Ridders van die grondpad. Deon Meyer
Читать онлайн книгу.kry. Só ontdek ek toe die GPS-roete wat vol belofte vanaf Dysselsdorp deur die berge tot by die Kammanassierivier kronkel. Danksy Anton Goosen se “Blommetjie gedenk aan my” wou ek nog altyd dié stroompie en die legendariese spookmeisie gaan soek.
Die werklikheid was veel mooier en lekkerder as wat ek verwag het. Die roete loop deur die geskiedkundige Dysseldorp aan die voet van die Kammanassieberge. Hou gerus stil en stap met die voetpad na die klein kerkie op die heuwel – honderde mense doen dit jaarliks as deel van ’n Goeie Vrydag-pelgrimstog.)
Bestudeer die GPS-kaart maar deeglik, want daar is heelwat paaie wat uit Dysseldorp loop en hulle is nie goed genommer of aangedui nie. As jy eers op pad is, moet jy lig loop vir skelm, skerp draaie. Wanneer ’n mens later die Kammanassierivier se loop volg, is die versoeking groot om in die mooi valleie af te tuur. Hou liefs stil, want daar is heelwat landbouverkeer.
Terloops, ons het toe nie die spookmeisie gesien nie. Dalk gaan ons volgende keer in die maanlig die roete ry …
1
Oudtshoorn
106 km tot in Uniondale.
Twee uur se rustige ry.
Willeboer in die Knysnabos
Daar’s ’n hele rits mooi Afrikaanse uitdrukkings wat op my van toepassing was die laaste keer toe ek in die Knysnabos neergeslaan het. Daar is Langenhoven se waarskuwing oor niet wat iet word, my ma se vermaning om my voete op die aarde te hou en die harde ou waarheid van hulle wat nie wil hoor nie …
Maar die een wat die ding die heel beste vasvat, is “hoogmoed kom tot ’n val”. Letterlik en figuurlik.
Dit het alles so onskuldig begin: Ons moes ’n klomp Amerikaanse joernaliste op die nuwe BMW R 1200 GS Adventure deur die Baviaanskloof neem sodat hulle dié ysterperd behoorlik kon toets vir hul motorfietstydskrifte. Sommer die eerste aand al het ek my eie graf begin grawe. Maar nie met opset nie.
Gedurende aandete by die Kaapse Waterfront begin die Yanks uitvra oor hoe dit is om in Afrika motorfiets te ry. Sien ’n mens wild? Is dit gevaarlik? Toe vertel ek, ewe onskuldig, vir hulle die storie van die olifant in Zimbabwe wat ons net-net misgery het. Want dis ’n lekker verhaal – en nogal waar ook. Toe sê hulle “vertel nog”. Toe gooi ek die een in van die trop buffels in die Manyeleti-wildreservaat en die pronkende trop springbokke in die suide van Namibië. Selfs die volstruis-aanval op Dave Hodgson se plaas het melding gekry.
Net vir die rekord: Wanneer ek saam met die plaaslike manne om die kampvuur sit, tel nie een van dié stories as uitsonderlik nie. Ook nie die een oor my en Jan du Toit se ervaring met die Kaapse kobra by Klipbokkop of die pofadder-petalje op pad Kaap Infanta toe nie. Dit is alles mos maar goed wat in die loop van ’n rit kan gebeur. Almal het al ’n diere-ervaring of drie gehad.
Maar nie die Amerikaners nie. Hulle hang aan my lippe. Skud hulle koppe. Begin prewel uit pure verbasing. Kyk na my met nuwe oë. Met respek. Agting. Asof ek die Camel-man van die Kaap is, die Marlboro-man van Afrika, Willeboer op ’n Mouterbaaik. En hoe meer hulle oe en aa, hoe meer hou ek daarvan, hoe vinniger groei ek in my nuwe rol. Ek meen, dit is nie elke dag dat ’n man hierdie soort aandag en … wel, bewondering kry nie. Toe ons boonop die volgende dag die teerpad Knysna se kant toe vat teen ’n gemiddelde spoed wat aansienlik hoër is as waaraan die buitelandse joernaliste gewoond is, was my status onaantasbaar.
Maar toe kom Dag 3. Grondpad, die R339 na die Prins Alfred-pas en die Baviaans. Twee van die buitelandse gaste vra my of ek asseblief die “vinnige groep” sal lei.
Hoe kan Willeboer só ’n redelike versoek weier?
Toe laat waai ek met die twee kêrels agterna, diep onder die indruk van my nuutgevonde reputasie, op die slingerpad deur die Knysnabos. So vinnig as wat ek kan. Nee, nóg vinniger, want ons land se eer is immers ook op die spel.
Nou, kyk, geen nugter denkende mens jaag só op daai pad nie. Nie met die seepgladde klam stukkies, die bosboulorries, die blinde draaie, lelike slaggate en pragtige natuurskoon nie. Maar ek het toe lankal nie meer nugter gedink nie – ek was die Marlboro-man.
Dit was ’n Land Rover Discovery wat my aarde toe gebring het. Om ’n skerp draai ry hy skielik die hele pad vol en daar’s net ’n klein spasie om links te verby. ’n Bietjie té klein blyk dit toe: Voorwiel teen die wal af en toe’s dit alles verby.
Ek het fisiek niks oorgekom nie. Hier ’n kneus en daar ’n verrekte spier. Maar die fiets was ’n wrak. En my ego het sleg seergekry. Sommer bitter sleg.
As jy dus in die volgende jaar of wat die R339 in Avontuur se rigting ry, doen dit tog maar stadig. En wanneer jy naby Assegaaibos kom, pink tog ’n traantjie ter ere van die harde manne wat daar begrawe lê – die Camel-man van die Kaap, die Marlboro-man van Afrika en Willeboer op ’n Mouterbaaik.
2 (As jy nie jaag nie)
Knysna
70 km tot by Avontuur.
As jy soos ’n nugter denkende mens ry, duur dit twee uur.
Sutherland en Merweville
Motorfietsryers het ook ’n binneste.
Dis danksy rolprente soos The Wild Bunch en aweregse groeperings soos die Hell’s Angels dat persepsies tot die teendeel bestaan, maar die waarheid is dat mense op motorfietse inderdaad gevoelens het – en boonop dikwels krampagtig aan ’n brose waardigheid vasklou.
Vat nou maar valhelmhare-sindroom. Dit verwys na die verskynsel waar dié hooftooisel jou haredos só platdruk dat jy kompleet soos die dorpsidioot lyk wanneer jy dit afhaal. Of wanneer jy aan die spoeg gaan soos ’n gebruiker van pruimtwak wanneer ’n insek by jou mond invlieg teen 140 km per uur. Daar’s ook die miere in die valhelm-dans (snaaks, maar nie vir die helmdraer nie), die beskermende klere wat jou in die winter laat lyk soos die afskuwelike sneeuman en, les bes, die by-in-die-mou-voorval, waaroor my storie eintlik gaan.
Dink jou dit in: Dis ’n Sondag in Desember en warm in die Kaap, dus nog ’n hele paar grade warmer in die Ceres- en Groot-Karoo. Ek moet Beaufort-Wes toe via Sutherland en Merweville om roetes te gaan verken vir die destydse GS