Plesierengel. Leon van Nierop

Читать онлайн книгу.

Plesierengel - Leon van Nierop


Скачать книгу
uitneem, met my laaste spaargeld na onbekende stede vlieg en hom onder palmbome soen dat sy testies dreun.”

      Eers het Santa haar nie daaraan gesteur nie. Dit het haar te veel laat dink aan die boeke wat sy gelees het waarin mooi prikkelprinse onwerklik brose maagde ekstaties bevredig het. Daardie dele het haar gewoonlik verveel, want sy het nog nooit daardie gevoel ervaar wat in heldinne se lendene met ’n vuurspuwende krag opwel nie. Sy het ook nie daaraan geglo nie. Hoe lekker kan ’n mens dan ook nou kry? Lekkerder as ’n Magnum Death By Chocolate op ’n snikhete dag wanneer die sweet jou grimering opneuk? Lekkerder as wanneer die trok nog geduldig onder jou grom en dan skielik so hik dat ’n plesierpiet-pyn deur jou lendene skiet? Lekkerder as wanneer jy ’n bietjie met jouself speel daar onder, maar nog nie presies weet hoe om die gevoel te koester nie? Met die dominee se gekwetter oor selfbevlekking gedurig in haar agterkop; dan kry sy skaam en slaan weer die sonskerm af.

      Net haar trok kon haar laat lekkerkry. Lank laat lekkerkry. Maar dit was ’n lekkerte wat begin belowe het, wat getart het, maar nooit werklik gegee het nie. Soos ’n eier sonder sout. Of ’n trok wat nie grom nie.

      Maar iewers skuil regte, egte, popel-plesier. Agter die liggies van die groot stad, tussen die paar mynhope wat oorgebly het, weggesteek van die verdomde tolhekke wat soos die mure van Jerigo weier om te tuimel wanneer sy deurry, en die spoedlokvalle van verkeersbeamptes (gewoonlik met groot pense) wat haar aftrek om die trok se gewig te toets en seker te maak sy is nie te vermoeid nie. ’n Engel wat haar met Bybelse manna sou voer en die nektar uit die weduwee se kruik oor haar sou stort sodat sy blink van die plesier. Dan, en net dan, glo, tuimel die mure van Jerigo. En, o ja, iewers is ’n engel wat ’n goue harp speel.

      “Plesier, Santa. Jagsmoedige, skietpiet-plesier, my ding!”

      “O vreksel, Lieta, tog net nie drugs nie,” maak Santa beswaar. “Ek hou my nie met sulke onheilighede op nie.”

      Lieta giggel. “Niks van daai sirkus nie, Santie-Merantie. Net die aksie-satisfaksie – soos om op ’n wasmasjien te sit wat die plot verloor het. Pure plesier. Maar hy doen dit nie vir onder vyftienduisend rand nie.”

      “Blikemmer! Ek vra nie die Ef-el-flippen-toring in Paris-France nie. Ek soek net ’n bietjie liefde, soos daai TV-storie waarvan my ma-hulle altyd praat.”

      Lang storie kort. Sy het kontak gemaak met drie vroue wat deur Die Plesierengel, hoofletters en al, gediens is. Die meisies wou beskryf wat gebeur het, mét detail, maar daar was glo nie woorde wat wild of woes genoeg was nie. “Net dié wat jy in hygstories kry, maar hulle is almal te taalkundige korrek om lekkerte te laat seëvier.”

      “Santie-Merantie, hulle moet nog die woorde uitdink vir wat hy aan jou pleeg. Vergeet ‘doen’. Hy pleeg plesier.” Of: “Santa, mens, hy foeter jou uit jou fondamente dat jou siel sidder en jou punte tril en alles rits, meisiekind. Geen geld kan dit vir jou koop nie.”

      Toe het sy ophou wonder wat sy met die bonus vir haar dertigste verjaarsdag gaan doen, en finaal besluit. Te hel daarmee. Sy gáán dit vir die plesierengel gebruik, maar op haar terme en op ’n plek waar sy veilig voel.

      Sy gaan haar bonus en haar plesierrekening kombineer.

      In haar kajuit.

      Vergeet Bazaruto-eiland-reise op skepe vol celebrities. Vergeet ’n toer deur die Bybelse lande. Vergeet Parys met sy regopstaan-toring of lande met uitheemse name wat haar verwar nog voordat sy die brosjures gesien het. Sy wil loskom van wie sy is. Vrykom van die dominee se waarskuwings. Opkom vir die regte van ’n bevryde vrou. Huiwer op die fyndraai waarvan sy altyd hoor en dan die pad verloor.

      Eers die oproep. Die sagte fluweelstem wat haar al klaar warm gemaak het. Sy stem vloei soos warm kondensmelk in haar ore. Die ergste was egter die geld wat sy eers in sy rekening moes inbetaal – elektronies nogal.

      Lank gewroeg, lank gewonder, weke lank met vriendinne geredekawel. Gewonder oor sonde en plesier en vanself lekkerkry (wat sy tot dusver skynbaar nog altyd verkeerd gedoen het) en altyd spekuleer en nooit regtig in haar siel voel nie, soos ’n dogtertjie wat by ’n koekwinkel verbystap en net mag kyk, maar nooit proe nie.

      Buitendien. Alles wat lekker is, is altyd sonde. Hoekom? Wie besluit oor sonde? En wát is sonde? Om lekker te kry? Maar hoekom sou jou liggaam daardie sewe soorte genot akkommodeer as dit verkeerd is? Mensgemaakte vooroordeel deur diegene wat nie meer kan of nog nooit lekker gekry het nie? Só projekteer hulle hul frustrasies op haar, arme sterfling.

      Haar fantasie was nog altyd ’n duimgooier. Sy onthou die manne in die truck-stops se stories oor vroulike duimgooiers, en in enkele gevalle selfs mans. Maar vandag kan geen vrou ’n duimgooier oplaai sonder om verkrag en vermoor te word nie.

      En toe, die plesierengel wat met sy kom-saam-met-my-stem vra wat sy soek, asof hy ’n kelner met ’n la-di-da spyskaart is.

      Haar versoek was kort en kragtig: “Tien kilometer voor die klein restaurantjie langs die P14-hoofweg met die pienk angelier op die sign. Daar’s plek vir net een trok. En daar parkeer jy jou gespierde tabernakel, pel.” Seweuur Donderdagaand nadat sy haar vrag by die depot afgelewer het. Dis ’n halfuur uit die stad. “Wees net daar, of die hemel weet ek kry my truck-stop-boere om jou in parte op te fix. En onthou die baba-olie.”

      “Maar wat moet ek aan jou doen, Santa?” Daardie sagte manier waarop hy haar naam sê, het haar ’n paar keer laat rondskuif.

      “Jy weet mos daardie plek het ’n angelier in sy liggies, nè?”

      “Ja.”

      “Jy moet die angelier laat oopgaan.”

      “Dit sal ek doen, Santa.”

      Sy het eendag die lekkerste allegaartjie by daardie restaurant geëet. Toe raak sy sommer verlief op die plek en doop dit haar plesierpaleis. Daar waar sy haar trok elke keer aftrek en waar geen ander trokdrywers is wie se stories sy moes oorleef en voor gril nie. Waar sy kan sit en dink en wonder en plesierige drome droom. En dan het die verdomde rusplek vir trokke nie eers ’n stort vir vroue nie.

      Hier wil sy aftrek en die gordyn wegtrek en op die duvet in haar kajuit op haar terme en met haar voete met pienk hoëhakskoene in die lug, haar plesier op haar manier kry terwyl sy opdragte blaf. Sy gaan lekkerkry soos sý wil. Miskien … Sy wonder. Ja, miskien met baba-olie. Maar vader­land – hoekom vra hy vir haar? Hý moet mos weet, vir tienduisend flippen aardverskeurende donnerse rand. En dit is nog na afslag!

      Selfs haar maandelikse tolgeld is minder! Have a heart!

      En nou is sy ’n kilometer van die afgesproke plek waar hy gaan staan. Nou is hiér die laaste plek waar sy nog van besluit kan verander. Dit reën. Perfek. Sy hou daarvan om in die reën te bestuur.

      Hy staan langs die pad met ’n T-hemp wat styf-styf om sy gespierde bolyf pas, en jeans. Daar, in die reën, staan haar plesierengel sonder die vlerke maar met die eentandvurk en die lyf wat deur die reën omhels word.

      Sy weet nie wat sy verwag het nie. “Geen foto’s nie,” het ’n vriendin gewaarsku. “Hy laat nie foto’s van hom neem nie.”

      Hoe gaan hy lyk? ’n Prikkelprins met sy magtige Tom Hardy-bolyf soos liggaamsbouers wat na lopende kremetartbome lyk? En ’n broek waaruit hy wil bars, met sulke gate op sy knieë waardeur sy vel koekeloer? ’n Rooi pet agterstevoor op sy kop nes ’n Amerikaanse laitie, en ’n prysetiket om sy nek met ’n vals glimlag wat belowe sy kan die liedjie “Sprei my vlerke” met haar tong op sy maag tokkel?

      Stadiger en stadiger. Die trok gehoorsaam soos altyd, blaas en spin en sidder totdat sy tot stilstand kom. Soos altyd vryf sy van regs na links oor die stuurwiel. “Mooi, Pieta-pel, mooi, my vriend. Jy maak mooi vir Santa.”

      Sy leun oor. Huiwer. Wonder. Liewe hemel, as haar ouers hiervan moet weet! Wat gebeur as iemand haar môre koekie in die lug in ’n sloot met ’n bloedige byl in haar skedel kry? Maar dit maak alles net meer opwindend.

      Sy maak die passasiersdeur oop.

      Eers net die gras. Die pad. Toe verskyn hy, pet en al.

      Hy


Скачать книгу