Emma en die geheime gang. Marianna Brandt

Читать онлайн книгу.

Emma en die geheime gang - Marianna Brandt


Скачать книгу
laat voel, dink Emma later aan tafel. Hendrik sit oorkant haar en sy is verbaas om te sien hy is tevrede met graanvlokkies en een snytjie roos­terbrood met kaas.

      Sondagmiddag toe hulle terugry koshuis toe gee Emma se ma vir haar en Hendrik elk ’n blik beskuit saam. Sy voel sleg om vir haar ma te sê sy moenie vir hulle eetgoed koshuis toe gee nie. As haar ma weet hoe baie hulle daar kry om te eet sal sy nooit van kos praat nie, dink Emma toe sy vir haar deur die venster waai.

      ’n Uur later hou hulle voor die koshuis stil. Kort daarna hou die twee kinderhuisbussies ook onder die bome stil.

      Hulle pa stap saam met hulle, en toe hy groet, sê hy: “Ont­hou nou, Emma, ek en Ma gaan volgende naweek Kaap toe. Dan moet julle in die koshuis bly. Ek sal met me­vrou Snopke reël.”

      “Eh … goed, Pa. Veilig ry.”

      ’n Naweek in die koshuis! Hoe gaan sy dit oorleef? Em­ma en Hendrik waai vir hulle pa en dan draai sy om na Janine wat eenkant vir haar staan en wag.

      “Hallo … Het jy gehoor wat my pa sê? Volgende naweek moet ek en Hendrik in die koshuis bly!”

      “As jy wil, kan ek saam met jou inbly,” bied Janine aan.

      “Great! Ten minste is ek dan nie alleen nie. Anja en Willa bly net een naweek ’n maand in.

      “Hoe was jou naweek?” vra Janine.

      “Lekker. Ek het net musiek geluister en min geëet,” sê Em­ma.

      “Ek ook. My pa het my net ná middagete kom aflaai, want hulle moes nog weer terugry. Die tyd by die huis het om­gevlieg. Ek kan nie wag vir ’n langnaweek nie.”

      Mevrou Snopke verskyn skielik agter hulle.

      “Middag, meisies,” sê sy. “Dis meneer Snopke se verjaars­dag. Ons het vanaand ’n spesiale ete en tee daarna vir hom. Ek wil julle in die eetsaal sien. Meneer Snopke sal dit baie waardeer as julle sy verjaardag saam met hom vier.”

      “Dankie, Mevrou. Ons sal daar wees,” antwoord Janine nog voor Emma iets kan sê.

      Op pad kamer toe ruil Emma en Janine selfoonnommers uit. Anja en Willa stap by hulle verby. Willa kyk oor haar skouer.

      “Het julle gehoor? Dis meneer Snopke se verjaarsdag. Ons gaan partytjie hou!”

      “Ja, ek het gehoor,” sê Emma en hoop sy klink net so op­gewonde. In haar kamer SMS sy gou vir Janine:

      Onthou plastieksak!

      Toe hulle later in die eetsaal kom, staan daar by elke sitplek ’n groot cream soda-melkskommel. ’n Stilte sak oor die kinders neer toe hulle daaraan begin weglê.

      “Kan ek joune kry?” vra Anja.

      “Met plesier.” Emma sit die melkskommel voor Anja neer. Sy kan sien daar is baie meer melk in die melkskommel as wat hulle gewoonlik kry.

      Mevrou Snopke staan in die middel van die eetsaal en kyk tevrede oor die leë glase.

      Die eetkamerdeur gaan oop en haar man kom staan langs haar.

      “Baie dankie vir al die verjaardagkaartjies en goeie wen­se wat ek van julle ontvang het. Ek waardeer dit. Julle maak my en Mevrou so trots. Daar is nie ’n skool in die land wat soos julle presteer nie. En ons gaan dit so hou. Geniet die ete saam met ons,” sê die skoolhoof in sy diep stem.

      Toe dra die kelnerinne soos gewoonlik die kos binne. Anja en Willa kan nie wag om in te skep nie.

      “Ek is verskriklik honger,” sê Anja. “Ek kan die hele boud alleen opeet.”

      Emma vergaap haar aan die meisies by haar tafel. Dis asof hulle in vrate verander wanneer die kos op die tafel beland. Hulle kan nie vinnig genoeg inskep nie.

      ’n Uur later stap hulle terug kamer toe. In Emma se skouer­sak is die plastieksak met die heerlike kos wat nou moet vullisblik toe. By die klein tafeltjie in die gang maak sy ook haar blik vol eetgoed soos Anja en Willa en stap saam met hulle kamer toe.

      “Ek gaan bad,” kondig Willa aan. “Ek wil vroeg in die bed klim.

      “Ek ook,” sê Anja en haal haar nagklere uit die kas.

      Terwyl hulle weg is, SMS Emma vir Janine:

      Ek gaan vullishouers toe. Kom jy?

      ’n Sagte klop aan die deur laat Emma opspring en na haar skouersak gryp. Sy maak die deur op ’n skrefie oop, maar ge­lukkig is dit Janine.

      “Ons moet versigtig wees. Die kombuispersoneel is dalk ook daar rond, besig om goed weg te gooi,” sê Emma toe hulle in die gang afstap.

      Terwyl Janine waghou, voel Emma aan die sydeur.

      “Dis gesluit,” fluister sy.

      Janine kyk met groot oë na haar.

      Emma raak yskoud toe die aantreklike meneer Jorrie Val­­kens skielik agter hulle verskyn en met ’n frons na hulle kyk. “Probleem, meisies?”

      “Eh … nee, Meneer,” sê Emma en skielik voel haar tong dik.

      “Wou julle uitgaan vir ’n rokie?”

      Geskok kyk Emma en Janine na mekaar.

      “Eh … nee, Meneer,” stamel Emma.

      Meneer Jorrie Valkens glimlag. “Ek gaan julle nie vra wat in julle sakke is nie. Maar julle weet rook word nie op die perseel geduld nie.”

      “Ons weet, Meneer,” sê Janine.

      “Goed dan,” sê meneer Valkens en stap weg.

      Teleurgesteld, maar ook verlig gaan hulle terug kamer toe.

      “Kan jy dit glo?” sê Emma. “Hy is soos iets jiggie wat uit­kom wanneer jy dit die minste verwag. Nou weet hy ons wil by die sydeur uitgaan. Ons sal versigtig moet wees.”

      “En hy dink sowaar ons rook,” giggel Janine. “As hy maar weet.”

      “Hm, wat ons doen, is erger as rook,” sê Emma. Sy het nog nooit so skuldig oor iets gevoel nie.

      “Wat maak ons nou met die kos?” vra Janine bekommerd.

      “Ek weet nie. Ons kan dit dalk in die toilette gaan af­spoel.”

      “Maar wat as dit die goed verstop?”

      “Ja, ons kan dit nie waag nie,” sê Emma ingedagte.

      “Ons kan nie die sakke kos in ons kaste bêre nie. Dit sal vrot,” sê Janine. “Ek wonder wanneer word die sydeur saans gesluit.”

      “Geen idee nie, maar die dagpersoneel bêre die sleutels seker iewers nadat hulle gesluit het,” sê Emma. “Waar dink jy is hulle?”

      “Mevrou se kantoor dalk?”

      “Of Meneer s’n. Ek het nie ’n sleutelrak in Mevrou se kantoor gesien nie. Maar sy hou die kamersleutels in ’n laai in haar lessenaar. Dink jy sy sal die ander sleutels die hele tyd by haar hou?” Emma se gedagtes flits heen en weer.

      “Miskien. Miskien nie,” sê Janine.

      Emma kry ’n ingewing. “Of dalk gee sy dit vir die nagmoeder.”

      “Ja, ek is seker dis in daardie moonbag van haar,” stem Ja­nine saam. “So ons kan vergeet om dit in die hande te kry.”

      Emma kyk op haar horlosie. “Ou mevrou Swartgans kom sewe-uur aan diens, en dis nou al tien oor. Sy’s seker nog by mevrou Snopke om die dag se verslag te kry. Kom ons wag tot ná agt wanneer die Snopkes huis toe is.”

      “Is jy seker jy sien kans vir haar?” vra Janine met ’n frons.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте


Скачать книгу