Sondag. Irma Venter

Читать онлайн книгу.

Sondag - Irma Venter


Скачать книгу
kerk wat amper deur betogers afgebrand is.

      Ek het egter al vergeet hoe aantreklik sy is. Nie mooi nie, aantreklik. Sterk gesig en ’n kompakte, atletiese lyf.

      Ek stry nie met haar nie, haal net my notaboek uit. Ek is seker sy is ewe min lus om met my te gesels.

      Haar hande rus op haar netjiese blou langbroek. Sy staar na die reën wat reëlmatig in die reghoekige swembad agter die struike val. Die geluid van die pomp het my outomaties aan ’n sierswembad laat dink, nie iets wat soos ’n duiktenk lyk nie. Die swembad se water is minder blou as wat dit moet wees, tog is dit duidelik dat iemand steeds ’n oog oor die erf hou.

      “Jy kan binne by Farr wag,” sê AJ. “Ek kyk net gou na ’n paar emails.” Sy beduie na die foon wat by die ratkierie lê.

      “Kan ons nie maar solank gesels …”

      Weer die effense skrik toe die weerlig tref, die duntrek van haar mond.

      Ah. ’n Motor is een van die veiligste plekke tydens ’n swaar Hoëveldstorm.

      “Ek sal binne gaan wag.” Ek maak die deur oop.

      “En onthou …”

      “Ek weet. Skoenoortreksels en handskoene. Anders maak sersant Faradien Josephs my dood.”

      AJ

      1.

      Donderdag 8 Februarie, 15:05

      Toe Alex Derksen die voordeur oopmaak, trek ’n gordyn eenkant toe in die sitkamer. Farr staan hande op die heupe en kyk na my. Skud haar kop, beduie: Wat nou?

      Sy wil nie met die man praat nie.

      Wag. Sy mág nie met hom praat nie. Netnou sê sy iets wat sy nie moet nie.

      Ek haat weerlig.

      Ek trek my asem diep in. Hou dit op. Wag vir die volgende slag. Wag … wag … tel. Een …

      Magtig. Die weerlig slaan net hier bokant my kop.

      Moenie dink nie … Ek stamp die Merc se deur oop, slaan dit agter my toe, hardloop verby die fontein, oor die plaveistene, op met die stoeptrappe en in by die voordeur.

      Die volgende slag bliksem neer, tref sweerlik die dubbelverdiepinghuis se dak.

      Ek haal verlig asem, water wat om my drup. Farr staar na my met ’n ontevrede frons. Sy en Alex dra beide booties en handskoene.

      Ek kyk by die venster uit, stoep se kant toe. Die boks met die goed wat ek moet aantrek, lê op die twaalfsitplektafel.

      Buite.

      Donner.

      2.

      Donderdag 8 Februarie, 15:16

      Ek wink Alex nader. Kudos vir hom dat hy niks oor die storm sê nie. Hy weet om nie sy bronne te byt nie.

      Hy haal ’n notaboek, pen en opnemer uit sy baadjie se sakke. Blaai die notaboek oop, ’n leerarmband om sy regtergewrig.

      Genade, die man skryf lelik. Seker twee linkerhande. Mooi, sterk boerseungesig, though, nes ek hom onthou, ten spyte van daai winkelhaaklitteken onder sy oog. Die klammigheid van die reën sit nog in die bruin hare wat krul in sy nek.

      “Aikona.” Ek beduie hy moet als weer bêre. “Ons wys jou eers wat aangaan en dan besluit ek wat ons gaan sê. Dis die deal. En laat ons dit sommer van die begin af straight kry: jy haal my nie aan nie. Jy sê ‘ ’n betroubare polisiebron’, dis al.”

      Hy dink bietjie, maar bêre dan die notaboek en opnemer, haak die pen voor by sy groen hemp in. “Okay. Deal.”

      Ek wonder of die huiwering om my onthalwe was, om vir my te wys hy gaan nie sommer net doen wat ek sê nie. In die motor kon ek sien hy was verras oor my oë se twee kleure, maar hy het dit gou weggesteek.

      Ek wonder of hy ’n goeie pokerspeler is.

      Ek is.

      “As jy iets skryf wat off the record is, énigiets, praat ek en kolonel Ndlovu en die ganse polisiediens nooit weer met jou nie.”

      Hy knik. “Ek verstaan.”

      “Verstaan jy regtig?”

      “Eenhonderd persent.”

      “Wel, noudat dít uitgesort is …” Farr, wat die gesprek soos ’n tennistoeskouer dopgehou het, beduie ons deur die oopplan-sit-eetkamer na die kombuis.

      Die vertrek is groot genoeg dat jy ’n trouonthaal daar kan hou. Die styl herinner aan die Franse platteland: vuilwit, blou en terracotta. ’n Agtsitplektafel met die ryk donker grein van stinkhout staan gedek vir vyf mense se ontbyt, papborde en silwerpaplepels gereed.

      “Kom ons begin by die begin,” sê Farr.

      Sy kyk na my en ek knik instemmend.

      Sy wys na die agterdeur. “Die mans het hier ingekom.”

      Alex draai op sy hakke om die vertrek in te neem. “Hoe het hulle oor die grensmuur gekom?”

      “Daar’s niks wat sê hoe hulle by die kompleks ingekom het nie.” Farr staan in die middel van die kombuis, tussen die enkele bloedkolle, soos geroeste verf, wat sy omlyn het omdat ek gevra het. Niemand moet daarop trap nie. Ek wil als vir so lank as moontlik in plek hou.

      “Niks nie?” vra Alex ongelowig.

      Farr knik. “Daar was geen merke teen die grensmuur nie. Geen alarms nie. Die elektriese heining is nie beskadig nie en dit was nooit afgeskakel nie. Daar was ook geen verdagte mense of aflewerings by die Stables daardie dag nie. Almal wat in is, is weer uit volgens die hekwagte, die toegang-logs en die CCTV-kameras.”

      “Is daar orals CCTV?” vra hy.

      “Nee,” spring ek in, “net by die hek en op die grensmure. Die mense hier hou van hulle privaatheid. Jy kan die kameras bôl as jy rêrig wil.”

      Sy wenkbroue lig. “ ’n Plek soos dié … het die sekuriteitspatrollies niks gesien nie?”

      “Uh-uh.” Ek skud my kop. “Twee gewapende wagte loop elke uur hier verby, binne die landgoed en buiteom. Kaptein Mthembu het hulle gelooi, maar nie een van hulle lyk skuldig nie.”

      “Élke uur, ook op die Sondag van die aanval? Die nag van die 24ste Desember?”

      “Wel, nee,” gee ek toe. “Omdat dit Oukersaand was en daar letterlik net drie of vier gesinne by die huis was, het die wagte elke twee ure verbygekom. Hulle het op twee derdes van hulle staf gewerk.”

      Hy frons. “Dis nie goed nie.”

      Presies. Maar ek sê dit nie.

      Hy beduie in die rigting van die agterdeur. “Kon die CCTV op die grensmuur nie eers iets van die ouens by die agterdeur sien nie?”

      “Nee,” raak Farr ongeduldig, “ons sê mos. Die kamera kyk af met die muur – buitetoe. Daar wys nie eers ’n sentimeter van die erf nie.”

      “Okay.” Alex vee ’n verdwaalde reëndruppel uit sy nek.

      Farr maak die agterdeur oop. Ek bly staan in die middel van die kombuis, waar die weerlig nie kan bykom nie.

      “Ons dink die rowers het die agterdeur gebruik omdat die gesin dit soms vir hulle hond oopgelos het as hulle TV kyk,” sê ek. “Aldus Katerien van Zyl se suster, Annabel Kirkpatrick.”

      Alex draai na my. “Weet julle hoeveel aanvallers daar was?”

      “Ons vermoed drie. Ons het drie bloedmonsters gekry wat nie aan die Van Zyls behoort nie.”

      “Hierdie bloed?” Hy wys na die vlekke op die vloer.

      “Onder andere. Lafras van Zyl het baklei … en ek bedoel bakléi.” Ek meet Alex se lyf. “Hy’s langer as jy. En baie fiks, al is hy 45. Jy weet seker hy’t vroeër


Скачать книгу