Op soek na Tretchikoff. Anita du Preez

Читать онлайн книгу.

Op soek na Tretchikoff - Anita du Preez


Скачать книгу
vandat Drikus sy naam met ’n “c” begin skryf en vir hom ’n swartraam-hipster-bril aangeskaf het. Nadat hy sy hare soos ’n muisvoël se kuif laat knip het, en die studio se een binnemuur swart geverf het, lok hy selfs heelwat van die plaaslike jeug wat hulle op geheime plekke wil laat brandmerk.

      En of hy nou Dricus die Macho of Dricus die Gay Ou wil wees, maak aan my geen duit verskil nie. Die dag toe ek iets vir my verblindende migraine by die apteek gaan soek en by die verkeerde deur ingedraai het, het hy potensiaal in my gesien. Miskien was dit bloot omdat hy onder die indruk was ek kom vir die werk wat op die verbleikte nota in sy venster geadverteer is? Miskien het hy besluit ek is reg vir die job omdat ek my verf-jean aangehad het, soos iemand wat skilder? Of dalk was daar toe nog nooit enige ander aansoeke nie? Miskien was dit die heelal wat my voete daardie dag soontoe gelei het, omdat ek in my hardkoppigheid niks van Eric wou hê nie en immers op ’n manier my eie brood moes verdien?

      Dit maak nie op hierdie stadium van die geveg saak nie, want Dricus vra nie vrae nie en maak genoeg geld om my te betaal, so jy hoor mý nie kla nie.

      “Jammer, Dricus,” sê ek, “ek was gou by my landlord aan. Ek sal dit inwerk.”

      “No prob, Lily. Shame, hoe gaan dit met die oom?”

      Dit tref my opnuut hoeveel my huidige baas van my vorige een verskil. Not even the same species.

      “Nee, vol streke so vroegsoggens. Ek wou uitvind van die man aan die ander kant van my muur, maar -”

      “O ja! Bietjie van ’n dark horse daai ene, nè?”

      “Oom Heydenrych? Ag nee, siestog, jong, dis maar die alleen-oud-word-besigheid wat hom so vergeetagtig -”

      “Ek praat van jou buurman, girl, nie van die oom nie.”

      “O … Nou hoe bedoel jy, ‘dark horse’?”

      “Wel … party mense sê hy was ín.”

      “In wat?”

      “In, skat. Soos in ‘in die tjóékie’.”

      Ek steek vas. Was nog op pad om te gaan koffie kry agter die afskorting, in die studio se mini-kombuisie.

      “Genuine?”

      “Nee, jong, ek sal nie vir seker weet nie. Dis maar wat ek gehoor het. Jy weet hoe mense hier rond is.”

      “Weet jy hoe lyk die man?”

      Dricus skud sy kop. “Nie rêrig nie. Hy hou hom baie eenkant. Die enkele kere wat hy hier verbygekom het, kon ek nooit veel uitmaak nie. Net ’n ou in ’n lang, swart jas met sulke vaal, wilde hare en ’n dik bosbaard.”

      Wys jou, dink ek. Gisteraand was ek vrekbang iemand is besig om by my blyplek in te breek, en dalk moes ek eerder in my pasoppens gewees het vir die ou in die ander helfte van die huis! The enemy within, inderdaad. Ek wil my net begin verknies oor die moontlikheid dat oom Heydenrych die een helfte van sy huis aan ’n loser (dis nou ek) en die ander helfte aan ’n tronkvoël verhuur, toe die lelike dreamcatcher bokant die studio se deur klingel. Gelukkig is dit Thuli van Nuts 4 You van langsaan wat inkom. Die steurende nuus oor my buurman moet dus maar wag, want met haar in die omtrek kan g’n mens dink nie.

      “Môre-môre!” roep Thuli en gooi ’n pose in die deur sodat ons die volle impak van die neongroen spanbroek by die bloedrooi valletjiesbloes, afgerond met ’n paar luiperdvel-wedgies, kan ervaar. Ten spyte van die feit dat alles ’n nommer of twee te klein is en dus nie juis hond haaraf maak met haar milde Betty Boop-proporsies nie, is die geheelbeeld van so ’n aard dat die studio – en sommer die lewe in die algemeen – eensklaps helderder vertoon.

      “Môre, kortgat,” groet Dricus.

      Thuli rol haar oë. “Fine,” sê sy en bring twee pakkies van agter haar rug te voorskyn. Met ’n spierwit grinnik in Dricus se rigting, hou sy albei na my toe. “Vat dit liewerster vir jou, Lily. Nuwe gesondheidsprodukte. Try dit uit en laat my weet wat jy dink. Nut balls met dadels en gedroogde mango-en-bloubessiekoekies met kaneel.”

      “Hei!” roep Dricus uit. “Ek dog dan ek -”

      Thuli kyk hom stil met een hand op die heup. “Sorry vir jou, nè? Ongeskikte mense kry niks.”

      “Sal ek vir ons koffie maak?” vra ek, wat nog nie heeltemal seker is oor die manier waarop dié twee mekaar hanteer nie.

      Thuli plak haar welbedeelde agterstewe op die naaste stoel neer, leun vorentoe en lig haar identies ingekleurde wenkbroue nuuskierig vir my. “Net as jy vertel wat die topic was wat julle so haastig gedrop het toe ek hier ingeloop het.”

      “Ag, niks besonders nie, dis -”

      “Lily het sommer gewonder oor die man wat in die semi langs hare bly,” kom Dricus tot my redding. Die laaste ding wat ek wil doen, is om ’n skinderveldtog te begin.

      “O, dáái een.” Thuli pers haar lippe saam soos iemand wat iets weet.

      Ek stort koffie toe ek die drie bekers gelyk neersit. “Wat van hom?”

      “Soos die ding dat hy in die tronk was,” voeg Dricus hulpvaardig by.

      “Nie die trónk nie, silly,” sê Thuli en slurp die skuimpie van haar koffie af. “Die loony bin,” voeg sy by, “dis wat Bennie van die Book Nook sê.”

      Liewe genade. Criminal of lunatic, Lily, take your pick!

      “Ag, Bennie! Ons weet almal hoe hý kan skinder.”

      Ek hang aan hulle lippe. Ek woon per slot van sake langs die skepsel.

      “True,” erken Thuli fronsend. “Maybe is hy maar net soos party van onse swaeltjies, jy weet? Daai wat net somertyd hier aankom en weer verkas wanneer dit koud word. Hy kom mos glo originally van … Griekeland? Nee, wag … Ek dink dis Russia. Ja. Waar het ek dit onlangs gelees? People’s Post, dink ek? Daar was ’n foto’tjie by. Bietjie pixellated, jy weet mos hoe die koerantfoto’s is? But typical. Baie hare en ’n bosbaard. En iets van ’n uitstalling. Oorsee. Hy maak glo sulke weird goggos.” Sy skep asem. “Maar Lily, jy behoort mos te weet. Is jy dan nie hoog op in die arts nie?”

      Albei kyk afwagtend na my.

      “Gewees, ja,” sê ek soos een wat myself in die steek laat, “maar ek het nogal die laaste jaar of wat bietjie belangstelling in die kunste verloor.”

      “Hoe so?” vra Thuli en vat die pakkie kaneelkoekies raak. Sy skeur dit oop, prop een heel in haar mond en bied die pak vir ’n diep verontregte Dricus aan.

      “Ag … lang, boring storie,” sê ek en kry ook een.

      “Awe … ek like lang stories,” sê Thuli en leun kouend vorentoe, “maar gee gou die short version, my ten minute breakfast break is eintlik lankal verby.”

      Gelukkig loop Drikus … agge … Dricus se eerste potensiële kliënt van die dag by die deur in.

      * * *

      Ek is teen halfses nogal moeg, want Dricus steun al hoe meer op my vir nuwe ontwerpe vandat hy agtergekom het ek kan enige ding wat sy kliënte wil hê, vryhand teken. Selfs oor en oor skets tot hulle tevrede is. Want hy is moeg vir sy eie repertoire en stensils en dis dan vir my so maklik, want ek ís dan nou so kunstig?

      En jy sal nie glo hoe vol dinge hulle is nie. Dis hier te kort en daar te lank en nes jy ’n hele harige tarantula klaar het, word die neusie opgetrek en kopskuddend besluit mevrou sy soek eerder ’n ankertjie met ’n krullende slangetjie daarom. Of nee, wag … liewer ’n rankdingetjie met drie rosietjies. Een vir elk van haar huweliksjare.

      Oukeiiiii …

      En dan … ag, dankie vir al jou moeite, hoor, maar kan sy foto’tjies van al die ontwerpies neem en eers by haar man gaan hoor wat hy verkies?

      En al is ek dan baie lus om te vra of sy nie dalk ’n pienk speenvarkie wat oulikkies nes sý lyk wil oorweeg nie, sê ek niks. Want ek weet waar my brood vandaan kom en ek weet dis dalk tyd dat ek besef ek


Скачать книгу