Tienerharte 3: Hartedief. Cecilia Steyn

Читать онлайн книгу.

Tienerharte 3: Hartedief - Cecilia Steyn


Скачать книгу
’n notaboek op ’n tafel by sy voordeur lê.

      “Mmm … ek het dit klaar,” sê hy verleë. “Ek het nog net nie die moed gehad om jou te bel nie.”

      Daar is weer ’n klop aan die deur. Ek glimlag. Hy het nog die heeltyd my nommer? Ek skryf my nuwe nommer op die papier. “My nommer het verander. Bel my,” sê ek.

      Estian vat die papier uit my hand en kyk daarna asof dit sy waardevolste besitting is.

      Estian

      Buite Bohemia staan ek vir Lisa en wag. Sy is die rede vir my goeie bui vandag. Ek verstaan nou hoekom ’n mens die weirdste goed doen as jy verlief is. Ek was skoon lus om haar naam op my borskas te laat tatoeëer! Nie eens my ma kon my omkrap nie. Twee van Ma se goedgekeurde jong dames was vandag weer vir middagete by hulle huis. Een vir my en een vir Markus. Dankie tog vir hom. Hy het sommer al twee geselskap gehou omdat hy weet hoe ek oor Lisa voel.

      My hart voel of dit gaan staan toe my oog ’n bekende bos blonde hare vang. Ek wou haar oplaai, maar sy het daarop aangedring om op haar eie te kom. Lisa se hare is in ’n hoë poniestert op haar kop vasgemaak.

      Sy het ’n sexy eenstuk aan. Die sagte bont materiaal sit perfek aan haar lyf en haar lang bruin bene terg my met elke tree wat sy gee. Dit lyk of sy eerder op ’n loopplank in Milaan hoort as agter ’n naaimasjien op Stellenbosch.

      Toe sy voor my staan, trek ek haar nader vir ’n vriendelike omhelsing. Ek moet keer of my hart spring uit my keel. Haar lippe raak sag aan my wang en vir ’n sekonde kan ek sweer sy trek haar asem in. Lisa ruik soos blomme en sonskyn.

      “Hi,” sê sy.

      “Hi,” sê ek terug. “Hoe’t jy hier gekom?”

      Lisa glimlag ondeund. “Met my fiets,” sê sy trots.

      “Jy’s nie ernstig nie. Met daai mooi uitrusting?”

      “Jip. Ek klim nie saam met vreemdelinge in karre nie,” sê sy spottend. Hopelik na vanaand is ek nie meer ’n vreemdeling nie.

      Ek knik net. Lisa is soos geen meisie wat ek al ooit ontmoet het nie. In my verbeelding sien ek een van my ma se kandidate vir my in ’n ontwerpersuitrusting op ’n fiets. Ek lag amper hardop. Ek vermoed elke dag saam met Lisa sal ’n avontuur wees. “Binne of buite?” vra ek vir haar en beduie na die kuierplek.

      “Besluit jy,” sê sy. Ek hou my hand na Lisa toe uit. Haar vingers vou om myne.

      “Kom ons sit binne.” Die geel mure is versier met funky muurskilderye. Bo ons tafel is daar een met Salvador Dali wat ’n bottel Black Label vashou.

      Toe ek Lisa se stoel vir haar uittrek, merk ek vir die eerste keer haar rug is effens kaal. Die black panther wat gedeeltelik na my loer, kyk my waarskuwend in die oë. Ek het nog nooit ’n meisie met ’n tatoe gedate nie. Markus is reg, my ma gaan ’n hartaanval kry. Sy sal my seker onterf, maar iets in my gee nie om nie. Hierdie meisie het my betower.

      Ek gaan sit oorkant Lisa. Haar blik skuif oor die mure.

      “Die plek is so cool. Ek kan nie glo Dewald-hulle het my nog nie hiernatoe gebring nie,” sê sy en glimlag.

      “Ek het gedink jy sal hiervan hou.” Ek wink ’n kelnerin nader en glimlag verleë. Voorheen sou ek my glimlag en my kuiltjies vir die waitress geflash het, maar sedert ek vir Lisa ontmoet het, sien ek geen ander meisie raak nie.

      “Wat wil jy drink?” vra ek vir haar.

      “’n Mojito, asseblief,” sê Lisa. Die kelner knik.

      “’n Black Label vir my, en bring asseblief ’n appel-en-kaneel-hubbly en ’n tappasbord.”

      “Hubbly?” vra Lisa toe die kelner wegstap. “Is dokters nie veronderstel om te weet dis ongesond nie?”

      “’n Bietjie sal nie skade doen nie. Ek wil hê jy moet die hele effek van die plek kry. Ek het dit spesiaal vir jou gekies,” verduidelik ek. Lisa se blou oë lyk vanaand soos die Mediterreense see. Daar is ’n ekstra glinstering in hulle toe sy glimlag.

      “Dis gaaf van jou. Ek waardeer dit,” sê sy.

      “Hoe voel jou vel?” vra ek.

      “Baie beter. Die ongemak is weg en die tatoe lyk stunning.”

      “Ek het so opgemerk,” sê ek en sy glimlag skaam. Lisa se vol lippe laat my hart jaag. Ek kan my net indink hoe lekker haar mond op myne sal voel. Hoe het hierdie meisie my so beet?

      Die kelnerin onderbreek ons gesprek toe sy die bestelling bring. Die meisie wat ons bedien, het lang rooibruin hare. Haar swart uniform klou soos clingwrap aan haar lyf. Jip, teen dié tyd het ek al haar naam en nommer gehad, maar nou gee ek nie om of dit Selena Gomez is wat my bedien nie.

      “Wat het jy die naweek gedoen?” vra sy toe die meisie wegstap. Lisa roer die mentblare onder in die glas ingedagte met die strooitjie. Sal ek vir haar sê ek het die hele naweek net aan haar gedink?

      “Niks belangriks nie. Ek was by my ouers op die plaas.” Die laaste ding wat ek wil doen is om Lisa te verveel met details oor my naweek. “Miskien moet ek jou ’n bietjie volgende naweek ’n toer van Stellenbosch gee. Ek weet presies waarnatoe om jou te vat,” sê ek.

      “Dit klink geheimsinnig. Is jy nie baie besig met jou swottings nie?” vra sy.

      “Ek sal tyd maak. Geen probleem,” sê ek en kug. My tyd is deksels kosbaar, maar vir hierdie meisie sal ek selfs ’n paar deurnagte doen om seker te maak ek raak nie agter nie.

      “Nou goed dan. Dis ’n date,” sê sy spottend en hou haar hand na my toe uit. Lisa se hand is sag en warm. Ek is seker dis hoe haar hele lyf voel. Ek hou haar hand te lank vas voordat ek dit skud.

      Lisa vat die hubblypyp wat ek na haar uithou huiwerig. Haar vol lippe vou om die tuit voordat sy diep intrek. Die rook sypel stadig by haar mond uit en dit voel of ek staar, maar wie kan wegkyk? Alles wat Lisa doen lyk sensueel en aanloklik. Ek wil elke deel van die daardie lippe met my tong verken.

      Haar foon wat vibreer ruk my uit die waas uit.

      Lisa lees die boodskap op die skerm. Haar wange word stadig bleek en dit lyk of elke bietjie kleur uit haar gesig verdwyn. Het sy slegte nuus gekry?

      “Ek moet gaan.” Lisa se oë gly angsbevange oor die mense in die restaurant voordat sy haastig opstaan.

      Het ek iets verkeerds gedoen?

      “Is als oukei? Ons het nog nie eens geëet nie,” keer ek. Ek sit my hand op hare.

      “Ek kan regtig nie bly nie. Iets belangriks het voorgeval,” sê sy.

      “Iets waarmee ek kan help?”

      “Nee, ongelukkig nie.”

      “Laat ek jou ten minste dan net huis toe vat,” bied ek aan. “Ek sal jou fiets later kom haal.”

      “Nee, dis regtig nie nodig nie. Jammer, Estian. Dit was lekker. Ek sal jou bel oor volgende naweek,” sê sy. Lisa gee my ’n piksoen op die wang voordat sy haar handsak vat en haastig wegstap.

      Ek wil opspring en agter haar aanloop, maar los dit eerder.

      Lisa

      Dit voel of ek nie die pedale vinnig genoeg kan trap nie. My hart hamer teen my ribbes en my bene voel soos jellie. Al wat ek nou wil doen, is by die huis kom. Die deur agter my sluit en wegkruip. Het Thomas my nuwe nommer in die hande gekry of is dit hulle? Die boodskap op my foon wys unknown number. Lafaards.

      Estian dink seker ek is stapelgek omdat ek net so opgestaan en uit Bohemia geloop het. Maar na daardie boodskap moes ek net wegkom. Dit het my net weer herinner om nie nou by iemand betrokke te raak nie. Hoe kon Estian my so vinnig laat vergeet het wat regtig in my lewe aangaan?

      Uitasem draai ek by ons straat in. My hart voel of dit uit my keel wil klim. Buite die woonstelkompleks staan ’n reusagtige


Скачать книгу