Ondergang. Terri Blackstock

Читать онлайн книгу.

Ondergang - Terri Blackstock


Скачать книгу
weet nie. Die polisie is op pad. Die brandweer ook.”

      Daar is ’n ongemaklike stilte. Toe bars haar ma uit. “Emily, waarby het jy ons nou weer ingesleep?”

      Die woorde slaan harder as die bom. Sy hoor sirenes in die verte. “Ma, ek weet nie wat aan die gang is nie. Ek het ons by niks ingesleep nie!”

      “Mense sit nie sonder rede bomme onder jou motor nie! Is jy weer met daardie mense deurmekaar?”

      “Watter mense?”

      “Dwelmsmouse! Kranksinnige verslaafdes!”

      “Ma, jy weet ek is nie.”

      “Toe jy so laat snags inkom, het ek geweet iets is nie reg nie. En die werkery by daardie plek met al die versoekings.”

      Emily kan dit nie meer verduur nie. Sy sien die brandweerwa by hulle straat indraai. “Ma, ek moet nou gaan. Hulle is hier.”

      Sy druk die foon dood al weet sy dit sal haar ma net verder aanhits. Sy loop na die begin van die oprit om hulle in te wag.

      Hoofstuk 7

      Hoofstuk 7

      Barbara verontagsaam twee rooi verkeersligte en ’n stopteken op pad na haar huis. Toe sy by haar blok indraai, sien sy die polisiemotors en brandweerwa langs die sypaadjie. Haar keel trek toe en suur brand haar maag.

      Sy hou agter een van die polisiemotors stil, sien die skuim op die grond en die verskroeide plekke wat onder Emily se motor uitsteek. Emily kon dood gewees het!

      Sy tuimel uit die motor toe Lance nader kom. “Ma, dit was met kleefband vasgeplak. Daar was ’n elektriese draad aan die enjin verbind.”

      Die idee van iemand wat by hulle oprit insluip en met Emily se motor peuter, maak Barbara sprakeloos. Sy gaan na Emily, druk haar styf vas en staan toe weg om in haar oë te kyk. Is dit ’n teken dat Emily weer geswig het? Kranksinnige, onverstaanbare goed het gedurig gebeur toe Emily dwelms gebruik het, goed wat nie gebeur met mense wat nugter, ordelike lewens lei nie. “Is jy oukei?”

      “Ja. As Lance nie hier was nie, weet ek nie wat sou gebeur het nie.”

      Barbara draai weer na die motor. “Emily, wie het dit gedoen?”

      Emily kyk selfbewus na die polisieman met wie sy besig was om te praat. “Ma, as ek geweet het, sou ek vir hulle gesê het.”

      Barbara loop na die ondersoekbeampte wat op sy rug op ’n seil lê en foto’s van die bomoorblyfsels onder die motor neem. “Watter soort bom was dit?”

      “’n Tuisgemaakte toestel,” sê hy. “Taamlik onverfynd. ’n Elektriese draad en ’n bottel met petrol wat opgestel is om met ’n vonk aangesteek te word wanneer die aansitter gedraai word. Kon baie erger gewees het.”

      Die polisieman in uniform wat naby die motor staan, draai na Emily. “Het iemand jou onlangs gedreig? Is daar enigiemand wat dalk ’n wrok teen jou koester?”

      Sy druk haar hare agter haar oor in. “Nee, ek kan aan niemand dink nie.”

      “Is daar iemand vir wie jy geld skuld?”

      “Nee, ek skuld niemand iets nie.”

      “Dobbel jy? Gebruik jy dwelms?”

      “Nee, nie een van die twee nie.” Emily kyk haar ma skuldig na. “Ek het ’n dwelmprobleem gehad,” voeg sy by, “maar ek is al omtrent twee jaar dwelmvry. Ek kan jou belowe dat ek geen dwelmkontakte gehad het vandat ons hierheen getrek het nie.”

      “Behalwe dié by die rehabilitasiesentrum,” voeg Barbara by.

      Die polisiebeampte se uitdrukking raak streng. “Is jy nog in rehabilitasie?”

      Emily snork effens en kyk haar ma skerp aan. “Ek is nie in rehabilitasie by die sentrum waarvan sy praat nie. Ek werk by Haven House.”

      “Ek het geweet sy moenie daardie werk doen nie,” sê Barbara. “Ek het geweet dis die verkeerde ding, om gedurig te doen te hê met ander verslaafdes wat …”

      “Hou nou op, Ma!” Emily se wange is bloedrooi. “Hou op met hierdie storie!” Sy kyk weer na die polisieman. “Ek gee nie berading aan die kliënte of enigiets van daardie aard nie. Ek werk Saterdae in die kantoor. Ek antwoord die telefoon, kyk besoekers deur, doen asemtoetse op mense wat verlof gehad het om uit te gaan. Niks wat enigiemand aanleiding kan gee om my dood te maak nie.” Sy kyk op haar horlosie. “Ek moet oor ’n paar minute toets skryf. Kan ek met my motor ry?”

      “Nooit!” roep Barbara. “Emily, die motor was aan die brand! Jy kan nie net inklim en wegry nie.”

      “Wat gaan ek dan doen? Dr. Ingles gaan my nie sonder ’n mediese sertifikaat ’n hertoets laat skryf nie.”

      “Ons sal ’n brief van die polisie kry. Hy sal dit moet aanvaar. Hulle sal bevestig dat jy nie die toets kon skryf nie omdat iemand jou probeer opblaas het!”

      Emily snork. “Ek kan nie vir hom so iets sê nie.”

      “Jy is dus op universiteit?” vra die polisieman. “Is daar enigiemand wat jy kwaad gemaak het? Enige mededingers?”

      “Nee!” sê sy. “Ek kan eerlik aan niemand dink nie.”

      Dit stel Barbara nie tevrede nie. “Julle moet uitvind wie dit gedoen het. Ons sal nie snags kan slaap nie. Iemand het ingekom op ons oprit … hulle wou haar doodmaak.” Sy dink aan die gevaar waarin Emily twee jaar gelede verkeer het toe ’n maniak so byna haar lewe beëindig het. Maar hy is dood. Dit kon nie hy gewees het nie.

      Hoe kan dit nou weer gebeur? Sy het geglo die gevaar is iets van die verlede. Sy bekyk weer haar dogter se oë. Emily kom saans so laat by die huis. Dan bly sy tot die vroeë oggendure wakker. Sy is vriende met studente wat soms te veel waag, dalk klubs besoek, en ander mense wat besig is om te herstel van verslawing wat sy by AA ontmoet het. Sy beweer die groep help haar op haar eie bene staan en gee haar die nodige steun om nugter te bly. Barbara het die positiewe gevolge gesien en dus haar vrese opsy geskuif en haar toegelaat om te doen wat haar ook al sal help om dwelmvry te bly. Maar sê nou een van hulle het Emily weer verlei tot dwelmmisbruik?

      Haar lewe is so kwesbaar.

      Dwelmsmouse doen sulke dinge. Hulle skiet mense in die verbyry. Hulle neem wraak deur mense dood te maak. Motorbomme is nie algemeen nie, anders sou sy in die nuus meer daarvan gehoor het. As iemand haar egter wou bang maak om geld wat sy skuld te betaal …

      “Miskien was dit net ’n outjie wat ’n poets wou bak,” onderbreek Lance haar gedagtes.

      Ja, ’n kind! Sy skraap haar dwalende gedagtes bymekaar. Net ’n rebelse buurkind wat hulle huis lukraak gekies het. Barbara bring ’n hand na haar voorkop. “Is ons ooit veilig in hierdie huis? Gaan hierdie persoon weer terugkom?”

      “Ons soek nou na leidrade. Hy het waarskynlik vingerafdrukke agtergelaat. Hopelik sal ons hom gou aankeer.”

      “Maar vingerafdrukke sal net help as dit iemand is wat reeds met die gereg gebots het, nie waar nie? Sê nou hierdie persoon is nie in julle stelsel nie?”

      “Voetspore kan ons steeds help om die skuldige uit te ken. Ons sal ons bes doen om hom op te spoor.”

      Sy loop met die oprit langs en vryf haar slape.

      “Ma,” sê Lance, “ruk jou reg. Los hulle om hulle werk te doen. Hoekom gaan jy nie in en sit daar totdat hulle klaar is nie?”

      “Dit was ’n bom!” skree sy met ’n stem wat breek. “Iemand het probeer om jou suster dood te maak. Moenie vir my sê ek moet my regruk nie!”

      Hoekom verskree sy haar seun? Lance probeer haar net kalmeer. Maar sy kan nie kalm wees nie.

      Barbara besluit om vir Kent te bel. Hy behoort hiervan te weet. Hy kan ten minste seker maak dat die polisie werk maak van die saak. Dalk kan hy dit nog self oplos.

      Hoofstuk 8

      Hoofstuk


Скачать книгу