Bottelnek. Piet Steyn

Читать онлайн книгу.

Bottelnek - Piet Steyn


Скачать книгу
in fokus, ’n foto met drie rye mans in rugbytruie wat stroef voor hul uitstaar. Hy weet wat in kursiewe letters bokant die foto staan, hy het nie sy bril daarvoor nodig nie: Wenners van die Carltonbeker 19 … Hy verseg om die datum te onthou.

      Pine soek met die visier na die dowwe beeld van ’n ronde figuur in die middelste ry, net agter die man met die bal op sy skoot. Dat hy verdomp altyd in die middelste ry moes staan – te kort vir die agterste ry en nie senior genoeg vir die stoele nie.

      Die pistool is stil in sy hand.

      Hy pluk die wapen na die volgende foto. Die Transvaalspan, die een wat amper die dag op ou Ellispark die Curriebeker gewen het, as Naas nie die hel uit hulle gedrop het nie. Hy sug, laat sak die Z88 in sy skoot.

      Dis nou elke oggend se ding, hierdie geveg met ou foto’s. Pleks hy hulle almal afhaal en wegbêre in die laai waar al sy ou goed is. Dis waar al hierdie herinneringe hoort, weggesluit in ’n laai by ou Giel. As hy net seker kon wees donker laaie hou dinge weg van ’n mens. Want hoe meer jy dinge probeer wegpak, het hy nou al agtergekom, hoe meer klim hulle in jou kop in.

      Giel, fok. Met die stukkende denim en die vuil tekkies wat kommissaris Doep se moer so kon koer. Giel in ’n plas bloed met sy rug teen ’n boom in daardie helse bos. Daardie donnerse, donnerse duimemoordenaar.

      Pine raak bewus daarvan dat die pistool se loop pynlik in sy dy indruk, sy kneukels wit om die kolf. Hy voel ’n koue sweetdruppel teen sy ribbekas afloop. Uit! Uit! Hierdie goed moet nou end kry! Die bliksemse dood en bloed en verminking … Hierdie gefladder in sy kop soos ’n kraai in ’n donker woud.

      Hy sit die wapen langs hom op die bed neer en vee sy hande aan die lakens af, syg terug op die kussings, sy hande agter sy kop. Miskien moet hy met iemand gaan praat, ’n sielkundige of ’n ding. Maar wat sal die ander manne sê? Superintendent Pine Pienaar, die breker van die EGM, is koekoes. Hy kan dit nie meer vat nie? Not ’n hel!

      Hy swaai sy bene van die bed af, drink die glas water op die bedkassie leeg en laat sak sy kop in sy hande. Wag dat die onstuimigheid in hom bedaar.

      Hy loer na sy harige bolyf in die spieël teen die oorkantste muur, stryk sy vingers oor sy yl swart borselkop. Hy lyk soos ’n ou vet voorry. Hy ís ’n ou vet voorry. Dit lyk of hy nie meer ’n nek het nie, of sy breë skouers net oorgaan in sy ore. Die jare van te min slaap en te veel gemorskos in wagtende patrolliemotors staan geskryf op sy lyf. Die twee ou skrapnelwonde, aandenkings van sy grensoorlogdae, loop soos wit paaie deur die swart hare op sy bors en regterskouer. ’n Ou brandwond is ’n steriele pienk blerts teen sy regterbeen.

      Hy lyk nie goed nie, Ann kan wragtig beter!

      Hy sit ’n asbak op sy skoot neer en krap sy pyp met die vorige aand se Nando’s-tandestokkie uit, blaas ’n slag deur die steel voordat hy dit stop. Hy vat die vuurhoutjies en stap toilet toe. Voor die spieël steek hy vas en beskou die stuk pens wat oor sy slaapbroek se rek peul, probeer dit intrek, slaag nie heeltemal daarin nie. “Jy’s die eerste ding wat waai voor die troue,” brom hy, en merk dan dat die worshond terug is van sy omswerwinge en hom met ’n skeefgedraaide kop sit en bekyk.

      » 2 «

      “Ek wonder waar dit gaan eindig,” sê John Makoba met ’n vroegoggendkrakerigheid in sy stem.

      “Wat?” vra Kat Harmse sonder om na sy kollega te kyk.

      “Die bende-oorlog.”

      Kat beduie met ’n olierige aartappelskyfie na ’n vuilwit twee-verdiepinggebou met ’n klein traliedeur in die middel van die grondverdieping en groot swart vensters op die tweede verdieping, ooglopend eenrigtingglas. Bokant die deur is ’n swart elektriese naambord met die woorde The Ambush in rooi vlamletters daarop; daaronder in dunner pers skrif: Striptease and Lapdancing. Bar 24 Hours. “Die einde is in daardie hool,” sê Kat.

      Die twee speurders sit sowat honderd meter van die ingang van die Ambush-nagklub in ’n ongemerkte wit Nissan. Niks roer dáár nie, dit is nog te vroeg vir dié plek se bedrywighede. Twee slapende bondeltjies mens lê op die sypaadjie teen die nagklub se trappe. ’n Geel hond met uitstaanribbe en -heupbene ruik aan ’n stuk bruinpapier wat tussen hulle lê en lek aan ’n nat kol by die een se kop.

      Die Griek se kafee op die hoek, verder af in die straat, is wel al oop, die Ola-roomysbord op die sypaadjie draai stadig in die wind. Onder ’n verflenterde gazebo is straatverkopers besig om vrugte en groente uit te pak. Een skreeu iets na ’n vrou wat uitbuk tussen moeë wasgoed in ’n balkon van ’n ewe moeë woonstelblok. In een van die ingange van die vaalblou baksteen-blok lê ’n paar straatkinders nog en slaap onder die kartonboks waarin ’n Defy-yskas verpak was.

      Agter hulle dreun Claimstraat se verkeer en ’n ambulans gil weg in die rigting van die hospitaal. Kort-kort druk ’n taxi-bestuurder ’n kort sein op sy minibus se toeter, en in sy truspieëltjie sien John ’n koerantverkoper ’n plakkaat aan ’n paal vasmaak. Hy moet na dieselfde koerantplakkaat voor die kafee kyk om dit te ontsyfer: Bendeoorlog kring verder uit.

      John knik. “Hel, dis vroeg al warm,” sê hy. Anders as Kat, wat ’n denim en T-hemp aan het, is hy netjies aangetrek. Wit hemp, rooi das en kakiekleurige chino. Sy gladgeskeerde kop blink.

      ’n Ou vrou stop met ’n winkeltrollie by ’n asblik en begin daarin krap, die waentjie hoog gestapel met platgedrukte karton-bokse, knobbelrige plastieksakke en vuil lappe. Die geel hond kom snuffel aan haar hakskene en sy slaan verwoed na hom met ’n stuk plank wat sy uit die asblik trek. John voel die motor skommel en weet dis sy kollega se ingehoue lag. “Ja-a, Kat,” sê hy en trommel met sy regterhand se vingerpunte op die stuurwiel, glimlag dan self. Hy vee met sy sakdoek oor sy kop. “Hoe sê julle? Elke hond kry sy dag.”

      “ ’n Brak kry twee en ’n teef kry ’n hele fokken week,” brom Kat.

      Hy gooi die vuurhoutjie waaraan hy gekou het by die venster uit, steek ’n sigaret met die kar se aansteker aan.

      John vat ’n sluk van die koue koffie wat hulle met sonsopkoms by die Griek gekoop het. Hy gooi die res by die venster uit en frommel die papierbeker op.

      Kat haal nog ’n paar olierige slaptjips uit die stuk wit papier wat op die instrumentpaneel lê, steek dit in sy mond. Dit is al wat oorgebly het van die Griek se hamburger en tjips. “Sies hel!” brom hy tussen die kouery deur, “gebruik hy gearbox-olie?” Hy gooi die laaste paar geoliede aartappelstukke deur die venster vir die hond wat intussen oor die straat gehardloop het om aan die Nissan se wiele te kom ruik en vee sy vingers aan sy sokkies af.

      “Watch,” sê John.

      ’n Groot swart motor hou voor die nagklub stil. Twee mans klim weerskante voor uit en die een maak die deur links agter oop. Die man wat agter uitklim, is, in teenstelling met die ander twee, nie groot nie, maar die swart hemp met die wit pêrelknopies, die swart broek en swart leerbaadjie wat los oor sy skouers hang, laat geen twyfel dat hy die hoofhond van die buurt is nie. Hy staan ’n rukkie in die straat en rondkyk voordat een van sy lyfwagte die deur agter hom toeklap.

      “Freddy, Freddy, Freddy,” sê Kat saggies terwyl hy sy asem stadig uitblaas.

      John se mond vertrek in dieselfde skewe glimlaggie wat hy gegee het toe die geel hond pak gekry het. Ook hy het die man onmiddellik herken – Frikkie Smit, deesdae bekend as Freddy the Fix.

      Freddy steek ’n sigaret aan en loer met skrefiesoë deur die rook na die twee wat op die sypaadjie lê. Hy dra ’n wit gholfpet laag oor sy oë, ’n Oakley-sonbril op die pet se sonskerm. Hy maak ’n ongeduldige beweging met sy hand langs sy kop en ’n goue polsketting skitter ’n oomblik in die son. Die twee lyfwagte tree vinnig vorentoe en pluk die slapendes hardhandig uit die pad. Freddy draai sy rug op sy wagte se gestoei met die swetsende straatmense. Toe een van hulle die traliedeur oopsluit, gee hy afgemete treë teen die trappe uit en by die donker deur in.

      “Windgat!” brom Kat. “Kyk hoe loop die bliksem, eintlik so half op sy tone van belangrikheid!”

      John beduie na die twee wagte wat ’n ruk voor die deur bly staan het om te


Скачать книгу