Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal. Rina Lamprecht
Читать онлайн книгу.tuig vlieg rumoer-
ig oor die dorp se ge-
boue. Hy land op
die pad net daar la-
ngs ons huis,
en dis toe dat die her-
rie begin.
11. Skryf voorbeelde van lidwoorde neer uit strofe 2. Skryf die lidwoord neer asook die woord wat bepaal word. Onderstreep dan die lidwoord.
In ’n neutedop en die Taalgids vertel meer van die voornaamwoord.
Voornaamwoorde
Voornaamwoorde kan as plaasvervangers vir selfstandige naamwoorde beskou word. Ons onderskei die volgende voornaamwoorde:
Persoonlike voornaamwoorde, byvoorbeeld: Ek/jy/hy/sy/ons/julle/hulle/u moet vir die kompetisie inskryf.
Besitlike voornaamwoorde dui die besitter aan, byvoorbeeld: Dit is my/sy/jou/haar/julle/hulle lewe wat op die spel is.
Betreklike voornaamwoorde het betrekking op die selfstandige naamwoord wat vroeër in die sin genoem is. Dit kan ook as ’n skakelwoord tussen sinne gebruik word. Byvoorbeeld: Die prinses wat met Vampiro baklei het, is my suster. Die bed waarin sy slaap, is lekker sag.
Vraende voornaamwoorde staan aan die begin van vraagsinne, byvoorbeeld: Wanneer begin die maan glim? Watter vorm moet ek invul?
Daar is net twee onpersoonlike voornaamwoorde, naamlik dit en daar, byvoorbeeld: Dit spook, hael, sneeu. Daar is baie mense wat na die prysuitdelingsfunksie gekom het. Die onpersoonlike voornaamwoord dit word gewoonlik saam met natuurverskynsels gebruik, byvoorbeeld: Dit reën, hael en sneeu.
Onbepaalde voornaamwoorde dui nie op bepaalde mense of aspekte nie. Byvoorbeeld: Daar loop iemand wat die antwoorde ken. Niemand weet waar die vampier wegkruip nie. Niks sal Vampiro van plan laat verander nie.
12. Skryf die persoonlike voornaamwoorde in strofe 1 neer.
13. “Dit begin woes te reën.” Die voornaamwoord “dit” is ’n voorbeeld van ’n . . . voornaamwoord.
14. Skryf die regte betreklike voornaamwoord neer.
a. Die verhaal (oor wat; waaroor) die gedig gaan, is baie oud.
b. Die bed (op wat; waarop) die meisie lê, is baie ongemaklik.
c. Die dorp (van wat; waarvandaan) die meisie kom, is naby Johannesburg.
d. (Oor wat; Waarom) wou die inwoners met die meisie gesels?
e. (Na wat; Waarna) soek die uil?
f. (Met wat; Waarmee) kan ek hierdie maan vergelyk?
g. Waarna; Na wat) verwys die digter?
h. (Wie vir; Vir wie) kies julle om die kaartjie te maak?
Skryf ’n gedig.
Gebruik jou kennis van ’n ballade en taalstrukture en skryf jou eie ballade van 2 tot 3 strofes. Elke strofe kan uit 4 tot 6 versreëls bestaan. Julle kan ’n ballade in groepsverband skryf en dan vir julle klas kom aanbied. Maak gebruik van die stappe van prosesskryf.
In hierdie aktiwiteit gaan jy
’n kortverhaal lees
jou soeklees- en vlugleestegnieke gebruik.
Prelees die verhaal.
Verken die tekskenmerke van die verhaal:
Wat kan jy uit die verhaal se titel aflei?
Kyk na die illustrasies by die verhaal. Voorspel wat jy dink in die verhaal gaan gebeur.
Hoe sal jy die vrou se haarstyl beskryf?
As die persoon jou ma was, sal jy saam met haar in ’n winkelsentrum stap? Gee redes vir jou antwoord.
Voordat jy die verhaal lees, moet jy eers Pitkos lees om uit te vind hoe jy ’n teks vluglees en soeklees.
Pitkos
Leesvaardighede
Hoe vluglees jy ’n teks?
Besluit wat die titel vir jou sê.
Die tegniek van vluglees beteken dat jy die eerste en laaste paragraaf heeltemal lees.
Lees dan die eerste sin van elke afsonderlike paragraaf.
Kyk dan of jy vlugtig vir jouself kan sê oor wie en wat die leesstuk handel en of dit vir jou iets vertel van die waar, wanneer en waarom.
Lees die stuk in sy geheel. Jy sal nou baie meer daarvan verstaan en onthou.
Hoe soeklees jy ’n teks?
As jy soeklees, beweeg jou oë vinnig oor ’n bladsy of lys op soek na spesifieke inligting.
Soeklees stel jou in staat om feite, datums, name of woorde in ’n teks vinnig op te spoor sonder om die teks te probeer lees of die res van die teks te verstaan. Jy is dalk op soek na die betrokke feit, woord of datum as antwoord op ’n vraag.
Wanneer jy soeklees, beweeg jou oë vertikaal of diagonaal oor die bladsy. Jou oë beweeg ook vinnig na die kante. Hou in gedagte die tipe inligting waarna jy op soek is. Wees op die uitkyk vir ander woorde wat met die betrokke inligting verband kan hou.
Vluglees die verhaal en beantwoord die volgende vrae in groepe.
Wat het die ma op die kombuistoonbank neergesit?
Skryf die naam van die een seun neer.
Wie was besig met wiskunde-huiswerk?
Hoe laat het die pa tuisgekom?
Lees nou die verhaal aandagtig op jou eie deur.
Jare jonger
1 So kom Ma toe die middag by die huis aan. Sy sit die pakkies op die kombuistoonbank neer en roep: “Ek is terug, iemand my gemis?”
2 Wat sy eintlik wil sê is kyk vir my.
3 Maar ons – dis nou ek en my broer Henk – tel mos nie hierdie tipe goed op nie. Ons is ouens. As my suster hier was, sou sy ons in die ribbes pomp en sê kyk, kyk!
4 Ek is besig met my wiskunde en Henk speel Xbox.
5 “Manne! Ek praat met julle,” roep Ma weer.
6 “Ja, Ma, ons het Ma baie gemis. Wanneer eet ons?” vra ek, sonder om op te kyk.
7 “Wanneer julle jul ma ’n soen kom gee om te . . .”
8 “. . . om te wys ons is lief vir Ma.” Ek sug. Kyk nog nie op nie. Toe hoor ek Henk se Xbox word stil. Alles word stil totdat . . .
9 “Kyk, kyk . . .” fluister Henk. Ek kan sien hy wil lag.
10 “Wassit?” Toe lig ek my kop op van die boeke af. Ek sien my ma se nuwe haarstyl. “O, vreksel.”
11 Dit sê ek gelukkig sag genoeg dat my woorde wegraak in Ma se “Ta-daa-aa!”