Sondes van die vaders. Lerina Erasmus

Читать онлайн книгу.

Sondes van die vaders - Lerina Erasmus


Скачать книгу
nie mooi glimlag nie, dink Anke. Anke dink haar eie glimlag is op die oomblik bra geforseerd. Die laaste ding wat sy en die ander spanlede tydens die huidige ondersoek nodig het, is nog ’n reeksmoordenaar.

      Hoofstuk 11

      Desember 2014, Lesotho

      Danny het gehoop om ’n vierwielaangedrewe voertuig op die Moshoeshoe-lughawe te huur, maar al wat beskikbaar was, was ’n rooi Toyota Corolla wat beter dae gesien het. Wat gaan hulle maak wanneer dit vakansie word? Sy het na die Royal Imperial Hotel gery – nie juis ’n indrukwekkende gebou nie, maar op die oog af redelik skoon. Sy het haar tasse in die kamer gelaat, haar hande gewas en is direk daarvandaan na die Maseru-polisiestasie.

      Kolonel Pharo is beskikbaar en bevestig dat kommissaris Mbulu met hom gepraat en die saak verduidelik het, soos Bongani vir Danny gesê het hy sou. By kolonel Pharo in die kantoor is ’n mooi jong vrou wat hy as konstabolo Mamotsereare Lepheana voorstel – of so iets. Die jonger vrou kan seker die verwildering op Danny se gesig sien, want sy glimlag gerustellend in haar rigting.

      “Almal noem my sommer Sunshine, kaptein, so noem jy my ook maar so.”

      Die kolonel trek ’n pak verslae nader. “Ons het solank navraag gedoen by al die grensposte wat na Lesotho lei. Geen voertuig wat aan julle beskrywing voldoen, is opgemerk nie.”

      “Maar daar is baie plekke waar mens onwettig oor die grens kan glip,” kom dit van Sunshine. Haar baas kyk streng na haar. Sy het kennelik uit haar beurt gepraat.

      “Daaroor het ons geen jurisdiksie nie, konstabolo Lepheana. Ons kan nie die hele polisiemag gebruik om al die oorgange te fynkam nie.”

      “Maar jy stem saam dat daar ander maniere is om julle land binne te kom?” por Danny hoopvol.

      “Natuurlik, alle grense is deurdringbaar, Suid-Afrika s’n ook. Dink maar net aan die daggahandel. Die Lesotho Brown is gesog by julle en ten spyte van ons streng maatreëls, gaan tonne dagga weekliks die republiek binne. Ek belowe jou, ons sal ons oë oophou vir enige vreemde voertuie wat voldoen aan jou beskrywing.”

      Teleurgesteld kom Danny orent. “Ek sal nie langer van jou tyd opneem nie, kolonel Pharo.”

      “Gee ons jou selfoonnommer, kaptein. As iets ons opval, sal ons jou laat weet.”

      “Ek waardeer dit, kolonel.”

      “Konstabolo Lepheana sal saam met jou uitstap.”

      “Dis nie nodig nie, ek …”

      “Dis op pad na waar ek werk,” dring die jong konstabel aan, “geen moeite nie.” Sy begelei Danny tot by haar motor en sê voor sy kan inklim: “Ek het ’n oom, kaptein. Sy naam is Teboho Mapha. Hy en sy gesin en werkers neem toeriste op ponieritte – safari’s, jy weet. Hy sal u kan lei na al die moontlik onwettige oorgange. Vertel hom Sunny het jou gestuur.” Sy sug. “Ek sou graag wou saamgaan! Maar my baba is ses maande oud en ek borsvoed nog.”

      “Dis baie vriendelik van jou, konstabel. Waar kry ek jou oom?”

      “Twintig kilometer uit Maseru, met die hoofpad langs. Sy plaas se naam is Bosiu Mountain Horses.”

      ’n Ent se ry af in die hoofstraat gewaar Danny ’n restaurant wat sy hoop wegneemkos sal hê. Sy is rasend honger, dis darem al diep in die middag. Sy stop en bestel ’n hamburger en lemoensap; sy sal buite die stad iewers aftrek om te eet.

      Bosiu is ’n bergplaas. Lank voordat sy naby vier hutte stilhou, sien Danny die kruine is besonder indrukwekkend.

      ’n Maer hond waarvan die bont lyf op onsekere voorgeslagte dui, blaf knaend vir die rooi Toyota. Dan snuif hy aan die linkerkantse agterwiel voordat hy tevrede sy been daarteen lig.

      Drie kinders het uit een van die hutte verskyn en staar haar grootogig aan. Sy draai haar ruit af en vra vriendelik of hulle weet waar sy Teboho Mapha kan vind. Tevergeefs. Hulle verstaan waarskynlik nie Engels nie.

      ’n Jong vrou met ’n baba op die heup kom ook by die hut uit. Sy lyk agterdogtig, maar kom nader toe Danny wuif en op haar vriendelikste glimlag.

      “Ek soek na Teboho Mapha. Sunny het my gestuur.”

      “Het jy bonbons? Swieties?”

      “Nee, maar ek sal betaal as iemand my na hom toe sal neem.”

      “Ek soek nie geld nie.” Die vrou loop voor om die motor en maak sonder meer die passasiersdeur oop en klim in. Sy beduie met die kop na ’n tweespoorpaadjie wat teen die helling op slinger. “Hy’s by die groot huis.”

      Danny skakel die enjin aan en die kinders, wat intussen vermenigvuldig het, spring uit die motor se pad. Danny ry stadig met die slingerpaadjie op. Die baba begin huil. Sy ma is gou genoeg om hom te troos deur ’n groot tepel in sy mondjie te druk. Hy raak rustig.

      Tot haar verbasing sien Danny nou die groot witgepleisterde huis half verskuil agter ’n voetheuwel. Jy moet trappe klim om dit te bereik.

      “Teboho, hy’s my ntate – my pa. Hy’s pa en man van ons almal.”

      Indrukwekkend, dink Danny. Dis ’n klein koninkryk, want die huis is omring deur ’n menigte hutte wat teen die berg op strek.

      “Jy hou hier stil. Ek sal die hoofmamma gaan vertel van jou. Wie’s jou naam?”

      “Kaptein Daniella Hector. Sunny het my gestuur na Teboho Mapha toe.”

      Die jong vrou klim uit en die Toyota word gou weer omring deur kinders, party met net ’n stertriem aan. Hulle roep in ’n koor: “Bonbons! Bonbons!” Danny wens sy het lekkers gehad om vir hulle te gee.

      Op die veranda wat vermoedelik reg om die huis loop, verskyn ’n vrou met ’n wit kopdoek. Die jong vrou het haar bereik en beduie na die motor. Die hoofvrou knik en loop die huis binne. Die jong vrou kom by die trappe af.

      “Jy kan kom. Ek sal jou na Teboho toe vat,” sê sy toe sy terug by die motor is.

      Danny klim haastig uit. Sy hoop net nie sy gaan ’n bloutjie loop by die hoofman nie.

      Hoofstuk 12

      November 2014, Johannesburg

      Agter die Tabernakel, versteek van die straat se kant af deur die baie groter gebou, is daar ’n eens vervalle skuur. Die ou pastoor het daaraan gedink om dit die een of ander tyd in ’n kleiner aanbiddingsentrum te omskep, maar het nooit daarby uitgekom nie – en Gabriël het intussen die ander, meer persoonlike moontlikhede van so ’n ruimte besef. Hy het ’n paar vernuwings aangebring, asook heelwat veranderinge, en dink nou daaraan as sy private museum – en bron van inspirasie. Geen gemeentelid kom hier nie; daar is geen rede voor nie en net hy het die sleutel.

      Die staalbalk, twee maande gelede geïnstalleer, hang net onder die halfmaanvormige vensters aan die noordekant. Bedags laat die lig deur die vensters die sewe staalhake glim; dit is natuurlik daar vir galgtoue, bokant ’n stellasie waarin hy ’n valdeur laat aanbring het. Op aande wat hy hier is, blink die hake net so mooi onder die ligte. Aan ’n staande klererak hang sewe poppe wat hy laat maak het: kleiner en groter, sommige swaarder, sommige ligter. Die kuns van die laksman was mos om die sterkte en dikte van die tou sorgvuldig te bereken volgens die lengte en gewig van die veroordeelde. Dit, asook die afstand van die val.

      Niemand sal egter ooit hiér gehang word nie. Nee, dit is sy heilige plek; ’n totaal ander soort heiligdom as die Tabernakel. Hy sou nooit kon geraai het waarvoor hy uiteindelik die skuur sou inspan nie.

      Hier hou hy ook sy gereedskap. En hier bespreek hy en Marx hulle sake – Marx, die jonger man wat hom so mooi help om die wanbalans tussen kwaad en goed te herstel. Hier, omring deur die gepaste rekwisiete, doen hulle hul beplanning. En hier, in ’n herboude weergawe van die omstandighede waarin Hansie hom eens bevind het, die plek waar hy eenmaal ’n hulpelose slagoffer was, is hy nou meester van sy omgewing.

      Vier van sy slagoffers – húlle slagoffers, want Marx was vir nommers twee en drie verantwoordelik


Скачать книгу