëndruppels klou aan haar wimpers vas. Sy wens amper vir die beskerming van ’n kappie.
Toe hulle naby die oop gat op die skouer van die heuwel kom, steek een van die swartkraaibroeders viervoet vas. Hy wys met bewende voorvinger na hulle: “Trek nie in dieselfde juk met die ongelowige nie. Die Susters is onrein, wêrelds. Hulle hoort nie in ons midde nie. Dis ’n heilige dag.” Sy stem is temerig, sy baard lig in die nat windjie; spookasem.
Suster Rut stap tot by hom, plant haar groot lyf voor hom. “Keneuoe bly in ons midde. Dis die volheid van die tyd. Sy is gestuur. Dis haar bloed.” Ysere gesag in haar welluidende stem. Die broeder draai om, stap druipstert weg.
Die onafgewerkte kis word sonder seremonie in die gat gegooi en ’n paar arbeiders steek grawe in ’n hoop los grond. Kluite klap en die werkers neurie. Nie ’n woord word gespreek nie. Die broeders en susters stap stadig weg terwyl die Sêsi agterbly en sing. Die trekklavier dawer nou amper triomfantelik, ’n mars. Voorwaarts in die stryd. Aga en Jess bly ook agter. Dis duidelik waar hulle moontlik ’n aks welkom is.
Suster Rut kom vat Jesse aan die hand.
“Dis volbring, Keneuoe. Die mens – soos die gras is sy dae. As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie. Ons is leierloos, skape sonder ’n herder. Julle kom aanstons saam met ons kliphuis toe. Dis veel meer as ’n hanetreetjie hiervandaan, weliswaar ’n stewige staptog.”
— Beroem jou nie op die dag van môre —
Aga fluister teen Jesse se nek: “Die kliphuis lyk reusagtig, Jess. Mooi soos ’n katedraal van hier af. Hoë, spits grasdak. Oppas, eerste trappie. Daar is ’n lang stel, al met die rantjie op. Geen pad vir motors sover ek kan sien nie.”
Hulle is nog steeds in ’n kunsfilm. Die lug is grys, die geelgroen grasvelde wasig. Op die boonste trappie gaan Suster Rut staan. Sy fluit deurdringend. “Sy roep die bobbejaan,” fluister Jesse. “Hulle het altyd ’n bobbejaan. Die kliphuis se brandwag.” ’n Uitgevrete bobbejaan kom waardig nadergewaggel en wys sy agterstewe in ’n groetgebaar. ’n Entjie agter hom is ’n troppie van nege. Hulle sit afgetrokke na die horison en tuur. Toe die hele groepie op die hoogte voor die kliphuis staan, beweeg die hoofbobbejaan doelgerig op Aga en Jess af. Sy stert sekel en sy geel tande is ontbloot. Dis nie ’n verwelkomende gesig nie. ’n Sagte fluit en ’n handbeweging van Suster Rut laat hom neersyg op sy sitvlak. Hy kyk anderpad. Hulle stap versigtig verby.
“Nog trappies, Jess. Sewentien. Na die voordeur. Die enigste deur, lyk dit my,” verduidelik Aga.
Hulle staan in ’n ingangsportaal. Dis skemerig. Daar is nie vensters om uit te kyk oor die veld nie, net klein venstertjies vlak onder die balke van die grasdak, hoog. Op ooghoogte, ver van die gras en hout, is holtes vir kerse uit uitstaande sandstene gekalwe, reg rondom die vertrek. Die dik geel kerse lyk handgemaak. Die plankvloer is hoog gepoleer. Dis strak en sober. Daar is geen versierings, geen blombakke, vase, muurbehangsels of matte nie.
Hulle stap deur ’n lang, nou gang. Die vloer is van klip. Dit moet ysig wees in die winter. Daar is deure aan weerskante van die gang; swaar houtdeure. Elke deur is toe. Aga verbeel haar spartaanse nonneselle agter die deure. Suster Rut kyk oor haar skouer.
“Keneuoe. Oornag julle tesame, of apart?”
“Saam, asseblief, Suster.”
Sy sluit ’n deur oop, haal dan die sleutel uit en steek dit in die binnekant van die deur. Aga maak haar reg vir ’n klein kamertjie met twee enkelbeddens. Die kamer, halfdonker, is ruim. Suster Rut trek die swaar gordyne oop. Daar is ’n dubbelbed, groot, van donker hout. Daar is ’n dubbelhangkas en voor die venster wat uitkyk op die vlakte doer onder, ’n groot lessenaar met twee stoele. In die hoek is ’n kleiner vertrekkie: toilet, stort en wasbak. En suite!
“Dis luuks, Jesse. Sonder fieterjasie of versiering, maar ruim en vol lig.”
Suster Rut maak die