Eindspel. Wilna Adriaanse

Читать онлайн книгу.

Eindspel - Wilna Adriaanse


Скачать книгу
te weet nie.

      Mense vra dikwels waarom het jy besluit om ’n polisieman te word. Hy het agtergekom elkeen het sy eie rede. Sommige verstaanbaar, ander byna lagwekkend naïef. Hy het nog nooit vir ’n ander een se rede gelag nie, want syne is waarskynlik die ergste graad van naïwiteit wat jy kan kry. Hy vermoed as ’n seun sonder ’n pa grootword, probeer jy die res van jou lewe om jou eie held te word. Die probleem is dat jy nie werklik weet hoe dit moet lyk of voel nie, so op ’n dag betrap jy jouself dat jy soos ’n hond voel wat sy eie stert jaag. En tog hou jy maar aan. Dalk in die hoop dat jy eendag in iemand anders se oë iets sal sien wat jy nie self kan sien nie.

      Nols het met ’n pa grootgeword.

      Hoofstuk 5

      Ellie sit op ’n bankie in die Kompanjiestuin. Sy kyk al ’n paar minute lank na haar selfoon. Voor sy verder kan dink, skakel sy ’n nommer.

      “Greyling.”

      “Dis ek.”

      “Babes! Waar is jy?”

      Ellie ignoreer die ou aanspreekvorm. “Waarom soek jy my?”

      “Wat bedoel jy?”

      “Waarom het jy vir Clive gebel om te hoor waar ek is?”

      “Ek was bekommerd oor jou en wou hoor of hy weet hoe dit met jou gaan en waar jy is. Niemand anders het blykbaar kontak met jou nie.”

      “En die ouens wat my gister kom soek het?”

      Dit raak stil, dan vra hy: “Waar is jy? Ek moet met jou praat.”

      Ellie huiwer. “Ek is in die Tuine.” Sy beduie vir hom waar sy sit. “Ek het dinge om te doen. As jy nie hier is oor twintig minute nie, loop ek.”

      “Ek is binne tien minute daar. Moenie loop nie.”

      Ellie kyk om haar rond. Mense stap heen en weer, besig met alledaagse dinge. Oorkant haar sit ’n jong ma op haar hurke by haar peuter om vir hom ’n eekhoring te wys. Twee skoolmeisies stap vinnig verby. Hulle asems jaag soos hulle gesels. Hulle herinner haar aan haar en Melissa. Sy moet vir Melissa bel. Teen hierdie tyd praat sy dalk glad nie meer met haar nie.

      Sy is nog besig om aan Melissa te dink, toe sy die bekende figuur haastig sien nader stap. Sy hare is effe langer as gewoonlik en sy klere van ’n beter gehalte as toe sy hom leer ken het, maar verder lyk hy nog dieselfde.

      Kaptein Albert Greyling is ’n aantreklike man met sy blonde, windverwaaide hare en netjiese lyf. Op vyf-en-dertig is hy waarskynlik op die kruin van sy loopbaan. Hy is bereid om hard te werk en sy suksesse getuig daarvan.

      Haar pa het sy bedenkinge oor Albert gehad. Dit was egter ’n onderwerp waarvan hulle twee probeer wegskram het, veral nadat Ellie en Albert begin uitgaan het. Vandag het sy vrae oor Albert wat sy wens sy haar pa kon vra.

      Hulle twee het mekaar laas in brigadier Ibrahim Ahmed, hoof van die polisie se eenheid vir ernstige ekonomiese misdaad in die Kaap, se kantoor gesien. Sy is nou nog nie seker wat presies verkeerd gegaan het met hulle saak nie, ook nie wat Albert se aandeel daarin was nie.

      Gedurende die afgelope paar maande het sy besluit sy wíl dalk ook liewer nie weet nie.

      Sy merk hoe hy huiwer toe hy haar sien, dan glimlag hy. “Ek het jou amper nie herken nie. Toe ek jou laas gesien het, was jy nog ’n donkerkop.” Hy kom sit langs haar, leun nader en soen haar op die wang. “Hel, jy lyk goed.”

      “Waarom wil jy my sien?”

      Hy sit half terug, kyk na haar bo-oor sy sonbril. “Moenie dit doen nie. Ek is nie die duiwel nie.”

      Ellie sug. “Albert, hierdie is nie ’n sosiale besoek nie. Ek wil nie small talk maak nie.”

      “Ek was bekommerd oor jou. Is dit ’n sonde? Jy het sommer net verdwyn.”

      “En toe bel jy toevallig hierdie naweek vir Clive om uit te vind waar ek is? Waarom glo ek jou nie?”

      “Wanneer laas het jy vir Clara Veldman gesien of van haar gehoor?”

      “Toe ek vyf maande gelede weg is.”

      “En nog nooit weer nie?”

      “Nee.”

      “Sou jy my gesê het as jy kontak met haar gehad het?”

      “Dit hang af.”

      “Mac, moenie nou speletjies probeer speel nie.”

      “Waarom wil jy weet?”

      Hy sit terug op die bankie. Strek sy arms op die rugleuning. “Williams vermoed sy is Vrydagaand ontvoer.”

      “Deur wie?” Sy moes geweet het Happy sou dit nie vir haar vertel het as hy nie seker van sy feite was nie. Sy besluit om nie vir Albert te sê sy was reeds daarvan bewus nie.

      “Your guess is as good as mine. Dit kan letterlik enigeen wees. Jy weet self hoeveel mense sal vir Williams wil bykom.”

      “Werk jy steeds vir hom?”

      “Ek het nooit vír Williams gewerk nie.”

      “Albert, ek gee nie om wat jy vir die ander vertel nie, maar jy kan nie vir my lieg nie. Alles met jou en Williams was nie altyd above board nie.”

      Hy raak aan haar skouer en draai haar sodat sy na hom kan kyk. “Ek het jou destyds gesê ’n mens doen wat gedoen moet word om so ’n operasie te laat slaag. Ons is nie hier met popspeletjies besig nie, en niemand van ons is meer virgins nie. Ons almal weet waarvoor ons in is.”

      Ellie skud haar kop. “Ek stel nie belang nie. Dis jou lewe. Solank jy net besef daar is ander mense ook betrokke en jy het geen reg om hulle lewens in gevaar te stel nie.”

      Hy gooi sy hande in die lug. “My fok! Was dit ek wat jou seergemaak het? Het ek ooit jou lewe in gevaar gestel? Ek het jou die hele tyd op hoogte gehou. Waarom wys jy nie daai vinger na jou vriend Malherbe of Barnard nie?”

      Ellie wil hom vra wat van die aand op die pad by Rietvlei, en of hy ooit oor Reggie se aandeel getuig het, maar sy het nie lus om daardie koeie uit te grawe nie.

      “Albert …” Sy haal diep asem. “Ek weet nie waarom ons hieroor praat nie. Dis dinge wat verby is. Ek is jammer dit het nie verloop soos ons gehoop het nie, maar dis maar soos dit gaan. Ons albei weet dit. Dis deel van die job.” Sy draai na hom toe. “Wie was dit wat my kom soek het?”

      “Twee jong ouens wat vir Williams werk.”

      “Jy het vir Williams vertel waar ek is! Waarom het jy nie self gekom nie?”

      “Ek word op die oomblik so toegegooi met werk, ek kan my nie draai nie. Jy het nie ’n idee hoe dit by ons gaan nie. Die donnerse Ahmed dink ek is ’n kind. Ek kan omtrent nie nies voor ek vir hom toestemming gevra het nie en ás ek dit waag om te nies, moet ek vir hom na die tyd omtrent ’n verslag in triplikaat daaroor invul.” Hy sit vorentoe. Rus met sy arms op sy bene. “Ek het die laaste paar maande al ’n paar keer gedink ek vat sommer my goed en fokof. Ek het my gat afgewerk om Williams en sy mense se vertroue te wen. Daai skorsing, al was dit net vir ’n maand, het skade aangerig. Ek het hulle amper verloor. Toe Williams my bel, het ek nie gedink dit sal skade doen as ek probeer uitvind waar hulle jou kan kry nie. Hulle is redelik desperaat.”

      Ellie kyk na sy rug en moet haarself keer om nie aan hom te raak nie. Hy is nie ’n slegte mens nie – net soms so verdwaal in sy komplekse geaardheid. Die verkleurmannetjie met ’n groot verskeidenheid skakerings. Sy wonder of hy nog self aldag weet wie en wat hy regtig is.

      “Waarom dink Williams ek weet iets?”

      “Clara het jou blykbaar die laaste tyd vreeslik gesoek.”

      Die woorde tref Ellie êrens onder haar ribbes. Daar waar dit al lankal seer is. Sy sien weer Clara se gesig voor haar. ’n Jong meisie met baie probleme.

      “Ek weet nie waar Clara is nie. Ek gee ook nie om wie dit glo of


Скачать книгу