'n Man van min belang. Chris Karsten

Читать онлайн книгу.

'n Man van min belang - Chris Karsten


Скачать книгу
ondersoeker laat die boer naderstap tot teen die geel banier. Hy suig gorrelend aan sy dooie pyp en kyk hoe die ondersoeker die klam grond met delikate kwashale van ’n tweede skedel afstof. Die antropoloog neem foto’s van die posisie van die skedel voor dit uit die grond gelig word. Hy bestudeer dit ’n oomblik aandagtig en bring dit dan na die groen seil. Daar bespreek hy dit met die ou patoloog, knorrig in sy wit jas en hoed en vooroor geleun op ’n driepoot-opvoustoel. Die patoloog merk die skedel met ’n swart viltpen en blaf diktate aan sy assistent met die kniplêer om die vonds op ’n diagram te notuleer.

      Nog ’n stuk van die halfvoltooide skeletale legkaart is gevind, en ’n bespreking volg oor waar die nuwe skedel, nog sonder mandibel, op die seil uitgelê moet word. Daar is reeds ’n werwelkolom, ’n volledige ribbekas, twee ilia, ’n sakrum, femurs, ulnas, tibias, fibulas, skapulas en humerusse. Die kleiner bene lê eenkant, want die metakarpels en bene van die metatarsus kan nog nie by die geraamtes met die klereflardes gepas word nie.

      Terwyl die boer toekyk hoe die antropoloog die nuwe skedel op die seil neerlê, merk hy die mos aan die been, die oog- en neusholtes verstop met grond. Hy sien die ronde koeëlgat hoog aan die voorkop.

      4

      “Dit was ’n helse jaar, daardie ’95,” sê Luca op Luther se stoep.

      Luther knik. “Annus horribilis. Of jy kan anders daarna kyk, eerder as jou annus mirabilis, want is dit nie ook die jaar wat jy vir Ringo ontmoet het nie? Of onthou jy daardie jaar net oor jou pa se ongeluk, die dag nadat hy in die Wimpy jou hand vasgehou het?”

      “Hy’t dit nie net vasgehou nie, hy’t dit vasgedruk. Dit was sy afskeid, maar ek het dit nie geweet nie. Dis hoekom dit aaklig was.”

      “En jy was hoe oud?”

      “Dertien, my eerste jaar op hoërskool. Sy ongeluk was aan die begin van die jaar, voor die skool begin het. En skielik was ek boonop in ’n koshuis, sonder ’n pa. Ek het nie maklik gemeng nie. Ek het nie eintlik vriende gehad nie. Wel, ek het vir Loftus gehad. Hy was my vriend, my énigste vriend.”

      “En toe Ringo.”

      “Ons het as vreemdelinge by dieselfde skool aangekom. Ons is saam in ’n koshuiskamer ingedeel, maar ons golflengtes het verskil.”

      “Julle het mekaar tog gevind.”

      “Ja, hy het ook nie ’n pa gehad nie. Ons was kamermaats sonder pa’s. Ons het mekaar gevind nadat ek hom byna met ’n krieketbal doodgegooi het.”

      “En onskeibaar geword, jy en Ringo en Loftus? Wat van Miss Potts? Jy het haar ook in ’95 ontmoet.”

      “Ek en Miss Potts het ook eers ’n stamperige pad geloop, sy het nie baie hoop vir my gehad nie. Maar ek dink nie ek sou dit gemaak het sonder haar nie.” Hy grinnik. “Ek hou haar ook aanspreeklik vir my eerste wet dream.”

      “Wat darem seker nie horribaal was nie?”

      “Nee, net ’n verleentheid. Ek het nie geweet wát gebeur het nie. Maar dit kan natuurlik ook Booger se skuld wees.”

      “Ja, los nou maar eers vir Booger. Vertel my van Miss Potts. Jy bedoel tog seker nie dat sy jou uitgelok het nie?”

      “O nee! Inteendeel. Miss Potts was so sedig en korrek dat sy laventel kon poep. Ek twyfel of sy die vaagste benul gehad het van die uitwerking van haar mollige rondings op die verbeelding van tienerseuns wat kwalik hulle testosteroon in toom kan hou.”

      “So, as skoolsielkundige het sy eintlik ’n dubbele funksie vervul? Sy het nie net na jou geestelike welsyn omgesien nie, ook na jou seksuele ontwaking.”

      “Die seksuele ontwaking van ’n hele geslag seuns voor én na my. Miss Potts was aanspreeklik vir onbeteuelde massamasturbasie. Ek dink die gestorte saad in daardie koshuis kon ’n land soos Liechtenstein bevolk.”

      Dit lyk of Luther eers die vrugbaarheid van koshuisseuns bepeins voor hy sê: “Geen jaar in ’n mens se lewe bestaan nét uit horribale gebeure nie. Ek was ’n laatbloeier uit ’n vorige geslag en het my verbeel Larkin het ’n gedig net vir my geskryf, iets soos: Sexual intercourse began / In nineteen sixty-three / (which was rather late for me) – / Between the end of the “Chatterley” ban / And the Beatles’ first LP. Dit eindig met: So life was never better than / In nineteen sixty-three … Die titel? Annus Mirabilis.”

      “Wel, jou ’63 klink aansienlik beter as my ’95.”

      “Ek ken net fragmente van jou storie, maar ek wil graag die hele verhaal hoor.”

      Luca wonder na watter fragmente Luther verwys. “Miskien moet ek begin met die sessie by Miss Potts nadat ek Ringo se neus met die bal gebreek het. Daai sessie was die kulminasie van verskeie ongelukkige koshuisvoorvalle. Alles gebeur mos in drieë: eers die voorruit van die koshuisvader se bakkie, toe Billy Buys se arm, toe Ringo se neus.”

      “Oukei,” sê Luther, “maar moenie afdwaal nie, ek wil van jou en jou pa en Ringo weet.”

      Luca lig sy skouers. “Geen pad is reguit sonder afdwalings nie. Die lyn tussen punt A en punt B is net trigonometries reguit, of agterna gesien, met die voordeel van al die feite en volledige terugskouing. Maar wanneer jy van punt A op jou emosionele reis vertrek, is daar g’n reguit lyn nie, net ’n knaende inwerking van allerlei kragte, soms bewustelik, soms onbewustelik, en dikwels heeltemal onverwant, of so lyk dit vir jou.”

      Hy onthou daardie sessies smiddae in Miss Potts se kantoor. Hy onthou selfs die uitdrukking op haar gesig. Dit het dieselfde gesê as wat almal gedink het: dat hy sy skoolwerk afskeep en sonder hoegenaamd enige akademiese belangstelling of ambisie koersloos ronddobber. Daardie afkeurende uitdrukking asof die kat jou ingedra het.

      Elke week op ’n Maandagmiddag ’n sessie van ’n uur. Dit was ’n pyn in die gat. Praat van Torquemada! Sy was meedoënloos.

      Maar haar kantoor was gesellig ingerig. Sy moet die dekor met groot sorg uitgesoek het om die troebel jong siele te sus. Hy het destyds gereken ’n privaat skool het seker genoeg geld vir ’n heeltydse opvoedkundige sielkundige met ’n mooi kantoor. Vir haar sessies sit jy in ’n diep en sagte leunstoel, nie formeel by ’n lessenaar nie; haar skryftafel was eenkant.

      En altyd ’n blom in haar huislike kantoor. Rose. ’n Rooi langsteelroos in ’n dun glasvaas op die lae koffietafel tussen hulle. Sy ma het ook altyd blomme in die huis gehad. Miss Potts se koffietafel was van chroom met ’n blad van glas.

      Blink en phony, het hy gedink. Soos sy.

      Hy kan steeds die sagte geur van die roos onthou, of was dit haar parfuum? Dalk haar parfuum, want hy kan onthou dat dit hom aan sy ma laat dink het. Sy ma het ook altyd lekker geruik.

      Miss Potts se eerste woorde daardie middag was: “Jy moet jouself begin regruk, Luca.”

      Hy het nie opgekyk nie. Deur die tafelblad van glas het hy na haar knieë gestaar. En hy het gegaap. Wanneer hy verveeld is, wil hy gaap.

      “Luister jy?” het sy gesê. “Dit lyk nie of jy luister nie. Dink jy ek hou daarvan om met myself te praat?”

      “Ek luister.”

      “Kyk na my. Verveel ek jou? Verveel hierdie sessie jou?”

      Sien, sê hy vir Luther, dis wat ek met stamperig bedoel.

      Sy het ’n groot ring aan ’n vinger gehad, aan haar regterhand op haar skoot. Miss Potts was nie getroud nie en moes dosyne kostuumringe besit het, elkeen met ’n ander kleur steen om haar klere te komplementeer. En haar naels was altyd perfek gemanikuur, in ’n skakering van rooi, natuurlik. Hy onthou die ringe, want sy ma was ook lief vir juwele: groot ronde oorbelle, armbande en ringe, Katolieke kruise en pendante met ikone. Maar in ’95 het sy ma lankal nie meer ’n trouring aan haar ringvinger gedra nie.

      ’n Juweelstuk van haar wat hy spesifiek goed onthou, het in ’n skulp op die buffet gelê. Die skulp, oënskynlik vergete, het vreemd genoeg ’n nogal prominente plek beklee, langs haar kosbare uitstalling van geraamde foto’s. Die foto’s was, soos alle mense


Скачать книгу