Amber maan, oker son en ander verhale. Elize Parker

Читать онлайн книгу.

Amber maan, oker son en ander verhale - Elize Parker


Скачать книгу
is besig om te breek. Dit is nie eksklusief joune nie.”

      Hy draai sy gespanne rug op haar, stap vinnig weg en gaan leun teen ’n deuringang. Sy stoot haar ken uit en gaan staan langs hom. Stemme dryf uit die hotelkamer na hulle.

      “Dit het niks met professionele jaloesie te maak nie. Jy moet hier wegkom.”

      “Baie dankie, maar nee dankie.” Waar is Benguela se toorkrag nou? Sy het gedink hul weersiens sal iets daarvan inhou.

      Op sy strak gesig is daar nie ’n teken van nie. “Van alle fronte sak oorlogsfaksies op Luanda toe. Oor ’n paar dae is dit ’n beleërde stad. Verstaan jy? Jou lewe is in gevaar. Dit is nie nou tyd om aan scoops te dink nie.”

      “En wat van jou?”

      “Ek kom saam.” Hy haal diep asem en stap terug na ’n ou huis, waar hy sy rugsak en notaboeke ingooi. Hulle stap vinnig na die bevelvoerder se kantoor en kom ná ’n rukkie uit. Haar bestemming is binne ’n uur verander. Sy is nie meer op pad Namavale toe nie, maar wel na Luanda. Sy is op hierdie doellose omweg gestuur net om weer by hom uit te kom. Sy het nie krag om met Gerard daaroor te baklei nie. Haar hart oortuig haar sy teenwoordigheid is ’n teken. Hul paadjies het nie verniet weer gekruis nie.

      Buite sit soldate sluimerend onder die bome. Sommige leun vaak en verveeld teen mure. Smiddae staan die oorlog op rus.

      “Luiz,” stel die bebaarde bestuurder homself voor en help haar om in te klim. Gerard neem langs haar plaas.

      “Raoul,” sê die maer soldaat by die oop venster. Hy maak sy ammunisieband vas en laat sy outomatiese geweer se loop by die venster uithang.

      Die trok karring aan die gang en hulle laat die dorpie agter; sukkel voort deur ’n plat, bosserige landskap teen vyftig kilometer per uur.

      “Kan die trok nie vinniger nie?” vra sy mettertyd. Teen dié pas gaan hulle Luanda nie voor Onafhanklikheidsdag bereik nie.

      Luiz vryf nadenkend aan sy baard. “Jy sal geduldig moet wees. Ons moet buitendien netnou stop. Die gevaar word nou met elke meter van die pad groter.”

      Raoul stel sy geweer op gereed. Met die sakkende son verkoel die kajuit, maar die olie- en sweetreuk verdwyn nie.

      Sy ruik vrees, dink Esperanza. Deur rooierige stofwolke skyn ’n vae oker son. Skemer breek aan, die oorlogsuur. Nou kry die vyand stamina om uit die bosse te kom en hinderlae te stel.

      “Gelukkig behoort die pad aan ons,” sê Luiz.

      “Dit het nie verlede maand veel gehelp nie. Vyf van ons trokke was in hinderlae,” antwoord Raoul gespanne. Die kajuit word stil. Bo die trokgerammel en singende bande klink veraf outomatiese geweervuur op.

      “Ons sal eers moet stop,” sê Luiz. Hy trek af by die wrak van ’n uitgebrande trok. Rondom lê blikke, bande en mensebene.

      Esperanza steier weg na ’n sloot. Hulle moet lewend verbrand het. Gerard trek haar uit die sloot en teen hom aan. Hy vee haar krulle agter haar oor in. Trane van skok vloei oor haar wange.

      “Oorlog maak mense monsters,” prewel sy. Niks kry die grubeelde uit haar kop nie. Genadiglik sak die donker toe. ’n Amber maan gooi geel skynsels oor die eentonige landskap.

      “Ek gaan op die padskouer probeer ry met die lig­te af. Ons moet aanstaltes maak. Daeraad is weer oor­­logs­tyd,” sê Luiz. Die oorlog van skemers: amber mane, oker sonne.

      Gerard sit sy arm om haar skouer en vryf haar skouerknop gerusstellend. Hulle is weer op hul Benguela-golflengte. Gedeelde angs is ’n sterk band. Niemand slaap nie. Hulle rol gespanne die duisternis in met net ’n dowwe maan as flou naglamp. Uiteindelik vergeel dagbreek die taan wêreld. Geweervuur bars veraf in los sarsies uit.

      “Miskien is hier water,” sê Luiz en stop op ’n verlate dorpie. Steenkoolgebrande bome en daklose ruïnes staan swart teen die daglig. Eenkant waai ’n verskroeide rooi kinderhempie.

      “Ek haat oorlog en al die agente van oorlog,” sê sy. “Net die onskuldiges ly. ’n Geweerloop bring nooit iets goeds tot stand nie.”

      “Soms bring dit vrede,” sê Gerard.

      “Julle moet maar bietjie rondstap,” sê Luiz. “Ons ry eers weer wanneer dit te warm word.”

      Raoul verken die omgewing met sy outomatiese geweer oorgehaal.

      Sy gaan sit lusteloos teen ’n muur. Die slaap ontwyk haar vir eers. “Hoekom maak mense oorlog?” vra sy vir Gerard.

      “Soms om vryer te word. Soms om regte te kry.”

      “Dit is die grootste misdaad.”

      “Nie wanneer regverdigheid seëvier nie.”

      Sy kyk verbaas na hom, want sy het gemeen hulle dink dieselfde hieroor. Sy maak haar oë toe en sluit die wêreld weg.

      “Word wakker. Dit is middag,” hoor sy veel later ­Raoul se stem. Luiz rek hom uit en hulle klim in die warm trokkajuit. ’n Entjie van die dorpie staan daar skielik ’n paar mans in die pad met wapens op hulle gerig. Esperanza se keel en bors brand van vrees. Sy duik vooroor en voel skaars die pyn toe sy haar kop stamp. Raoul haal sy geweer se veiligheidsknip af. Niemand vuur nie. Luiz ry al hoe stadiger nader. Sy lig haar kop toe ’n soldaat sy geweer hemelwaarts draai en ’n rondte ammunisie vuur. Raoul skiet verlig met sy pistool ’n lugskoot.

      Dit is hul eie wagpos. Die bevelvoerder ken vir Luiz en kyk vinnig na hul dokumente. “Dankie, Vader,” bid sy sag­gies. Gerard help haar op. Sy spiere ontspan sigbaar, die frons tussen sy oë versag en hy blaas ’n lang teug lug uit.

      “Hoe lyk die pad vorentoe?” vra Luiz.

      “Oop. Julle kan laat waai,” kom die welkome antwoord. “Dis goeie nuus,” sê Luiz en groet. Die groepie maak plek sodat hulle kan deurkom.

      “Vanaand sien ek my vrou vir die eerste keer in ’n jaar,” gesels hy en vertel haar van sy gesin.

      5

      Hulle ry Luanda in die donker binne. Sy en Gerard loop moeg na tante Helena se huis en val uitgeput in die koel donkerte neer. Luanda is weer sonder krag. Sy steek van haar tante se dun gebedskerse aan. Met paternosters en rooskransies teen die mure voel die vertrek soos ’n kerkie. Op die banke is gehekelde komberse en geborduurde kussings.

      “Joune?” vra hy en wys na die huisie.

      Sy skud haar kop en gee vir hom ’n bottel mineraalwater. Sy maak blikkiesvleis en koekies oop. “Die huis het aan ’n tante van my behoort. Sy is ’n ruk gelede oorlede.”

      “Lyk soos ’n feesmaal,” sê hy.

      Tyd staan voorlopig stil. Van gister en eergister wil hulle doelbewus vergeet. Aan môre wil hulle nie dink nie. Buite draai wolke voor ’n bruingeel maan totdat ’n tropiese storm neersak.

      “Waar is jou radio?” vra hy.

      Sy gee dit aan, hy trek die lugdraad uit en krakerig hoor hulle meer van die Luanda-beleg. Die belangrikste inligting is vandag se datum. Dit is net enkele dae voor die Portugese amptelik onttrek.

      “Op Luiz en Raoul,” sê sy, glas in die hand. Daar is ’n nuwe band tussen hulle – die noodlot se wette is oorwin. Sy trek haar voete onder haar in. Gespanne oormoegheid hou haar wakker. Die laaste paar weke eis hul tol. Sy druk haar lippe styf opmekaar om die trane te keer. Haar hand reik uit, raak aarselend aan sy stowwerige hare en lig sy kuif op.

      Hy soen haar warm handpalm. “Toe maar,” fluister hy toe haar trane loop en vee haar nat hare weg. Haar snikke klink bo die reën op totdat sy rustig word.

      “Ek weet mos waardeur jy is.” ’n Naamlose gevoel klop in sy bors – ’n gevoel waarvan hy lankal vergeet het. Sy is ’n mengsel van krag en weerloosheid onder ’n siniese front – dit boei hom.

      “Erken dit. Jy het iemand nodig om jou soms op te pas.”

      “As


Скачать книгу