Etosha. Piet van Rooyen
Читать онлайн книгу.vreemdeling. Daardie seuns wat kleintyd saam met hom huis-huis, beeskraal en die jagspeletjies gespeel het, het nou groot manne geword, in eie reg reeds die eienaars van beeste, al die bontes in hulle verskillende kleurskakerings. Hy weet dat hulle ’n man nie aan sy prestasie beoordeel nie, maar dat sy waarde deur sy beesgetalle bepaal word. Hy weet daar moet van sy eie beeste hier in die trop wees, dat sy ooms na hulle omsien, sy ma die koeie melk. Dis steeds sy bees, maar hy ken hulle nie elkeen meer by die naam, soos in die ou dae nie. Daarvoor was hy te min hier, te lank weg. Tog kom die klopping van die woorde wat sy pa hom geleer het skielik in sy kop terug, die ou name wat vir al die skakerings van die velle gegee word.
Sy maats van kleintyd neem hom gemaklik weer in hulle geselspraatjies op. Die jong manne kom sluit by hom aan waar hy oor die werf sit en uitkyk. Maar dis tog asof hy niks meer vir hulle te sê het nie. Dit pla hom. Hulle gesprekke oor die jag, oor familie en oor beeste het so ver verwyder geraak van die dinge waarmee hy hom daar in die stad besig gehou het, al die slim teorieë waarmee hy hom in sy klasse bemoei het. Hy neem hulle nie kwalik nie. Hý is die een wat nie inpas nie, wat ontuis voel, nie hulle nie.
Hy probeer weer die taal van die ou dae praat, van daardie dinge waarmee hulle hulle toe besig gehou het. Soms sien hy hulle onderlangs vir mekaar kyk en lag. Op ’n manier is hy die een wat vasgesteek geraak het in ’n kinderverlede; hulle dié wat reeds daarby verbygegroei het. Maar hy besef dat hulle hom nie kwalik neem vir sy onkunde nie, dat die lag hom nie kwaadgesind is nie. Hy probeer hard om te wys dat hy een van hulle is.
Hulle vrae oor die stadslewe droog gou op. Daar is nie veel wat hulle amuseer uit ’n wêreld waarvan hulle nie deel is nie. Die blou berge wat wyd om hulle lê, die warm drukking van die lug op hulle kaal skouers, die beeste wat lui in die kraal rondstaan, die skril gefluit van die stilte om hulle, dis waarin hulle bestaan, waar die wêreld vir hulle eindig en begin.
Sy ma kan hom niks meer vertel van sy pa se verdwyning nie. Dis asof sy selfs minder weet as wat Kapia laat blyk het, asof sy nou, na sy pa se verdwyning, elke wete, alle aandeel in sy laaste jagtog wil ontken. Hy weet dis nie weens dislojaliteit nie, sy ma is nie so nie. Dis eerder uit ’n poging om nie die voorouers met haar eie raaiskote uit te daag nie.
Sy oom is die een wat raad het, sy ma se oudste broer: “Jy moet vir Johannes Tjongarero gaan sien. Hy is die een wat die saak vir jou sal kan uitlê. Hier by ons is jy die naaste een aan jou pa, aan sy bloed. Jy is die een wat die sterkste medisyne vir hom dra. Jy moet gaan, dat Tjongarero vir jou die pad kan wys.”
Teen die aand, toe al die werk klaar is, kom haal Kakambi hom om saam met haar die skemer in te stap. Hy staan op, onkant betrap deur die onbevangenheid van haar uitnodiging. Hy weet goed wat dit is wat sy so onbeskaamd na vra.
Daar is ’n veraf gesuis in sy ore. Sy wange voel ongemaklik warm. Hy kyk om en sien hoe die ander jong manne hulle met ’n grinnik sit en bekyk. ’n Glimlag steel oor sy gesig.
Kakambi is reeds vooruit op pad in die rigting van die skuiling van die bos. Hy stap agter haar aan.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.