Ena Murray Keur 8. Ena Murray

Читать онлайн книгу.

Ena Murray Keur 8 - Ena Murray


Скачать книгу
merk op dat sy oë, agter half geslote ooglede, wakker glinster. Sy skenk nie verder aandag aan hom nie. Daarvoor is haar eie gedagtes te ontstellend. En toe sy na Emerit kyk, ontmoet hul blik en lees sy in die ouer meisie se oë dieselfde onrus as wat so skielik in haar hart posgevat het. Dan dwaal haar blik na Carlyle Faure wat ook ongemaklik staan en rondtrap. Jan Odendaal staan doodstil. Hierdie keer is daar geen teken van sy goedige glimlag te bespeur nie. Sy oë is ernstig, peinsend, terwyl hy na die ou huis staar. Dan kyk Irma weer vinnig na die man langs haar. Sy oë is stip op ’n venster in die “toring” gerig. En toe sy vinnig haar kop in daardie rigting draai, kan sy sweer dat sy ’n gordyn voor een van die vensters sien beweeg het, asof iemand dit haastig toegetrek het nadat hy of sy vir hulle gestaan en loer het.

      Irma knip vinnig haar oë en kyk dan weer stip na die venster. Nou hang die gordyne egter roerloos. Was dit nie miskien maar haar verbeelding nie? Terwyl sy nog staan en twyfel, hoor sy Emerit uitroep. Sy kyk in die rigting waarheen almal staar – en haar oë rek verbaas.

      Die hekke is stadig besig om oop te swaai, sonder dat die swart man enigsins daaraan geraak het. Dis asof ’n spookhand hulle ooptrek, dink Irma en vererg haar vir haarself. Hekke wat outomaties beheer word, is tog deesdae baie algemeen. Spookhand, voorwaar! Tog staar al vyf woordeloos daarna asof hulle so iets die eerste keer sien. Dis of die stilte meteens verstikkend om hulle hang. Die swart man staan geduldig en wag dat hulle moet deurstap, maar dis of almal onwillig is om verder te gaan. Dis Anton de Woud wat eerste beweeg, en toe volg die res. Asof op ’n bevel draai hulle om toe hulle deur is en sien hoe die hekke weer stadig toeswaai totdat hulle dig teen mekaar sluit.

      Toe Jan omdraai, sê hy ernstig terwyl hy met sy kop na agter knik: “Ek hou nie veel hiervan nie. Sal dit nou beteken dat ons ’n volle maand hier afgesonder gaan wees?”

      “Dit wil so voorkom,” merk Anton droog op en draai dan in die rigting van die huis. “Kom ons stap aan.”

      “Ek weet nie of ek nog soveel in daardie spul geld belangstel nie,” laat Emerit hoor, en Carlyle beaam: “Ja. Dit lyk my alles is nie so danig pluis as wat dit eers voorgekom het nie.”

      Anton draai sy kop na Irma en kyk op haar fynbesnede gesiggie af. “Wat dink jy hiervan?”

      Haar ooglede fladder verward. “Ek … weet nie. Ek … voel bang,” erken sy openlik, terwyl haar oë op die somber ou huis voor hulle rus.

      “Toemaar. Ons is darem drie fris mans wat julle twee kan beskerm as dit nodig is,” antwoord Jan gerusstellend en probeer glimlag. “Julle weet, miskien is daar ’n heeltemal logiese verklaring vir al hierdie op die oog af geheimsinnige dinge. Dalk jaag ons onnodig spoke op. Komaan, laat ons aanstap dat ons sien wat daar by die huis aangaan.”

      Hy voeg ook sommer dadelik die daad by die woord en die ander volg hom gedwee. Maar toe hulle die voordeur bereik en niemand op sy klop die deur oopmaak nie, kyk hy onseker oor sy skouer terug na die ander wat nog steeds woordeloos agter hom staan.

      “Wel, dis nou weer ’n ander soort verwelkoming hierdie. Wat nou?”

      Anton tree nader, en sy mond is grimmig terwyl hy om hom na die swart man soek – maar dié het spoorloos verdwyn.

      “Ons is nie ongenooide gaste nie. Laat ons binnegaan,” sê hy dan, draai die deur oop en stap sonder huiwering binne. Die ander staan nog ’n oomblik besluiteloos en volg dan versigtig.

      Hulle tree ’n groot vertrek binne, en Irma laat haar blik om haar dwaal. In die een muur is ’n kaggel ingebou. Hoewel die meubels in die vertrek nie van die modernste is nie, is alles onberispelik netjies. Daar staan ’n paar leunstoele met leerbekleedsel rond en eenkant is ’n groot tafel met ses stoele daarom gerangskik. Hoewel dit glad nie koud is nie, ril Irma onwillekeurig. Daar kleef ’n somberheid en swaarmoedigheid aan alles, en dit voel vir haar asof selfs die lewelose meubels hulle met dooie, vyandige oë aanstaar, asof hulle indringers is.

      Die stilte duur voort. Geen enkele geluidjie bereik hul ore vanuit die res van die huis nie, en Irma wens dat daar liewer enigiets moet gebeur net om die swanger stilte te verbreek. Maar niemand praat nie. Niemand het ook tot dusver gaan sit nie. Elkeen staar om hom of haar rond, asof hy of sy nie presies weet wat om te doen nie.

      En dan wip hulle soos hulle skrik.

      “Goeiemôre, dames en here. Welkom op Drakeneiland.”

      Die stem vul die hele vertrek. Dit klink vir Irma asof dit uit al vier hoeke van die vertrek gelyktydig kom. Sy kyk soekend om haar rond. Tot haar verbasing sien sy dat daar niemand by een van die deure ingekom het nie. Dis nog net hulle vyf wat in die middel van die vertrek saambondel. Dan vul die stem weer die lugruim om hulle.

      “Neem asseblief plaas sodat ek julle jul opdragte kan gee.” Vreesbevange soek Irma se oë na die luidspreker maar nêrens kan sy so iets gewaar nie. Sy sak met bewende knieë in die naaste stoel neer. Die ander gehoorsaam ook werktuiglik en toe almal sit, vervolg die stem: “Indien julle die bevele gehoorsaam, behoort julle die tydjie op Drakeneiland te geniet. Maar indien julle nie van plan is om te gehoorsaam nie, sal ek julle aanraai om weer oor die saak te dink. Dit kan, vir julle sowel as vir my, baie onaangenaamheid bespaar.”

      Die stem huiwer ’n oomblik en gaan dan voort: “Ten eerste mag julle geen poging aanwend om te ontsnap nie. Julle het vrye beweging op die omringende terrein tot by die draad, asook deur die hele huis, afgesien van die toring. Julle sal na my beste vermoë versorg word, maar tevrede moet wees om van die buitewêreld afgesny te wees. Julle kan julle vermaak soos julle verkies, natuurlik binne perke. Indien van julle miskien sterk drank saamgebring het, versoek ek julle om dit dadelik, sodra julle bagasie ingebring is, aan een van die swart mans te oorhandig. Die gebruik van sterk drank word ten strengste verbied. Julle moet ook alle sigarette – of as iemand dalk pyp rook, al die tabak in jou besit – op die tafel neersit. Julle sal ’n redelike voorraad vir elke dag ontvang, maar dit mag nie in oormaat gebruik word nie. Is daar van julle wat die een of ander mediese preparaat in watter vorm ook al, hetsy vloeistof, poeier, salf of pille, gebruik? Sit dit dan ook op die tafel neer.”

      Die stem verstil ’n oomblik en Irma kyk verward om haar rond. Sou dit as ’n grap bedoel wees, of is die man werklik ernstig? Maar daar was niks in die onbekende stem wat enigsins verraai het dat hy gekskeer nie. Inteendeel. Daar was ’n ondertoon van dodelike erns in elke woord.

      Dan kom die stem weer: “Soos julle seker reeds opgemerk het, is die swart man wat julle hierheen vervoer het, stom. So is ook die twee ander huiswerkers, dus sal dit julle geensins baat om iets by hulle te probeer uitvis nie. Terloops, hulle kan ook nie lees of skryf nie.”

      ’n Sagte, geamuseerde laggie klink op.

      “Nou ja, dames en here, ek wil julle weer eens baie welkom heet op Drakeneiland. Julle sal nie kan dink hóé bly ek is om julle hier te sien nie.” Weer die sagte laggie. Die klank daarvan stuur onverklaarbaar ’n koue rilling deur Irma.

      “Ek het my nog nie aan julle voorgestel nie. Julle wonder seker wie ek is. My naam is egter van geen belang nie. Ek sal my dus net voorstel as jul gasheer.” Hierdie keer is die gelag harder, spottend. “Ja, ek is jul onsigbare gasheer van Drakeneiland!” Hulle kan duidelik die klikgeluid hoor toe die man die luidspreker afskakel.

      Dis Carlyle wat dit waag om eerste te praat.

      “Die man is mal. Wat gaan met hom aan? Wat is die bedoeling van al hierdie … e … hierdie kaf van niks drank en sigarette en al die ander dinge? As hy miskien dink …”

      “Ja? En wat gaan jy daaromtrent doen?”

      Daar is ’n sarkastiese glimlag op Anton se lippe en Carlyle vervolg heftig: “Wel, as hy dink dat hy my hier kan kom staan en hiet en gebied! Ek is hiernatoe genooi vir ’n vakansie, nie om in ’n tronk opgesluit te word nie!”

      Anton se gelaat raak ernstig, sy oë afgetrokke.

      “Wat kan jy doen, my liewe man? Die hekke word outomaties beheer …”

      “Daar is nog altyd die draad,” hou die blonde Romeo vol, maar Jan val hom ietwat vererg in die rede: “Nee, Carlyle, dis hopeloos. Jy kan maar vergeet van die draad


Скачать книгу