Amber maan, oker son en ander verhale. Elize Parker

Читать онлайн книгу.

Amber maan, oker son en ander verhale - Elize Parker


Скачать книгу
aan die slaap. Die harde lyne op haar gesig versag en laat haar meer meisie as vrou lyk. Haar hare val steilerig eenkant toe; hy het so gewoond aan haar besige krulle geword. Sy lyk of sy verdwaal is en nie alleen haar pad huis toe kan vind nie. Hy rus agteroor teen die bankleuning en sluimer in. Nie net sy het slaap broodnodig nie. Môre gaan ’n lang dag wees. In die stad op pad na ’n bloedbad is hulle vir ’n nag twee spoelklippies wat meerol in ’n stroom. Met seer harte lê hulle terwyl Luanda skanse gooi teen verowering.

      Vroegoggend stoot hy haar eenkant en maak haar toe. Sy word alleen wakker. Waar Gerard was, is net ’n warm holte. Eenkant staan die uitgebrande kersies soos onbeantwoorde gebede – klein simbole van ’n liefde wat kon gewees het. Miskien op ’n ander plek, ’n ander tyd. Sy kyk rond, maar hy het niks gelos of vergeet nie. ’n Naam en van. Dit is al handvatsels wat sy het. Bemindes is oorloë se groot verloorders. Ekonomieë kan herstel. Volke verenig. Maar mense raak vir mekaar verlore.

      Sy was nog nooit werklik lief vir ’n man nie. Min kon sy weet hier in Angola sou sy liefde leer ken. Nou is eensaamheid soos ’n koors in haar ledemate. In die badkamerspieël neem sy haarself onder vier oë. Haar lewelose krulle hang slap teen ’n droë, bleek vel. Twee seer, rooi oë staar sonder fut na haar. Sy draai die kraan sonder veel moed oop en is verbaas toe daar water uitkom. Tante Helena se vergete badolie geur op uit die yskoue bad water: sy luier in die ongekende weelde voordat sy hotel toe stap.

      Die voorportaal swerm met ’n klomp buitelandse verslaggewers. Hulle is ingevlieg vir die vieringe op Onafhank­likheidsdag, maar staan vlugdronk rond. Hulle weet nie waar om nuus te jaag nie. Sy ontwyk die nuustrop maklik en stap doelgerig na Elvira se kantoor.

      “Skattebol, waar was jy? Almal soek jou. Jy lyk gedaan.” Sy stoot papiere op haar deurmekaar lessenaar rond en gee Esperanza ’n nota met ’n telefoonnommer. “Bel hierdie mense. Hulle het jou kom soek.” Sy herken Alec se nommer. “Die masjien werk steeds,” antwoord Elvira haar onuitgesproke vraag. “Jy moet jou kans waarneem voordat daai spul daarop toesak.”

      Esperanza neem plaas en skakel die masjien aan. Elvira trippel uit en speel die ideale gasvrou. Uiteindelik het sy die soort gehoor waaroor sy droom.

      Esperanza weet sy sal nie ’n woord in Portugees of Engels kan versend nie. Hierdie nuushonde sal elke woord net so herhaal. 5676 Luanda AN 3451UNA goeienaand, tik sy en begin haar ongelooflike verhaal. Sy voeg ’n paar opspraakwekkende brokkies by: vliegtuie vol Kubane het geland en die MPLA wil dalk voor die Portugese se vertrek onafhanklikheid aankondig.

      Sy eindig met: Ek bel Alec vandag. Die masjien flikker af. Vir ’n oomblik wonder sy of sy nie maar tot Onafhanklikheidsdag moet bly nie. Sy het so lank uitgehou, sy kan net sowel Angola se laaste stuiptrekkinge meemaak. “Pas op!” skree Elvira skielik agter haar en krap verwilderd op haar lessenaar. Twee mans met pistole in die hand agtervolg haar.

      “Hier bly ’n klomp verraaiers. Ons sal elkeen vind,” sê die een met die pet en kyk senuweeagtig in die vertrek rond. “Wie is jy?” vra hy vir Esperanza en swaai sy pistool wild.

      Sy bid die teleksmasjien stil. “Asseblief, moet net nie probeer kontak maak nie,” prewel sy. Haar berig se af­skrif is gelukkig reeds in haar rugsak. Indien hy sou sien dis in Afrikaans, skiet hy haar dood.

      “Sy is sommer ’n helper. Hier is die gastelys,” sê Elvira verlig en oorhandig die dokument. Die mans is skaars by die deur uit, toe sluit sy die kluis oop en skink vir haarself ’n drankie. “Hoe moet ’n mens dit hou? Dit gebeur elke dag. Gister het hulle twee verslaggewers met pistole teen die rug hier uit. Klomp boewe.”

      “Dankie vir jou leuen,” sug Esperanza.

      “Jy moet hier wegkom.” Elvira wys met die glas na die hawe. “Na die tiende gaan niks weer dieselfde wees nie.” Persvryheid het nog nooit in Angola bestaan nie, maar verslaggewers is darem nog altyd verduur. Dit lyk nie of dit nou gaan gebeur nie. Esperanza kyk na haar bewende hande. Sy dink sy moet maar liewer uitkom voordat sy ’n pistool in haar rug voel.

      Sy skakel Alec se nommer en dit word op foutlose Engels beantwoord deur dieselfde man met die heserige stem. Sy identifiseer haarself. Hulle kom ooreen om by tante Helena se huis bymekaar te kom toe hy aandui Alec het gevra hy moet haar help wanneer sy weer skakel.

      Sy is skaars tuis toe twee jong, sportiewe Amerikaners met donkerbrille, te knap denims en kortgeknipte hare voor haar deur staan. “Alec het ons gestuur. Ons moet planne maak vir môre. Daar kom ’n vliegtuig in waarop ons jou kan kry.” Die senuagtige een verken die omgewing. Sy herken sy stem as die heserige een met die foutlose Engels.

      “Kom binne,” nooi sy. Sy probeer met hulle oor die oorlog praat, probeer vasstel wie en wat hulle is, maar sy kry nie veel uit hulle nie. Oor Alec praat hulle nie.

      “Jy vra te veel vrae. Môre vlieg jy Lissabon toe. Ons sal jou lughawe toe neem.” Hulle verdwyn stilweg in ’n sedanmotor.

      Sy haas haar terug na die hotel en laat Lee weet sy ver­trek die volgende dag na Lissabon. Met die terugstap neem sy afskeid van Luanda. Die eeue oue woonplek van sovele nasies is ’n senusiek, rustelose stad. Inwoners lyk of hulle ’n doodsvonnis gegee is. Hulle dra die stempel van oorlog: ’n deurmekaar paniek.

      Die sypaadjies en strate is stil. Met die Portugese se uittog het die stad veel van sy praal verloor. Soos wanhopige waaghalse wag die inwoners hulpeloos op die afrekening. Tuis luister sy na die radio, maar die inligting is bloot gerugte, vals berigte en MPLA-propaganda. ’n Oker skemerson verdwyn agter wolke. In die bos is dit nou oorlogstyd. Maar sy wil nie daaraan dink nie. Sy wens sy kan Gerard in die hande kry en hom oorreed om saam te kom. Tot dusver het dit nie saak gemaak dat sy bitter min van hom weet nie. Liefde is nie van feite aanmekaargesit nie. Sy nuus­agentskap het baie kantore regoor die wêreld. As hy ’n Afrika-korrespondent is, moes sy hom al raakgeloop het of ten minste sy naam by ’n artikel of berig ­gesien het. Dit is darem ’n leidraad om hom mee op te ­spoor.

      Sy weet net sy is onweerstaanbaar aangetrokke tot hom. Nie bloot op die sensuele, aardse manier van hul Benguela-hotelkamerervaring nie. Ook op ’n dieper gees­tes­­vlak.

      6

      Later die aand word sy wakker toe iemand aan die deur klop. Tot haar verbasing staan Gerard daar met ’n sak vol eet- en drinkgoed in sy arms.

      “Aandete,” sê hy en haal vir haar ’n bottel mineraalwater uit. Die kraanwater is afgesluit.

      “Dankie. Ek is jammer oor gisteraand se tjankery.”

      “Sommige meisies koop mans met hul trane, maar ek dink nie dit is jou styl nie.”

      Hulle ruil nuus uit en skakel die radio aan. ’n Aantal aankondigings oor Onafhanklikheidsdag word vanaand verwag. Op wêrelddienste hoor hulle praatjies van moont­like wapenstilstande in Angola, ’n sterk Kubaanse mag wat reeds in Afrika is en internasionale konferensies wat oor Angola gehou gaan word.

      Sy lyk uitgerus in tante Helena se wit katoenrok in ’n outydse boeremeisiestyl met ’n kartelhals, middel ingetrek met ’n vetergordel en uitskopromp. Haar denim en T-hemp hang nat op die draad. Haar kaal voete is rustig onder haar ingevou. Eenkant staan ’n gepakte tas gereed. Sy hoop sy mag dit saamneem. Dit is vol van tante Helena se aandenkings vir familie in Portugal.

      So sprankelend mooi het Gerard haar nog nie gesien nie. Sy lyk koel en vars waar sy teen die bankskouer sit-lê. Skielik wil hy meer as Benguela of die lang reis uit die suide van haar oorhou. Hy sit die transistorradio eenkant neer. Veraf klink geweervuur deur die reën op. Sy leun af­wagtend terug toe sy hande aan haar raak om die veters van haar toeryggordel los te knoop.

      Sy begeer hom met die hartseer verlange van iemand wat weet net hierdie een liefdesnag is haar dalk beskore. Die suiwer reuk van mineraalwater rus skoon op sy lippe. Verbysterend verleidelik glip sy koue tong na die warm plekkies agter haar nek.

      “Dit is malligheid,” prewel sy.

      “Wat anders is oorlog? Een lang, uitgerekte waansinnigheid. Jou skouers verlei my.” Hy vryf oor die kuiltjies in haar nek na die spiertjies tussen haar blaaie. Met twee duime masseer hy meer


Скачать книгу