Die respektabele meneer Hartslief. Chris Karsten

Читать онлайн книгу.

Die respektabele meneer Hartslief - Chris Karsten


Скачать книгу
fokus sy aandag op die koplose liggaam in die sloot, nes die nuuskierige blikke van ander polisiemanne op dié ongewone ongelukstoneel. Dis duidelik dat iemand die liggaam van die pad af gesleep het, en pas ná die ongeluk, te oordeel na die duidelike sleepmerke van swart, gestolde bloed oor die teer en oor grond en gras langs die pad. Luitenant Kosile het die padloper en taxibestuurder ondervra en hulle sweer op elke voorouerlike graf dat hulle nie aan die liggaam geraak het nie. ’n Dier kan dit ook nie wees nie, hy kry geen tand- of knaagmerke nie.

      Luitenant Kosile staan en toekyk terwyl die patoloog by die liggaam doenig is, en wonder hoekom dit dan nodig was om die slagoffer van die ongeluk te onthoof, en so suiwer en glad asof deur ’n guillotine-lem. En waar is die kop? Hy hoop die span polisiemanne se soektog in die lang gras en bossies lewer die kop en valhelm op.

      Die antwoorde op die volgende twee vrae – oorsaak van dood en identiteit van die slagoffer – sal hy aanstons hê, vandag nog, daarvan is hy seker. Al die ander vrae wat deur sy gedagtes maal, het te doen met motief en moordwapen en moontlike verdagtes, maar dis nie van onmiddellike belang nie. Sy eerste prioriteit is die kop, want hy glo aan ’n metodiese werkwyse. Jy begin by punt 1, en eers as jy punt 1 deeglik onder die knie het, beweeg jy aan na punt 2, en so aan en so voort. Dis hoe hy graag sy modus operandi aan sy ondergeskikte, ’n jong speursersant, verduidelik. Maar by gebrek aan ’n kop, moet hy teensinnig van sy beproefde ondersoekpatroon afwyk.

      Hy suig deur sy tande en vra: “Oorsaak van dood, dokter?”

      Die patoloog kyk gesteurd oor sy skouer na hom op. “Oorsaak van dood is taamlik duidelik, luitenant: hy’t sy kop verloor.”

      “Wat ek bedoel … presies hóé is hy onthoof?”

      “Met ’n baie skerp lem. Jy sal moet wag vir die outopsie.”

      Luitenant Kosile kyk hoe die ongepoetste patoloog die leerbaadjie ooprits, binne vroetel en ’n beursie na hom uithou. “Dè. Net die beurs, geen selfoon nie.”

      Luitenant Kosile maak die beursie oop en kyk na die gesig op die rybewys.

      “Goed,” sê hy vir sy sersant, “nou weet ons hoe hy lyk en wie hy is. Ons kan met die Ruff Riders gaan gesels en die nag se gebeure begin rekonstrueer.”

      “Ruff Riders?” vra die sersant.

      Luitenant Kosile meen hy hoor leergierige bewondering in die sersant se stem en druk sy goueraambril met ’n voorvinger teen die brug van sy beswete neus terug en sê: “Eenvoudig, sersant. Soos ek altyd sê: dit het alles te doen met observasie, logiese afleidings en deduktiewe beredenering. ‘Dis my besigheid om dinge te weet wat ander nie weet nie.’ Ken jy dié aanhaling?”

      “Nee, luitenant.”

      “My gunsteling-aanhaling, en dit sal jou loon om dit ook te volg as jy streef na ’n suksesvolle loopbaan as speurder. Dis Sherlock Holmes, uit ‘Die avontuur van die blou karbonkel’.”

      Hy lei sy sersant na die groter wrakstukke tussen die gras, en wys na die Kawasaki se verfrommelde petroltenk, die ronde plakker met die embleem van Ruff Riders oor ’n Harley steeds sigbaar.

      Hy hou die rybewys na die sersant uit. “Goed, begin bel. Jy’t nou sy naam, Basjan Hartslief, en jy’t die Kawasaki se nommerplaat. Kry sy adres by Voertuigregistrasies en kry die naasbestaandes.”

400068_2.tif

      Maandagmiddag in sy kantoor in Sandton lui Elie se sel. Hy is verbaas om Rasmus se stem te hoor. Sy inkennige broer bel hom nooit nie.

      “Elie … die polisie is nou net hier weg. Dis oor Basie … hy was in ’n ongeluk, met sy motorfiets.”

      Elie skrik. “Hoe ernstig, in watter hospitaal?”

      “Hy’s nie in ’n hospitaal nie. Kom huis toe,” sê Rasmus, sy stem nog sagter as gewoonlik.

      Elie voel die gefladder in sy maag. Dis altyd die eerste teken; hy het nie ’n sterk maag vir stres en skokke nie. “Wat soek die polisie daar?”

      “Antie is nie lekker nie, die dokter is ook hier. Niemand is lekker nie. Kom net, Elie.”

      Daar is ’n aanloop van simpatiseerders wat met somber gesigte al die suurstof in die huis opgebruik tot Elie se kop wil bars. Hy moet uitkom. Hy wil ook die ondersoekbeampte bel.

      Hy sluip kombuis toe, glip by die agterdeur uit, en teug diep aan die vars aandlug. By die kweekhuis luister hy aandagtig na luitenant Kosile se opsomming van die ongeluk.

      “Is die polisie se ondersoek op die toneel nou afgehandel, luitenant? Ons wil môre daarheen gaan, blomme gaan neersit … maar net die familie, niemand anders nie.” Hy soek beslis nie polisiemanne wat daar rondstaan en rook en oor die weer klets nie.

      Luitenant Kosile sê hy verstaan, hulle kan gaan. En hy sal dit waardeer as hulle twee so gou moontlik daarna ’n persoonlike gesprek kan hê. Hy soek meer inligting oor die slagoffer, soos name van vriende en veral name van moontlike vyande. Want dit lyk nie na ’n gewone padongeluk nie.

      Hoe anders? dink Elie. Met net ’n liggaam sonder kop.

      * * *

      Die loodgieter sit op sy stoep, agteroor in ’n diep rottangstoel. Hy staar oor die lae stoepmuur die nag in, verby die groot ou akkerboom, oor die perskeboord en veld in die rigting van die populierbos waar die tarentale nog nesskrop en kwetter. By sy voete lê vyf groot honde op vuil komberse, en deur die oop voordeur kom jazzklanke diep uit die keel van ’n saksofoon, hees en trillend en ryk.

      Een van die honde lig sy kop op en bekyk hom met geel oë toe hy na die teepot langs hom reik. Hy drink sy tee en lê met sy kop agteroor en luister na die saks, soms klaend, soms kwellend, maar altyd ritmies soos die klop van ’n hart. Sy regtervoet hou tyd met die maatslag en hy brom diep saam.

      Dan vervaag die musiek en word stil. Teleurgesteld staan hy op, voel die tee in sy blaas. Ook die honde spring op. Hy gesels sag met hulle, vryf elke groot kop. Hulle lek sy hande en kwyl oor sy skoene en maal met sagte gromgeluide om sy bene. Volg hom teen die trappies af na waar hy sy nood teen die akker se stam gaan verlig.

      Terug in die huis haal hy die viniel-langspeelplaat van die ou Philips-draaitafel af en skuif dit in die omslag terug: Coleman Hawkins – Body & Soul, met opnames van tussen 1939 en 1956. Hy druk die plaatomslag tussen die sowat honderd ou LP’s in die rak in, almal opnames van jazz-saksofoonspelers en alfabeties gerangskik, beginnend by Cannonball Adderley.

400068_2.tif

      Dit breek Elie se hart om Antie só te sien. Hulle sterk engel, hulle steunpilaar, ook vir so baie ander. Sy sit net daar. Sê sy het vir niks krag nie, sê sy kan aan niks anders dink nie, net aan Basie. Bly hom voor haar oë sien, die liewe, sagte, mooi kind. Om só verskriklik te sterf. Sy bly prewel: “Hoekom Basie? Heretjie, hoekom hý?”

      Elie probeer troos, almal probeer troos, maar die groot verdriet is ook in hulle harte. Almal deel dieselfde hartseer, en nie een verstaan wat gebeur het nie.

      Wanneer die mense kom, probeer Antie dapper wees, die trane inhou. Ontvang hul medelye saam met die hoenderpasteie, bobotie, frikkadelle, koue vleise, slaai en soetgoed vir die rouendes: melkterte en koeksisters. Dae lank is daar ’n onophoudelike stroom, want Antie van die sopkombuis is bekend in die hele Dip. Hulle kom van oral: Fordsburg en Paarlshoop en Langlaagte en Mayfair en Crosby, uit Brixton self, so ver as van Auckland Park, Westdene en Sophiatown, met hulle treurgesigte, hulle woorde van troos en hulle hande vol eetgoed, die armes en minder armes, die geseëndes en minder geseëndes.

      Antie trek Elie ’n slag aan die arm nader en sê hy moet tog seker maak Lottie skryf almal se name neer sodat hulle later dankiesê-briefies kan stuur. Álmal, nie net die hoës nie, want dis so maklik om die sout van die aarde te vergeet. En ja, haar eenvoudige drumpel word stof getrap deur ou, afgeloopte skoene sowel as die blink skoene van bankbestuurder Buys en sy Miriam (vrywilliger in die sopkombuis), dominee Vos en sy Marie (vrywilliger),


Скачать книгу