Ratels. Leon van Nierop
Читать онлайн книгу.ek.
“Jy rafel uit,” sê hy weer. En voeg toe by: “Maar jy’s cool.”
“Het jy geweet as jy deur ’n krokodil gejaag word, moet jy zig-zag hardloop. Krokodille kan nie skielik skerp draaie gooi nie.”
Hy lag weer en flip sy skateboard terug onder sy arm. “Ek sal dit onthou as ek weer deur een gejaag word. May the force be with you, dude.” En Jan-Lourens loop in die rigting van die kremetartboom.
Dit voel of ek vir ’n paar oomblikke kontak met die universe gemaak het.
Ek loop tot by die kamp en gaan staan eers onder ’n boom om ’n bietjie uit die son te kom. Oomblikke later voel ek die ystervingers om my nek. En ek ruik dadelik weer die rookasem. Toe die stem. Dis ’n stem wat jou sommer dadelik die middelvinger gee. “Wat’s jou case?”
Ek voel soos ’n kolletjie in ’n Pac-Man-game. “Vincent. Kry ’n flippen lewe, doffel.”
Hy stamp my dat my kakebeen amper met my bors connect. “Jy gaan seker na Stefan toe hol en kla dat ek jou ontgroen.”
Nou moet jy hierdie ou reg speel soos ’n Nintendo-game, besluit ek.
“Like jy dit om aan my te vat?” vra ek.
Hy los my dadelik. “Hei. Sê jy ek is skeef?”
“Mense kan so dink omdat jy my so vat.” Ek draai om. Sy gesig is eintlik wit, so die hel in raak hy.
“Ek moer jou blind, bru. Watchit.”
Die volgende oomblik kom Stefan aangestap met ’n klomp lêers onder sy arm. “Ek sien julle het al kennis gemaak.”
Ek blaas my asem stadig uit. Chillax, dude, sê ek vir myself. Moenie nou uithaak nie.
Ek sien hoe Vincent optense. Hy dink seker ek gaan op hom split.
Stefan frons. “Het jy geval, Velskoen?”
Vincent sluk.
“Sommer bietjie rondgejol,” sê ek vir Stefan. En toe: “Kinders op sewe het die beste kans om spoke te sien.”
Hulle gaap my al twee verstom aan.
“En! En! Drie persent van die wêreld se elektrisiteit word vir porn gebruik!”
“Velskoen.” Stefan begin lag. “Wat moet ek nou met daai inligting maak?”
“Dis goed om te weet. ’n Mens kan nooit te veel kennis hê nie. Kennis is mag!” Hulle weet nog nie dat ek altyd tjol praat as ek gestres is.
“Ag man, gaan chat ’n tuinkabouter op,” brom Vincent en glimlag vir Stefan. Boelies maak mos so. Voor ander mense is hulle so vriendelik soos ’n Saartjie-boek. Maar in die donker … of in die toilette …
“Luister. Ons braai vanaand. Die res van die ouens en meisies kom môre.”
Stefan haal een van die lêers uit. En toe ek dit sien, is my siel se blus sommer uit, want ek herken dit. Dis die vraelyste wat ons moes invul voor ons Ratels toe gekom het.
Stefan maak myne oop en gee dit vir my. Ek probeer dit nog wegsteek vir Vincent, maar hy gluur soos ’n matrieklaaitie na ’n vraestel as hy ’n langvraag mis gespot het.
Naam Fanie (Velskoen) Ferreira
Waarvan hou jy? Movies met gadgets. Movies met girls. Movies met subtitles. Pikkewyne. Klein skooltassies. Pennesakkies met Hunger Games pcs versus penneblikkies. Kruisbande. Chappies. Penneblikke met Jack Parow se keps op. En Lady Gaga.
Wie is jy? Gemaklik in my eie vel. Cool. En ek is so slim ek kook oor. Ek raak spaced out as iemand my vir ’n ride vat. En ek haat mense wat vals is.
Wat wil jy eendag doen? Movies maak soos Quentin Tarantino of Christopher Nolan. Ek wil op YouTube verskyn en ’n miljoen hits vir my Facebook page kry. Skool totaal redesign. En lunch sonder grondboontjiebotter op my broodjies.
Waarvan hou jy nie? Morning breath. Ads tussen TV-programme. Soaps – dis vir breinloses. Steve Hofmeyr. Noot vir Noot. Mense wat probeer saamsing as hulle nie die woorde ken nie.
Wat verwag jy van ratels? Om te chillax. Om my uit te los. Om my toe te laat om myself te wees. Om my iPod se speakers vol volume oop te draai. Om ’n pandabeer te sien. Om die renoster van uitwissing te red.
Wie is jou ideale vriend? ’n Meisie met mooi bene. ’n Pel wat vir my airtime present gee. Iemand wat my ma kan stilmaak.
“Jy weet hier’s nie pandabere in ons land nie? Behalwe in dieretuine?” vra Stefan.
Vincent snork deur sy neus. Die volgende oomblik vou Stefan sý vraelys oop. Maar Vincent is so trots daarop, hy probeer dit nie eens toehou nie.
Naam Vincent C. De Wahl
Waarvan hou jy? Koel bands. Derek Hougaard. Brand name jeans. Labels. Skrums. My eie sixpack. Weights. Gym. Girls girls girls. April Fools’ Day. Arno Carstens. My iPod. Kings of Leon. Hangover-pille. Skoene met ’n edge. My shades. My eie lyrics en my songs.
Wie is jy? Die koelste dude op die planeet. Killer blou oë. Moerse biseps. Cool sixpack.
Wat wil jy eendag doen? Die planeet se beste sanger word. Cool songs pleeg soos Taylor Swift se “Mean”. Bekender word as Ryk Neethling, en met ’n beter sixpack. Sun tan lotion ontwerp wat nie taai is nie. Mints wat langer as ’n minuut hou. Bubblegum wat nie onder jou skoen vassit nie.
Waarvan hou jy nie? Ouers. Onderwysers. Ouens in die politiek. Ouens wat my uitcheck.
Wat verwag jy van ratels? Om my te leer om wydsbeen op olifante te ry sonder dat my binnebene skaaf. Om dassies te jaag. En om al die FHM centrespreads te ontmoet terwyl ek hier is.
Wie is jou ideale vriend? ’n Girl wat my rug elke aand vryf. ’n Vriend wat my musiek waardeer. ’n Dude wat my SMS-taal verstaan. ’n Girl wat kan SMS sonder om na haar selfoon te kyk.
Stefan kyk om die beurt na ons en ek verwag hy gaan iets sê oor die gross goeters waarvan Vincent hou, maar hy glimlag net so effens soos Chris Hemsworth in The Hunger Games en Chris Evans in The Avengers. En die nuwe Spider-Man, Andrew Garfield. Hy’s net so designer-maer soos ek.
Ons vier ouens braai die aand en ek wonder wanneer ons vir Lavinia gaan ontmoet, want ek verwag enige oomblik sy gaan op haar besem aangery kom.
Stefan weet presies hoe om vleis te braai. En hy vertel stories van leeus wat ouens in bome gejaag en vlakvarke wat mense bestorm het en ’n kameelperd wat nie kolle het nie.
Ek eet my tjoppie dat die vet aan my wange sit en elke spoor van daai pienk toiletblokkies delete. Ek kyk gedurig na Vincent, want hy check my lelik uit. Maar met Stefan hier tussen ons sal hy niks probeer nie.
Die probleem is wanneer ons by die bungalow aankom …
Ek probeer dit so lank moontlik uitstel deur cool grappies te vertel. “Wat het Adam vir Eva gesê op Oukersaand? It’s Christmas, Eve.” Maar niemand lag nie en ek begin benoud raak. “Wat noem jy ’n blonde golfer met ’n IK van 125? ’n Foursome.”
Almal staar my aan asof ek gesê het Bobby van Jaarsveld kan act.
Toe sê Stefan dis slaaptyd en ek HPH verskriklik omdat ek dink Vincent gaan my weer bykom. Maar gelukkig slaap Jan-Lourens ook in die bungalow. Dit laat my darem chill.
Nege-uur, wanneer Joburg eers begin asemhaal, is ons al gesettle in ons bungalow. Ek luister Radiohead se “The King of Limbs” op my iPod terwyl Vincent sit-ups doen. Ek het nog nooit ’n ou gesien wat so baie sit-ups so effortless kan doen nie.
Jan-Lourens werk op sy laptop. Eers lê hy op sy bed en slaan daai sleutelbord soos Rocco de Villiers ’n klavier