Skrapnel. Irma Venter

Читать онлайн книгу.

Skrapnel - Irma Venter


Скачать книгу
af. Spring oor ’n wankelrige heining wat twee huise van mekaar skei. Storm deur wasgoed wat in ’n stowwerige erf hang.

      Die skote kom al nader. Ek hoor iemand oor Dumi se radio skree: “Ek sien hom. Geel hemp, geel hemp. Go, go, go!”

      Dumi struikel, roep: “Stop, Alex!”

      Ek gaan staan. Leun vooroor op my knieë op soek na asem. Voel vir my notaboek. Dis nog daar, die pen ook. Ek kyk op. Ons staan langs ’n huis wat op ’n verlate, ongelyke sokkerveld uitkyk. Daar bly duisende mense in Hani Park en skielik is niemand by die huis nie.

      Dumi trek aan my skouer dat ek moet omdraai. Sy vinger rus op die sneller van die R5.

      “Bly hier,” waarsku hy. “Dis nie veilig nie. Ek gaan kyk wat aangaan.”

      Ek skud my kop. “Aikôna. Ek kan nie die storie doen as ek nie by is nie.”

      Hy druk twee vingers teen my bors. “Dis nie veilig nie, Alex. Bly hiér.”

      Hy spring weg voor ek kan antwoord. Ek kyk hoe hy hardloop, al koes-koes langs die ry huise af.

      Weer laat rus ek my bolyf op my knieë. Miskien is hy reg, maar ek gaan hom steeds netnou volg. Sodra hy buite sig is. Hier is definitief ’n storie. Daar is honderde maniere waarop ’n klopjag verkeerd kan loop, en hierdie een voel asof iemand geweet het ons kom. Iemand het die sindikaat gewaarsku. Iemand in die polisie?

      Ek haal nog ’n keer diep asem en kom dan orent. Die skielike stilte is oorweldigend. Dit sing in my ore.

      Dis nie ’n alles-is-verby-stilte nie. Dis ’n o-fok-stilte.

      Iets is verkeerd. Iets groots. Iets …

      Ek draai om.

      Voor my staan ’n man in ’n geel T-hemp met ’n Astra-pistool in sy hand. Hy hoef dit nie te sê nie, ek weet.

      “Beweeg en jy’s dood.”

      Van alles – die senuweeagtige geskuif van sy blinkswart skerppuntskoene, die goue ketting om sy nek, die sweet op sy voor­kop – is dit die pistool wat my aandag hou. Dit en sy hemp. Daar is bloed aan die metaal, sy hand en die geel katoen. ’n Fyn sproei. Soos gebeur wanneer jy iemand van naby skiet en hy op jou mors.

      Ek dink nie dit gaan vir hom ’n probleem wees om vandag nog iemand te skiet nie. Lewenslank is lewenslank.

      My hande beweeg stadig in die lug op.

      “Moenie,” sê ek sag in Engels. “Bly kalm.” Ek beduie na die letters op my bors. “Ek’s nie van die polisie nie.”

      “Wat soek jy hier?” Die pistool beklemtoon elke woord van die swaar, uitasem Engels. Sy aksent klink Frans. Wes-Afrika Frans.

      “ ’n Storie. Ek doen net my werk. Dis al.”

      Sy oë, rooi en geïrriteerd, spring rond soos dié van ’n vasgekeerde dier. Sy asem ruk deur sy lyf. Hy kyk vinnig oor sy skouer, maar daar is niemand agter hom nie.

      Die stilte bly.

      Ons weet al twee dis wat fout is: die stilte. Daar is geen voetstappe of geskree nie.

      Hy gee ’n tree vorentoe. Ek skuif ’n halfmeter terug.

      Weer.

      Nog ’n keer doen ons dieselfde absurde dans, my hande steeds in die lug. Ek gaan nie sy gyselaar word nie. Ek moet so ver as moontlik van hom af wegbly. Ek gaan nie in iemand se visier beland nie.

      Hierdie stilte beteken net een ding. Die man voor my weet dit ook.

      “Stop dit. Kom hier.” Die Astra se loop roep my nader. “Hiér.” Hy kyk weer vinnig oor sy skouer.

      Ek skud my kop. “Jy wil nie vir my hê nie. Hierdie ouens,” ek wys met my oë na die onsigbare polisielede wat ons omsingel, “gaan nie omgee om reg deur my te skiet nie. Ek’s nie een van hulle nie.”

      “Bly stil.”

      Hy kyk om toe voetstappe opklink. Versigtige naderskuif-treë links van ons, regs van ons.

      “Laat my gaan.” My stem klink verbasend kalm.

      “Bly stil!” skree hy. “En kry jou gat hier!”

      Weer skud ek my kop. Stadig. Beslis.

      “Va au diable!” vloek hy. “Merde!”

      Ek sien dit voor dit gebeur. Sy vinger om die sneller word wit.

      Ek duik regs, tussen die ry plakkershutte in.

      Die skerp klank van twee, drie skote volg, dan ’n harde vuishou in die rug wat my asem steel.

      2

      “Eina.”

      “Moenie so ’n sissie wees nie.” Dumi maak asof hy weer aan die kneusplek op my rug wil druk.

      Ek draai weg van hom en die Opel en tree oor my koeëlvaste baadjie op die grond. Trek my hemp weer aan. Die lug koel vinnig af, nes die adrenalien.

      “Sissie se moer,” raas ek. “Versigtig, man.”

      Hy lag, keer met sy hande. “Okay. Jy’s reg. Kom ons vat jou hos­pitaal toe.”

      “Ek het nie gevra om hospitaal toe te gaan nie. Dis net ’n blou­kol. Moet net nie op die ding briekdans nie.”

      Dumi skud sy kop. “Ons moet gaan check vir inwendige bloe­ding. Dit gebeur meer as wat jy dink. En mens kan nie julle koeranttipes vertrou nie. Voor ons weet, skryf jy hoe ons drooggemaak het en jou net so huis toe gevat het.”

      “Natuurlik. Jy weet mos hoe dit werk. Als is ’n storie.” Ek wil lag om te wys ek spot, maar dis te seer. Miskien het die koeël ’n rib of twee gekraak.

      Dumi moet gesien het. Hy kom nader en druk my skouer, versigtig om nie aan my rug te raak nie. “Is jy seker jy’s okay, Alex?”

      “Ja.”

      “Jy was lucky.”

      “Ek weet.” Ek kyk na die liggaam wat twintig meter verder onder ’n silwer plastiekkombers lê. “Het jy hom geken?”

      “Sy naam was Jerry.” Dumi frons, kyk na sy skoene. “Ons het dieselfde dag in Pretoria klaargemaak met ons opleiding.”

      “Ek’s jammer.”

      Hy haal sy skouers op, asof dit nie saak maak nie, maar sy hande gee hom weg. Hulle klem om die R5. Dan ontspan hy weer. Laat sak sy skouers. Skuif die wapen terug tot agter sy rug. Haak sy duime in die blou gordel in.

      “Jy’t okay gedoen vandag, Alex.”

      “Ek’s net bly julle het hom gekry.” Iewers agter ons lê nog ’n silwer kombers.

      “Ek ook. Maar weet jy wat? Môre is daar net weer iemand in sy plek. Nog iemand wat soos ’n mol grawe vir oorskietgoud in die tonnels onder ons voete. Bendes met AK’s en geen probleem om die mense te skiet wat oor hulle pad kom nie. En dit alles sodat iemand anders, iemand hier bo, in die geld kan rol.”

      “Ek sal die storie skryf.”

      “Sal nie veel help nie.”

      “Mens kan nie ophou glo nie.”

      “Wie probeer jy oortuig?”

      Dumi leun vorentoe en haal iets uit my hempsak. Hy hou die Parker omhoog. Of eerder, die een stuk van die silwer-en-blou pen.

      Ek kyk na die ink wat my linkersak vlek. Die pen moet aan stukke gebreek het toe ek grond toe geduik het.

      Dumi lig sy wenkbroue. “En met hierdie famous teorie nou heeltemal opgeneuk, moet jy mooi dink wat jy aan my verkoop.” Hy bied my die stuk pen aan.

      Ek vat dit by hom en lag suur. “Ja, okay.”

      Hy wys dat ek hom moet volg. “Kom, ek vat jou hospitaal toe. Jy’s mos vandag my verantwoordelikheid.”


Скачать книгу