Tienerharte 3: Hartedief. Cecilia Steyn

Читать онлайн книгу.

Tienerharte 3: Hartedief - Cecilia Steyn


Скачать книгу
net ’n realis. Jy is in my woonstel, is jy nie?”

      Ek byt my lip vas. Het Estian dalk ’n punt beet? Gaan die heelal my dalk uiteindelik ’n lucky break gee wat mans betref? My verhoudings met hulle was nog nooit na wense nie. Nie met my pa nie en ook nie met Thomas nie. Al man met wie ek ’n goeie verhouding het, is Dewald. En hemel weet, na vandag is hy bo-aan my swartlys.

      “Wil jy iets drink?” vra Estian.

      “Dit sal lekker wees, dankie.” Ek staan op en stap rond. Voor die foto’s teen die muur staan ek stil. “Jammer dat jy na Dewald se gekerm moes luister. Hy kan so ’n pyn wees as hy wil. Hy weet Megan het self ’n tatoe, maar dis fine.”

      Ek skud net my kop. Ek raak sommer weer van voor af vies. Op een foto staan Estian langs ’n ou wat baie na hom lyk. Ek wonder of dit sy broer is? My rug jeuk en ek kriewel om die irritasie te probeer verlig.

      Estian sit die koeldrank op die koffietafel neer. “Mag ek?” vra hy. Ek knik, nie seker waarvoor ek instem nie.

      Estian begin sagte sirkels oor my teer vel te krap en dit voel of daar skoenlappers oor my rug dans. “Dewald is maar net bekommerd oor jou. As ek mag vra, hoekom het jy juis ’n black panther gekies?” Ek byt my lip vas. Estian se hande voel of dit jare se stres uit my lyf werk. Ek huiwer voordat ek hom antwoord. Die regte rede sal ek beslis nie vir Estian vertel nie.

      “Ag, ek weet nie. Ek het net gedink dit sal sexy lyk,” verduidelik ek. Daar is geen manier dat ek hom gaan vertel wat dit regtig vir my simboliseer nie. Van die geheim wat so tragies by die panther op my rug pas nie. Die kleur van die panther simboliseer vir my die nag – waar ons geheime gewoonlik weggesteek word – en die panther self simboliseer die dapperheid wat ek myself moet herinner om te hê.

      Estian vat sy hande weg en my rug voel skielik kaal.

      “Ek wil jou graag beter leer ken, Lisa,” sê Estian en hou vir my die glas koeldrank uit. Ons vingers raak effens toe ek dit by hom vat. Die laaste ding wat ek nou moet doen, is verlief raak. Ek belowe myself dit gaan nie gebeur nie.

      Estian

      “So waar’s die pasiënt?” vra Markus toe hy soos ’n warrelwind by my voordeur inbars. “Jy weet ek het nie baie tyd nie …” Markus stop in die middel van sy sin toe hy vir Lisa sien. Hy kyk van my na haar. “Nie die pel wat ek verwag het nie.” Hy stap reguit na Lisa toe. “Hi, ek’s Markus,” stel hy homself voor.

      Ek rol net my oë. Regtig? Hoe oud is hy? Ek het die klein detail dat die pel wat hulp nodig het, ’n sexy blondine is, uitgelaat toe ek hom gebel het. “Jy’s hier om na Lisa se rug te kyk, nie diep in haar oë nie,” sê ek vererg.

      Markus kry ’n sluwe glimlag. Hy lees my soos ’n boek. “Nou toe, draai om dat ek kan sien, Lisa. Lyk vir my my broer is jaloers.” Lisa druk die handdoek teen haar bolyf voordat sy die hemp met een hand oor haar kop probeer trek.

      “Laat ek help,” keer ek toe ek sien sy sukkel. Ek help Lisa om die hemp uit te trek sonder dat sy seerkry.

      “Dankie,” sê sy skaam.

      As ek nie nou Markus se hulp nodig gehad het nie, het ek sy nek omgedraai. Toe hy die tatoe op Lisa se rug sien, kyk hy na my en glimlag asof dit die mooiste ding is wat hy nog gesien het. Ek trek net my oë op skrefies.

      “Jy is beslis allergies. Niks wat pille, salf en ’n vinnige inspuiting nie reg kan maak nie.”

      Terwyl Markus vloeistof in ’n spuitnaald optrek, trek Lisa weer die hemp versigtig oor haar kop en vat aan haar denimbroek se knoop. Moet die inspuiting nou juis in haar boud wees? Sy kyk na my en lig haar wenkbroue. Hierdie is duidelik een striptease wat ek nie mag sien nie. Ek draai ongeduldig om.

      “Klein prikkie,” sê Markus vir haar. Dit vat al my selfbeheersing om nie terug te draai en te kyk dat Markus haar nie seermaak nie. “Daarsy, dis verby. Die aanwysings is op die medikasie, en die room kan jy twee maal per dag aansmeer.”

      “Baie dankie, Markus. Ek waardeer jou moeite. Skuld ek jou iets?” vra Lisa.

      “As jy voel jy skuld my iets … wat van ’n date?” vra Markus, maar ek vat hom aan die skouer om hom by die deur uit te help.

      “Ignoreer net asseblief my broer, Lisa. Sy kop raas maar partymaal, nes Dewald s’n.” Ek kyk na Markus en wag dat hy sy dokterstas moet optel. “As jy hom iets skuld sal ek dit met graagte betaal,” sê ek. Ek klop Markus op die skouer.

      “Verskoon my,” sê Lisa ongemaklik en verdwyn in die gang af. Toe die badkamerdeur toegaan, draai ek na Markus.

      “Wat dink jy doen jy? Gaan jy elke meisie waarvan ek hou probeer afvry?” vra ek siedend toe ek seker is Lisa is buite hoorafstand.

      “Is sy jou meisie? Sy het nie so gesê toe ek haar nou net uitgevra het nie, Estian. En asseblief, kan jy nou van die Anja-storie vergeet! Verdomp, ons was in die laerskool.”

      Toe ek en Markus in die laerskool was, het ons van dieselfde meisie gehou. Hy het haar hart gesteel, voordat hy dit gebreek het. Ons spot nou nog daaroor.

      “Ek werk nog daaraan om Lisa my meisie te maak, oukei? So hande tuis.”

      “Weet Ma dit?”

      Markus se woorde voel soos ’n mes wat in my borskas steek.

      My ma is gedurig besig om die een of ander perfekte meisie aan my en my broer af te smeer. Almal met status, natuurlik.

      “Jy sê nie vir Ma nie,” dreig ek. “Die laaste ding wat ek nou nodig het, is vir haar om more by my woonstel op te daag en vir my te preek oor hoe hoog my standaarde behoort te wees.” Ek sweer my ma het ’n checklist wat sy soos ’n inkopielys afmerk elke keer as een van haar kinders van iemand hou.

      “Jy weet ek sal nie. Ek weet mos hoe sy is. Net verlede week moes ek weer keer of sy het vir my ’n date gereël. Die meisie se pa is blykbaar belangrik,” sê Markus kopskuddend. “Sterkte, jy gaan dit nodig hê. Ek is seker Ma sal mal wees oor daardie panther op Lisa se rug. Dit sal perfek by haar plan vir jou inpas.”

      Markus knipoog en lag. “En terloops, daardie ass is die beste wat ek in ’n lang tyd gesien het.” Hy spring sommer twee treë agteruit toe hy dit sê. Hy weet ek sal nie skroom om hom met die vuis by te kom nie.

      Met dié kom Lisa by die vertrek ingestap. Ek en Markus is skielik tjoepstil. Ons kyk na mekaar. “Nou toe, ek moet waai. Ek het rondtes om by die hospitaal te doen.” Markus druk die salf en pille in my hand. “Smeer dit vir Lisa aan,” sê hy. Ek wil amper glimlag. Dit is sy manier om vrede te maak. Nie dat ons baklei het nie. Ek en Markus verstaan mekaar.

      Voordat Markus by die deur uitloop, fluister hy iets in Lisa se oor. Sy glimlag vriendelik. Hy lig net sy hand en stap by die woonstel uit. “Sien julle.”

      Wat het hy vir haar gesê?

      Lisa

      Markus se woorde wat hy in my oor gefluister het kom weer by op: “Gee my broer ’n kans, Blondie. Hy’s ’n goeie ou.” Maar wat sal Estian van my dink as hy weet wat ek onder my bed wegsteek?

      Estian gee vir my water sodat ek die pille kan drink. Hy staan steeds met die salf in sy linkerhand. Is hy te skaam om dit aan te smeer?

      “Jy moet seker maar die salf aansmeer of hoe? As jy nie wil nie, sal ek my kamermaat vra.”

      “Nee, natuurlik nie. Ek sal. Um, draai om,” sê hy. Estian vat my hare versigtig en bondel dit oor my skouer. Net toe hy my T-hemp oplig, lui die deurklokkie.

      Ek kyk na Estian. Dit sal Dewald wees. Ek wens skielik ek kan nog langer hier bly.

      “Jammer,” sê hy. “Jy sal maar jou kamermaat moet vra. Dewald sal my nek omdraai as hy sien ek vat aan jou kaal rug.” Ek lag net.

      Ons vat gelyktydig aan die deurhandvatsel. “Gee my asseblief ’n kans om jou beter te leer ken?” vra Estian skielik. Sy hand


Скачать книгу