Stroomop. Adeline Radloff
Читать онлайн книгу.man se oë lees.
Not now, please.
Sy onderdruk ’n sug. Sy het nog altyd David se oordeel vertrou, veral as dit by hulle mooi, trotse, slim, komplekse dogter kom. Maar somtyds kan sy nie anders as om te dink dat hy té sag met die kind is nie. Geen wonder hy’s die gunstelingouer nie. Geen wonder hy kry ’n warm omhelsing van Nixie terwyl sy net ’n koel kopknik kry nie. Geen wonder …
Nee. Stop.
Diona dwing haarself om haar bitter gedagtegang te staak, die koel, logiese regsgeleerde nou direk in stryd met die emosioneel weerlose ma. Dit is waar dat Nixie en David se verhouding haar baiekeer uitsluit, maar sy het hulle nog altyd daardie spesiale band gegun. Natuurlik het sy. Die noue verbintenis is oor jare gebou terwyl sy by die werk was, en nou spreek hulle verhouding van al daardie aande saam om die etenstafel, net hulle twee, en die lang ure wat haar man alleen langs die sportveld deurgebring het, en die hande wat hy seer geklap het elke keer wanneer haar sitplek by ’n prysuitdeling leeg was.
Sy knik effentjies, forseer ’n glimlag in sy rigting. As dit moet, sal sy vanaand dan maar weereens sy leiding neem. Sy sal haar bekommerde vrae sluk saam met haar onsekerhede, en haarself soos gewoonlik op die agtergrond plaas.
Mens doen sulke dinge vir jou kind.
Terwyl David die tee skink, maak sy ’n volgende geskenk oop, die glimlag op haar gesig soos ’n rek wat te styf gespan is. Dis nog ’n goedkoop aandenking, die soort wat jy op die lughawe koop: een van daardie poppies met die koppe wat so knik, kamstig gemaak om te lyk soos koningin Elizabeth.
“Thanks, Nix.”
Maar sy moet wonder of daar so ’n ligte stekie in die keuse van geskenk skuil. Haar dogter het haar al ’n paar keer “Your Highness” of “Your Majesty” genoem wanneer sy geïrriteerd was met haar.
Dit neem ’n rukkie voordat Diona haar emosies genoegsaam onder beheer het om op die gesprek tussen haar man en dogter te fokus. Hulle praat oor koeitjies en kalfies: die weer in Londen, die buurt waar Nixie gebly het, die plekke wat sy besoek het …
“There’s this cute coffee shop on the corner where we … I stayed. You would die for their pancakes, Dad.”
Diona voel hoe elke haar op haar kop skielik regop staan. Jy word nie ’n senior vennoot in een van die land se grootste prokureursfirmas as jy nie die vermoë het om fyn te luister nie. Sy stuur ’n benoude blik in David se rigting, maar hy maak natuurlik asof hy niks agtergekom het nie.
“Are you saying they’re better than my Pixie Pancakes?” vra hy met daardie warm glimlag van hom.
Sy dogter glimlag terug, haar gesig stralend onder haar wilde bos donker krulle. “Never. But a close second.”
Teen dié tyd kan Diona dit nie meer hou nie, die woord soos ’n brandende kool op haar tong wat sy eenvoudig móét uitspoeg: “Stayed?”
Die stilte wat neerdaal, ken sy goed – die abrupte swygsaamheid van ’n beskuldigde wat uitgevang is onder kruisverhoor. En dan, voorspelbaar genoeg, kom die ontwyking.
“Well, I’m exhausted.”
“You said stayed. Past tense.” Haar stem klink skerper as wat sy dit wou hê, en meteens is die spanning dik in die lug.
“We should go camping,” stel David opgewek voor, sy poging om die gesprek terug op ’n neutrale basis te kry so deursigtig soos dié van ’n kind.
“Soos in, jy bly nie meer daar nie?” Diona weet goed dat sy meer soos ’n kwaai prokureur as ’n ma klink. Maar hoe kan sy anders? Hoe sal sy ooit weet wat aangaan as sy nie vra nie?
Langs haar vryf David nou sy hande saam met gedwonge gemoedelikheid, sy oë te groot, sy glimlag te breed. Sy ken daardie uitdrukking goed, dink Diona met ’n stekie pyn. Dis hoe hy altyd lyk as hy desperaat probeer om ’n argument tussen sy vrou en sy dogter te verhoed.
“This is perfect,” sê hy met nog ’n vinnige, pleitende kyk in haar rigting. “You said your case finishes early tomorrow. If we hit the road by five, we could watch the sunrise over the river.”
Sy moet nou ophou, dink Diona. Die seine van haar man se kant af kan nie helderder wees nie. Maar sy kan haarself nie keer nie. Dit druis eenvoudig teen elke grein van haar wese in om ’n ooglopende probleem nie trompop te pak nie.
Sy draai weg van David, vestig haar blik op haar dogter. “So where do you stay now?”
“Upstairs.” Nixie se antwoord is kortaf, haar gesig nou bot en uitdrukkingloos.
“And your articles?”
Nixie se stilte is genoeg van ’n antwoord om Diona se stresvlakke die hoogte te laat inskiet. “Are you saying that …” Dit kan tog sekerlik nie wees nie! Daardie kursus was ’n eenrigtingkaartjie na ’n leeftyd van professionele sukses! Sy voel hoe haar keel toetrek. Verstáán Nixie nie hoe moeilik dit is om jou plek in die wêreld oop te veg as jy ’n bruin vrou is nie? As sy net dink wat sý alles moes opoffer om te kom waar sy vandag is, en nou wil haar dogter haar hele toekoms net so weggooi!
“Girls.” David se stem is kalm en rustig. Helend, soos salf op ’n rou wond. “Not tonight.”
Dis vir hulle albei ’n teken. Diona byt op haar onderlip. Nixie glimlag vinnig vir haar pa. “Thanks for the tea, Dad.” Knik dan koel in Diona se rigting. “Nag, Ma.”
In die stilte wat volg, kyk Diona na die poppie wat Nixie vir haar persent gegee het – die karikatuur van die Queen, ’n ou vrou met baie mag wat haar kop gedwee skud as jy daarop druk.
Is dit wat Nixie van haar wil hê? Om maar altyd net ja te sê?
Sy druk die kop. Ja, ja, ja.
Druk weer. Ja, ja, ja.
Maar dan druk sy te hard en die goedkoop poppie se kop vlieg van haar lyf af en skiet wild die donkerte in.
Vivian
Die vrou op die skerm is sexy. Nie beeldskoon nie, maar sexy. ’n Vol, gul mond. Kurwes op al die regte plekke. ’n Avontuurlustige blik in vonkelende oë. ’n Dik bos rooi krulle wat blink soos hare in ’n Pantene-advertensie.
Vivian klik deur die foto’s op Phillip se Facebook-muur, ’n hol kol op haar maag. In een reeks foto’s is hy en die rooikop besig om valskerm te spring. In ’n ander reeks is hulle besig om by die een of ander eilandparadys te diepseeduik. Daar is foto’s waar hulle in ’n woestyn om ’n groot oop vuur kuier, foto’s waar hulle op ’n rivieroewer kampeer, foto’s waar hulle vanaf ’n oop voertuig na ’n trop leeus kyk.
Dan word die laaste lig in die andersins leë kantoorgebou afgeskakel, en in plaas van Phillip se Facebook-rooikop, sien Vivian nou haar eie gesig in die rekenaarskerm gereflekteer. Die kontras is so skreiend dat sy wil naar word.
Is sy regtig so muisvaal soos sy nou op die skerm lyk? wonder sy verslae. Is haar hare regtig daardie vervelige skakering van donkerblond? Haar lippe so dun en uitgedroog? Haar vel so grys? Haar oë so dof agter die lense van haar bril?
Miskien is dit net die lig. Sy was dalk nog nooit die mooiste meisie in die wêreld nie, maar ’n plain Jane is sy darem ook nie.
Of is dit maar net wat sy haarself wil wysmaak? Met die sexy rooikop se gesig langs haar eie is sy glad nie meer so seker nie. Wie behalwe ’n plain Jane werk in elk geval as ’n risiko-analitiese datanavorser by ’n mediese versekeraar?
Toe sy opkyk van haar rekenaar, is dit asof sy haar omgewing met nuwe, meer kritiese oë beskou. Haar kollegas se werksareas is versier met kleurvolle foto’s, potplante en persoonlike items, aandenkings van vervullende, opwindende lewens buite die kantoor. Net haar eie werkshokkie is onpersoonlik – so vervelig soos syself. En geen wonder nie. Waarvan sou sy ’n foto uitstal? Die lekkende kraan in haar woonstel? Aande alleen voor die TV? Naweke waarin sy niks meer stimulerends doen as om haar gordyne te was nie?
Sy maak haar rekenaar met ’n sug toe. Dis seker tyd om