Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg. Lilian Paramor

Читать онлайн книгу.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor


Скачать книгу
wat nie van klonte in kos hou nie

      •Versorging van ’n baba se tande

      •Eerste besoek aan die tandarts

      •Verknogtheid aan bottels en fopspene

      •Hernude skeidingsangs

      •Hoe lank kan Baba konsentreer en homself vermaak?

      •Streel met ’n veer oor sy arms, bene en ma­gie. Die veerligte aanraking sal Baba hoendervleis gee van plesier. As hy nie van hierdie sensasie hou nie, is dit moontlik ’n teken dat hy fermer liggaamsmassering sal geniet.

      •Verskillende soorte ratels verskaf nog steeds luisterplesier en sal hand-oog-koördinasie help ontwikkel. Vul ligte, maar veilige houers soos klein plastiekbakkies met ’n verskeidenheid voorwerpe soos pitte, boontjies of albasters. Laat Baba hulle skud en hom verwonder aan die verskillende klanke.

      Maand Elf en Twaalf

      MYLPALE

      Jy kan seker skaars glo dat Baba se eerste jaar byna agter die rug is! As jy terugdink, sal jy besef dat die kuns om te ontspan die sleutel tot suksesvolle ouerskap is en dat jy die een is wat jou baba se belange op die hart dra. As jy geleer het om jou instink te vertrou, het jy jou baba die beste moontlike voorsprong in die lewe gegee – ongeag of jy altyd gedoen het wat as korrek beskou word. Jy sal jou kan verluister aan die manier waarop jou baba se spraak ontwikkel: teen ’n jaar uiter hulle bewuste, doelgerigte klanke en sowat twee tot drie woorde het herhalende betekenis. Babas wriemel graag deur nou plekke, gooi voorwerpe op die vloer om ’n reaksie uit te lok, en kan enige tyd van nou af tot tussen vyftien en agttien maande begin loop.

      BABASPELETJIES

      ALGEMENE KWELLINGS

      Lees elders oor die volgende:

      •Wanneer gaan Baba begin loop?

      •Hoe om ’n baba op een jaar te speen

      •Wanneer om na koeimelk oor te slaan

      •Baba se swak eetlus

      •Spraakontwikkeling

      •Tweetaligheid

      •Stampe en stote

      •Hoekom slaap Baba nog steeds sleg?

      •Baba se sterk wil.

      •Kruipspeletjies verskaf hope pret. Knip groterige kartondose om tonnels te vorm en bou ’n hindernisbaan vir jou kruiper­tjie. Roep hom van die een kant af om hom aan te moedig om tot by jou te kruip. Spoor hom ook aan om tussen tafels en stoele se pote deur en bo-oor en onder­deur lae voorwerpe te kruip. Dit is ’n lekker manier om deur middel van pret te leer!

      •Telefoonspeletjies. Belê in ’n speelgoed­tele­foon en “bel” Baba van die regte telefoon af. Gesels land en sand en stuur vir mekaar soentjies.

      Twee

      Fisieke en emosionele kwessies in die eerste drie maande

Colic1.tif

      Ontmoet die wêreld

      Die bykans tien maande wat hulle in die baarmoeder deurbring, dien as ’n buffer­periode vir ons babas voordat hulle die wêreld in alle erns begin beleef. Hulle raak geleidelik bewus van die goeie dinge wat op hulle wag, terwyl die minder goeie dinge deur ’n beskermende filter beleef word. Maar kom ons dink onsself ’n slag in ons pasgebore baba se posisie in.

      Sodoende sal ons hom ’n inniger verwelkoming in die wêreld kan bied en terselfdertyd die trauma verminder wat dié nogal vreesaanjaende oorgang van die kalmte van die baarmoeder na die regte wêreld behels. Daar bestaan ’n denk­skool dat babas gewoond moet raak aan die harde werklikheid en dat ’n te sagte benadering hul karakterbou- en hanteringsvermoë sal benadeel. Die goue midde­weg lê iewers tussen dié twee uiterstes. Die gebruik van ’n motorstoeltjie is by­voorbeeld ononderhandelbaar van daardie heel eerste rit huis toe van die kliniek af, of die baba nou van die beperking hou of nie. Aan die ander kant is vroeë skei­ding van moeder en baba ná geboorte om Baba te meet en te bad nie net on­nodig nie, maar ook harteloos, en die eerste saadjie van emosionele angs word dikwels reeds daar geplant. Hierdie trauma kan wel later oorkom word, maar hoe­kom moet dit in die eerste plek geskep word?

      Die aangename sensasies

      Stel jou voor hoe dit moet voel om deur die geboortekanaal die wye wêreld binne te kom en jou ma se stem vir die eerste behoorlik te hoor. Ná die kreun- en sug-ge­luide van die kraamproses gaan dit oor in ’n warme verwelkoming. En jy weet sy het die proses met liefde deurgemaak, en dat haar trane trane van vreugde en verwondering is.

      Nadat jy nege maande lank deur water omring was, afgesny van direkte aanraking, word jy nou op jou ma se naakte bors geplaas en voel jy hoe haar arms om jou vou, hoe haar sagte, warm lippe jou sensitiewe kopvel soen. Kan enigiets ’n mens veiliger of meer gelief laat voel?

      Jy hoor Pa se stem, wat tot nou toe dof was, weergalm, en voel sy effens growwe, stekelrige, maar liefdevolle soen.

      Jy soek instinktief na Ma se bors en ná die frustrerende soektog smaak jy diepe bevrediging. Die soet geur is soos haar vingerafdruk, en jy sal haar van nou af altyd aan dié kenmerkende reuk tussen ander ma’s kan uitken. Die smaak is ryk, romerig en intens bevredigend. Jy ontdek dat dit inspanning verg om jou kakebene te laat beweeg, en die lomerigheid oorval jou gou in die geborgenheid van jou ma se arms. Dit moet salig voel.

      Stel jou daardie verblindende glimps van direkte sonlig voor wanneer jy vir die eerste keer buitetoe geneem word. Dit is so helder dat jy jou oë moet toeknyp, en tog so perfek lig dat dit jou waarskynlik sal laat nies – wat op sigself ’n unieke sensasie is. Die voëls se gekwetter, die geruis van die wind deur die bome, ’n hond wat blaf, ’n hadeda se roep, musiek en gelag – geen wonder dat pasgebore babas oorweldig en kort-kort aan die slaap raak nie.

      Badtyd saam met Pa moet een van die hoogtepunte van jou vroeë babatyd wees. Om oogkontak te maak met Ma en Pa, jouself in hul liefdevolle blik te verloor – wat kan wonderliker wees as dit?

      Wat van daardie eerste masserings, wanneer Ma instinktief jou voete vryf, die gevoel van ’n sagte handdoek, die kraakgeluid van ’n weggooidoek, die geur van jou eerste roompies of poeier?

      Die minder aangename sensasies

      Aanvanklik moet die koue lug nogal na ’n aanslag voel nadat jy so lank by liggaams­temperatuur geleef het. Hoekom is kraamkamers tog so koud? Gelukkig wil almal so gou moontlik die wêreld begin warm maak!

      Stel jou net die kakofonie van vreemde, kras geluide voor wat ’n pasgebore baba moet hoor. Hoewel hulle ’n meganisme het wat hulle in staat stel om te veel gelyk­tydige indrukke uit te doof, sal dit hul aankoms mos oneindig vergemaklik as ons ons stemme demp en die geluide van metaalinstrumente tot die minimum beperk.

      Die verblindende kunsmatige lig is ook ’n aanslag op die sintuie. Natuurlik moet hulle daaraan gewoond raak, maar dit sou ’n ware liefdesdaad wees om die ligte vir daardie eerste tydjie te demp.

      Een van die ergste sensasies moet seker wees om pas ná geboorte te voel hoe mukus en ander vloeistowwe uit jou neus en mond gesuig word. Dit is ongemaklik en selfs pynlik, en selde werklik nodig. Die vriendeliker alternatief sou wees om Baba op sy sy te draai, die mukus af te vee en hom so gou moontlik te laat drink sodat Ma se kolostrum die slymdrywende funksie kan verrig.

      Hoe voel dit as een kraamnasorgsuster ná die ander jou kop teen jou ma se bors vasdruk om jou “reg” te laat vassuig? Seker nie baie aangenaam nie.

      Party van daardie eerste toetse moet ook maar vreemd voel: byvoorbeeld ’n koorspen in jou anus om seker te maak dat daar geen blokkasie van die rektum of kolon is nie; die reflekstoetse moet jou seker baie blootgestel laat voel, veral die Moro- of skrikrefleks. Dit is alles


Скачать книгу