Mia. Mariska Robberts
Читать онлайн книгу.who strengthens you (see Phil 4:13). And on the other side of trials, you will see how God turned those experiences into good for your life (see Rom 8:28) …
When you are tempted to become disconnected, remember, “This too shall pass.” Your afflictions are “light and momentary” from the perspective of eternity.
No matter how bad your current situation may look, God loves you! Never let go of the truth that God loves you, no matter what happens in your life. You can trust that everything will work out because of his great love for you.
Jammer, Here. Hierdie boodskap is nog nie vir my ’n werklikheid nie. En jammer oor al die wonder en vrae en onbeholpenheid met die verstaan. Ek wil dit glo.
Dit is nie my bedoeling om U hartseer te maak nie. Ek worstel met my pyn en ek bevraagteken dinge in my hart. Help my om hierdeur te kom.
Help my en my man en seuns om anderkant uit te kom en U weer te beleef soos ons moet. Om weer vreugde, vrede, voorspoed en guns te beleef. Ek weet dit is wat U vir ons beplan – ons moet dit net raaksien en ontvang. Help my daarmee.
Dankie vir u vertroosting en genade. Dankie dat U vir Mia gisteroggend vir my gewys het.
Pienk tulpe
Só het ek amper elke dag vertroosting gaan soek aan die voete van my Here. Soms het ek net gehuil, maar meestal het ek geskryf. Ek het geskryf wat in my hart is, want ek kon nie die woorde op enige ander manier uitkry nie. Dit was eenvoudig te seer.
Op 22 April, drie dae ná die spesiale belewenis in my binnekamer, sit ek onder ’n boom op ’n bankie by die seuns se skool en wag vir die klok om te lui. Ek sien haar naderstap. ’n Blonde vrou wat ek nie ken nie en met wie ek nog nooit gepraat het nie. Ek het haar wel al voorheen gesien. ’n Mooi vrou. Sy is in ons kerk. Ek weet daarom sy ken my storie. In haar hande is ’n bos helderpienk tulpe, regtig helderpienk.
“Ek ken jou nie,” sê sy vir my. “Maar … die Here lê dit nou al ’n paar dae op my hart om vir jou ’n bos pienk blomme met pienk angel hair te gee. Hy het vir my gewys hoe die blomme moet lyk,” gaan sy voort. Selfs die pienk angel hair? wonder ek. En toe sê sy die enigste engelhare wat die bloemiste gehad het, was die paar draadjies wat sy tussen haar vingers vashou.
As dit nie pienk was nie, sou dit onsigbaar gewees het. Elke nou en dan lig die wind die “haartjies” op, en dan gaan lê dit weer tussen haar vingers.
“Die Here het vir my gewys ek moet vir jou sê die droom wat jy oor jou dogtertjie gehad het, moet bevestig word.” Sy sê dit net so. En toe praat sy vinniger. “Baie sterkte vir jou. Ons bid vir julle.”
Ek sien nie baie tulpe hier in Bloemfontein nie. Dis ’n wintersblom. Perfek vir hierdie ysige seisoen in my lewe, dink ek.
En op hierdie 22ste dag van April 2013 word hoop weer deel van my lewe. Ek weet nou ek het die droom oor Mia nie uitgedink nie.
Só klink my dagboek-gebed op hierdie dag:
Baie dankie, Pappa Vader, dat, al voel ek by tye daar is ’n groot gat tussen my en Jesus, U eintlik so naby aan my is en my seer sien en voel.
Ek wil vra dat U vir my en my man meer van hierdie beelde of drome sal wys. Here, ek vra dat sy sal aanhou leef voor my geestesoë sodat ons kan aanhou vashou aan u beloftes dat ons haar weer gaan sien, by U, eendag.
Net daarna stuur iemand vir my hierdie teksboodskap:
Can anything separate us from the love of Christ? Can trouble, suffering, and hard times, or hunger and nakedness, or danger and death?
– Romans 8:35 (CEV)
Ek maak ’n nota in my dagboek, ná die geskenk van die blomme, ná my gebed, ná die teksboodskap:
Nie eens die dood sal my kan skei van U nie, my Pappa Vader.
26 April 2013
Vanaf my kamer se balkon sien ek op hierdie aand ’n sonsondergang wat ’n mens moeilik in woorde kan beskryf.
Daar was enkele donkerige wolke en hope pienk, rooi en oranje strepe wat deur die wolk geloop het. Dit was mooi. Dit was intens. Dit het amper gelyk soos ’n rivier van lawa wat deur die donker wolke beur. Vernietigende lawa wat alles wat voorkom, doodbrand. Dalk ’n simbool van die versmorende pyn wat ek binne-in my ervaar het?
Links onder die sonsondergang, tussen die donker bome, sien ek toe ’n helder weerkaatsing. Die laaste lig van die son wat steeds helder skyn, ongeag die dramatiese kleure wat daarmee wil meeding. Dalk my teken van hoop, êrens op die horison?
Links bokant die wilde sonsondergang was die lug doodgewoon blou, net soos elke ander dag. My lewe, soos ek dit toe gesien het, het voor my afgespeel, sigbaar vanaf my balkon: Te midde van die wilde, woeste storm wat in my gewoed het, was die dag vir ander mense net nog ’n doodgewone bloulugdag.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.