1 Recce. Alexander Strachan

Читать онлайн книгу.

1 Recce - Alexander Strachan


Скачать книгу
se betrokkenheid gewys kon word nie.

      Oorlewing (vir die Recces eerder meelewing) in die Afrika-bos is nog ’n sentrale tema. Daar word vertel van die veelgeroemde leeumannetjie Teddy, wat saam met die Recces in hul geheime en versteekte basis, Fort Doppies geleef het. Namate Teddy groter geword het, het die operateurs hom Terry (vir terroris) begin noem. Sy uiteinde het baie bespiegelings ontlok en sy hanteerder, die bobaasspoorsnyer en boskenner Dewald de Beer, vertel wat werklik gebeur het. Die leeu se bestaan saam met die Recces op die oewer van die Kwando-rivier was in noue samehang met hul affiniteit en toegeneentheid jeens die Afrika-bos waaruit hulle geleef, gefloreer en geveg het.

      Gedurende die Grensoorlog was 1 VK gedurig in vuurgevegte in onder meer Angola betrokke. Mettertyd sou hulle ook al hoe dieper by die oorlog in Rhodesië (vandag Zimbabwe) ingetrek word. Tydens hierdie fase sou hulle soos altyd onder die strengste geheimhouding aangewend word. Dit was immers in die wese van die Recces om onsigbaar agter die skerms te opereer.

      ALEXANDER STRACHAN

      “Die nag behoort aan ons”

      Hannes Venter se groep nader die Shatotwa 1-basis behoedsaam. In die helder maanlig is alles rondom hulle duidelik sigbaar. Hul wapens is gespan en die veiligheidsknippe op vuur gestel. Namate hulle naderkom sien hulle die hutte se grasdakke in die maanlig blink. Dis onheilspellend stil en nie eens ’n hond blaf nie. Dit verontrus hulle – die gedagte dat daar nêrens ’n hond blaf nie. Elke kamp het immers ’n hond of twee, waarom ruik die honde hulle nie?

      Met alles in totale stilte gehul wag die groep angstig vir eerste lig, daardie grys tydjie tussen dagbreek en sonsopkoms. Dis ’n heerlike wintersnag en soos te wagte wel effens koelerig. Soos die oggend naderkom, raak dit al hoe kouer. Maar toe die Recces hul rugsakke afhaal, is hul rûe papnat gesweet. In die koel luggie begin hulle nou koud kry.

      Voor hulle begin die slapende basis van Swapo (Suidwes-Afrikaanse Volksorganisasie) nou wakker word. In die stilte is daar meteens roeringe, manne wat hoes en steun as hulle opstaan en hul lywe ná die nag se slaap uitrek. ’n Onderlangse gemompel en kuggies is oral hoorbaar. Die wagte by die basis se ingang – skaars 40 m weg van die aanvalsmag – steek sigarette op en begin niksvermoedend gesels. Maar daar is altyd die risiko dat iets hulle kan waarsku dat die Recces op hul voorstoep is.

      Sowat 300 m daarvandaan lê Charl Naudé se groep en wag. Hulle is sowat 20 m van die Shatotwa 2-basis opgestel en wag dat Hannes die aanval met eerste lig by Shatotwa 1 “spring”. Sodra Hannes-hulle begin skiet, sal Charl se groep onmiddellik aanval. Volgens hul inligting is daar 120 soldate in elkeen van die twee Swapo-basisse.

      Terwyl hulle vir Hannes wag om die aanval te begin, stap iemand uit ’n hut reg voor hulle. Dis ’n Swapo-vegter sonder sy geweer wat reguit na die Recces toe aankom. Hy stap op LC Odendal af wat langs ’n meter hoë bossie posisie ingeneem het. Die res van die span verskuif effens en toe is hulle weer doodstil. Maar elke AK47 is nou roerloos op die man gerig wat aangestap kom. Adrenalien jaag deur die operateurs se are. Hulle hou asem op terwyl hul harte hard in hul ore klop.

      Die man gaan reg voor LC staan. Hy was duidelik nog erg deur die slaap want die volgende oomblik urineer hy bo-op LC sonder om hom te sien. Dit was een te veel vir LC en hy skiet die man net daar in sy spore dood.

      Toe die skoot klap, brand almal gelyktydig met AK47’s en RPG7’s op die basis los. Terselfdertyd breek alle hel 300 m verder los, waar Hannes se span Shatotwa 1 met AK47’s, RPG7’s en mortiere bestook.

      Hul eerste teiken is die wagte by die beheerpunt en wagpos. Hulle is óf dadelik doodgeskiet óf het op die vlug geslaan, want ná ’n paar oomblikke het hulle nie meer teruggevuur nie. Van die Recces se RPG7-vuurpyle tref die hutte. Minstens drie reg voor hulle slaan aan die brand en veroorsaak ’n muur van vlamme 15 m voor die aanvalsmag. Dit verlig die Recces se eie posisies helder. Bokant hul koppe breek ligspoor- en gewone koeëls die lug met skerp knalgeluide.

      Vanuit die hoofbasis word daar nou ook in die rigting van Charl se groep geskiet. Dié vuur is nie juis noemenswaardig nie omdat die hele kamp duidelik aan die slaap gevang is. By Shatotwa 1 staan Hannes se mag nou almal uit hul stellings op en beweeg vorentoe. Hulle word onmiddellik met ligte masjiengewere (LMG’s) onder die koeëls gesteek. Die LMG-stellings was in die noordwestelike deel van die basis en taamlik naby aan die Recces.

      Hannes se mag sit hul aanval met vuur-en-bewegingstegniek voort. Hulle hardloop egter nie soos gewoonlik nie, maar voer die aanval met ’n baie vinnige stap-pas uit. Stap en skiet, stap en skiet sonder ophou sodat die groep sy momentum behou. RPG7-vuurpyle en mortierbomme ontplof oral in die basis en ruk dit uitmekaar. Die Recces skiet met baie ligspoorkoeëls in hul magasyne, wat die droë gras aan die brand laat slaan. Mettertyd is die hele kamp in ligte laaie. In die skynsel van die vlamme sien hulle hoe die Swapo’s hardloop en rondswenk om die koeëls te ontduik.

      Die basis is so onverhoeds betrap dat die meeste Swapo-soldate se gewere nog in hul hutte is. Die Recces maai onder hulle met PKM-masjiengewere, AK47’s en RPG7’s, terwyl die mortiere op ’n kort afstand oorhoofse vuur lewer. In die vroegoggendstilte van die bos is die ontploffings en masjiengeweersarsies oorverdowend.

      Ligspoorkoeëls trek in helder ligstrepe ’n meter bo die grond en mense knak soos grashalms voor die aanslag. Die Recces beweeg steeds vorentoe.

      Die geveg kon dalk net enkele minute geduur het. Agterna was dit onmoontlik om die tydsduur te herroep. Vir sommige Recces kon dit soos ure gevoel het, maar ná ’n paar minute het hulle reeds deur die doelwit beweeg.

      Toe tree die doodse stilte in wat so eie aan vuurgevegte is. Met ore wat tuit het die Recces nie eens geweet of Swapo heeltyd teruggevuur het of nie, hulle was te gefokus op hul eie taak. Met die oorlogslawaai sou hulle buitendien nie die vyandelike vuur kon hoor nie. Maar nou, in die stilte, word hulle vir die eerste keer bewus van die steungeluide van die gewonde Swapo-vegters.

      * * *

      So moes 1 Recce se manne menigmaal die nag as dekking gebruik om die verrassingselement teen ’n oormag te behou. (Die volle verhaal van die aanval op die Shatotwa-basisse word in hoofstuk 12 vertel.) Hul motto was dan ook “Die nag behoort aan 1.1 Kommando”. Vir die Recces is die nag die ideale tyd om hul operasies uit te voer – dan was hulle onsigbaar vir vyandelike en ander nuuskierige oë wat moontlik hul teenwoordigheid kan verraai. Gedurende die dag verkies hulle om roerloos in hul skuilplek te lê. Van daar bespied hulle die omgewing met arendsoë om inligting in te win oor wat rondom hulle gebeur.

      Onopsigtelikheid is die wagwoord en die span sal nie hul teenwoordigheid deur geluid, rook, beweging, reuk of spore verklap nie. Dit is belangrik om die verrassingselement te behou. Die operateurs pas gevorderde tegnieke soos teenspoorsny toe om te verhinder dat hul aanwesigheid ontdek word – hulle wis hul eie spore agter hulle uit sodat die vyand nie eens weet hulle het die gebied binnegekom nie.

      Die Recces doen vooraf verkenningsoperasies om hul teiken te identifiseer en in sommige gevalle inisieer hoër gesag (bv. Militêre Inligting [MI]) die ontplooiing. Afhangende van die sensitiwiteit daarvan sal die operasie deur die Hoof van die Weermag of deur die minister van verdediging gemagtig word – in sommige gevalle deur die staatspresident self.

      Die Recce-span se leiers beplan ’n operasie in die grootste geheimhouding met so min moontlik mense betrokke. Op eenheidsvlak is die Recce-bevelvoerder verantwoordelik vir die beplanning. Eers nadat die plan oor weke of maande in die fynste besonderhede ingeoefen is, sal die Recce-spanne onder hulle eenheidsbevelvoerder op die missie ontplooi word.

      In die vyandelike gebied sal die span deur die dag op een plek skuil en dan, net ná laaste lig (die tyd tussen sononder en donker), onder dekking van die nag uit hul skuilplek beweeg. Die doel is nou om die teiken te infiltreer wat hulle teen ’n geskikte tyd (byvoorbeeld middernag) gaan aanval. Hul onttrekkingsplan word baie fyn uitgewerk en alle moontlikhede word oorweeg: te voet, uit die lug of per see.

      Afhangende van die omstandighede sal hulle ná die operasie deur ’n helikopter opgepik word. Andersins sal die span eers heelwat afstand tussen hulle en die teiken aflê en voor eerste lig weer in ’n dagskuilplek inbeweeg. Daar wag hulle tot dit weer donker word voordat hulle na ’n


Скачать книгу