Boos en Bisar. Chris Karsten

Читать онлайн книгу.

Boos en Bisar - Chris Karsten


Скачать книгу
Faizel Gaffoor (25) in Rylands in hegtenis geneem, twee motorwerktuigkundiges en van hul kleuterdae af boesemvriende.

      Binne agt dae, vanaf die vorige Sondagoggend nog voor die lyke gekry is tot die volgende Sondag, is elf jong mense aangekeer.

      Op 9 Mei gee die bendeleier Igshaan (Sanie American) Davids, en broer van Clinton, hom by Bellville-Suid se polisiekantoor oor nadat ’n lasbrief uitgereik is dat hy van die verdagtes in die “Crazy”-moorde geïntimideer het.

      Hy het glo aan Anushka Anthony, Zubair Davids en Yazeed Eyssen gesê: “As my broer gevonnis word, sal julle ook gevonnis word.”

      Maar in Oktober word hierdie klag teen “Sanie America” teruggetrek.

      Pleitooreenkomste

      Die regsbeginsel van “pleitooreenkoms” is vanaf 14 Desember 2001 in die Suid-Afrikaanse regstelsel van toepassing nadat die Strafproseswet gewysig is.

      Dit laat die vervolgingsgesag toe om met ’n beskuldigde wat ’n regsverteenwoordiger het, ’n ooreenkoms oor sy pleit en vonnis aan te gaan. Onderhewig aan sekere voorwaardes mag ’n hof só ’n beskuldigde dan skuldig bevind en vonnis sonder dat ’n verhoor plaasvind.

      Die beginsel van ’n pleitooreenkoms was aanvanklik omstrede, en is steeds in sekere regskringe, omdat dit sou behels dat ’n beskuldigde bereid is om op ’n minder ernstige aanklag skuld te beken in ruil vir ’n ligter vonnis, sonder die las op die staat om ’n oortreder se skuld te bewys. Sulke pleitooreenkomste geskied met die goedkeuring van slagoffers of hul naasbestaandes.

      Die regsproses in die “Crazy”-moordsaak word aansienlik bespoedig deur verskeie sulke pleitooreenkomste waarin die Goldin- en Bloom-familie insae kry.

      Jade Wyngaard en Nurshad David, wat by was toe Brett en Richard in Bakoven ontvoer is, word in Mei ná pleitooreenkomste elkeen tot 34 jaar tronkstraf gevonnis op verskeie aanklagte, onder meer menseroof en roof met verswarende omstandighede. Maar omdat van die vonnisse gelyklopend uitgedien word, beteken dit dat hulle effektief 12 jaar tronkstraf kry.

      Enkele dae later beken ook Zubair Davids en Yazeed Eyssen skuld op aanklagte van voertuigdiefstal en die besit van gesteelde goedere. Zubair beken ook skuld op aanklag van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

      Hulle word elkeen tot vier jaar tronkstraf gevonnis, waarvan twee jaar vir vyf jaar opgeskort is. ’n Voorwaarde van hul pleitooreenkomste is, soos dié van Jade en Nurshad, dat hulle in die moordverhoor van Shawaan Marlie en Clinton Davids sal getuig.

      In Junie verskyn Reshaad Shaik en Faizel Gaffoor in die hof oor die diefstal van Richard se Polo. Hulle het die kar vir R3 000 gekoop nadat dit die Sondagoggend in Bakoven gesteel is, maar toe hulle hoor van die moorde, het hulle kop uitgetrek.

      Ook hulle gaan pleitooreenkomste aan en word in Februarie 2007 skuldig bevind weens die besit van ’n gesteelde motor. Hulle sê Yazeed Eyssen het hulle gebel en Richard se Polo teen R7 000 vir hulle aangebied. Dié bedrag is later tot R5 500 verminder en toe tot R3 000.

      ’n Paar maande later word Reshaad Shaik en Faizel Gaffoor elkeen tot R5 000 of drie jaar tronkstraf gevonnis, met ’n verdere drie jaar opgeskort vir vyf jaar. Die landdros neem in ag dat albei jong mans eerste oortreders is wat nie drank of dwelms gebruik nie en dat hulle skuld beken het.

      Die twee se ma’s vra Brett en Richard se families om vergifnis en getuig ter versagting hoe hul seuns “huiskinders” is wat hul tyd in hul kamers of met voertuie deurbring.

      “Elke dag moet ons verby die M5 ry en aan hulle [Brett en Richard] dink. Mag God met hulle in die hemel wees,” getuig Latiefa Shaik, en haal haar kopdoek af. Sy is kaalkop weens kankerbehandeling.

      Cheryl Gaffoor sê sy is ’n weduwee. Haar man is ’n jaar tevore oorlede. “My mammie het in Mei vanjaar afgesterf. Dan het ek nog die bekommernis oor Faizel.”

      Van die elf wat aanvanklik aangekeer is, is ses gevonnis: Jade Wyngaard, Nurshad David, Zubair Davids, Yazeed Eyssen, Reshaad Shaik en Faizel Gaffoor.

      Nog drie, Rameez Sayeed, Trevino Cairncross en Anushka Anthony, is vrygelaat.

      Die twee moordenaars, Shawaan Marlie en Clinton Davids, is ook besig om pleitooreenkomste aan te gaan.

      ‘Hou op kla’

      Die Brett Goldin-beursfonds word gesamentlik deur die Royal Shakespeare Company in Engeland, The Actors Centre in Johannesburg en die Baxter-teater in Kaapstad gestig. En in Kaapstad stel Craig Port op ’n spesiale modeparade, wat deel is van die Suid-Afrikaanse Modeweek, die Richard Bloom-stigting bekend, ’n trustfonds om jong ontwerpers in die bedryf te help.

      Maar net twee maande ná die gruwelike moorde ontlok die minister van veiligheid en sekuriteit, Charles Nqakula, groot omstredenheid en woede onder die derduisende slagoffers van misdaad in die land. Hy sê in die parlement misdaad is nie so ernstig nie en dis net wittes wat daaroor kla.

      “Hou op kla of trap uit die land,” sê Nqakula in die bespreking van sy begrotingspos. Wat die DA-leier, Tony Leon, herinner aan die woorde van ’n vorige minister van die gewese regerende Nasionale Party. Jimmy Kruger het in 1977 oor die dood van die swartbewussynsleier Steve Biko in polisie-aanhouding gesê Biko se dood “laat my koud”.

       Hy sê in die parlement misdaad is nie so ernstig nie en dis net wittes wat daaroor kla.

      Nqakula se opmerkings volg kort op een van die grootste optogte teen geweld in Suid-Afrika wat deur ’n bekende Kaapse egpaar, Soli en Toni Philander, gelei is. Hulle het al ’n paar keer onder misdaad deurgeloop, en die optog het gevolg nadat Toni se ma, mev. Eugene Schaefer, op Parys in die Vrystaat in haar huis vermoor is.

      Toni sê: “Dis skandalig [die minister se woorde] en ’n belediging vir die land se inwoners. Die ANC-politici is meer bekommerd oor hul eie politieke speletjies as die land se inwoners.”

      Denise Goldin noem die uitspraak “ongevoelig, skokkend en in uiters slegte smaak. Dit wys hy is iemand met absoluut géén meegevoel met slagoffers of hul naasbestaandes nie. Hy gee nie ’n aks om hoe ons mense voel wat gesinslede gewelddadig verloor nie. Ons gesin is heeltemal gebroke, ons lewe verwoes.”

      Anita Rabie van Bellville, wie se ma, mev. Christelene Rossouw (78), drie weke tevore in Welgemoed vermoor is, sê: “Ons sal aanhou kla, want jy mág kla as jou geliefdes vermoor word. Waar anders as by die regering moet ons kla as ons regte vertrap en ons lewe vernietig word?”

       “Hy gee nie ’n aks om hoe ons mense voel wat gesinslede gewelddadig verloor nie. Ons gesin is heeltemal gebroke, ons lewe verwoes.”

      Oloff Bergh van Somerset-Wes wie se ma, Joy van Aarde (78), die vorige week in haar huis in Gordonsbaai met ’n vleishamer doodgeslaan is, besoek selfs die parlement om te vra dat iets aan die misdaadsituasie gedoen word.

      Die swanger verloofde van Clifford Bacon, die vermoorde mev. Van Aarde se buurman, is dieselfde nag verkrag en Bacon, sy seun, Calvin, en dié se vriend Michael Billson (19) is ure lank in hul huis met messe geterroriseer.

      Bacon sê: “Ná wat met ons gebeur het, sal ons seker maak ons stem word gehoor. Dis ’n verskriklike gedagte dat ons nie op die regering kan staatmaak om ons te beskerm nie. Die minister se ongevoelige uitspraak is ’n klap in die gesig van landsburgers.”

      Tina van Wyk van KwaZulu-Natal sê die minister se woorde maak haar woedend. Sy en haar man, Koos, was in April die slagoffers van ’n aanval waarin haar man se voetsole afgesny en hy in ’n bad vol kookwater gegooi is.

      “’n Mens se lewe verander, alles verander, jou liggaam, siel en familie.”

      Chris Roos, wie se broer, De Ville, kort tevore op ’n plaas buite Brits vermoor is, sê hy is stomgeslaan. “Die minister het misluk, hy het die stryd teen misdaad verloor.”

      Yusuf Bhamjee, ANC-LP, wie se doktersvrou, Sabera, enkele dae tevore in Pietermaritzburg doodgesteek is, sê:


Скачать книгу