Vier seisoene kind. Wilna Adriaanse

Читать онлайн книгу.

Vier seisoene kind - Wilna Adriaanse


Скачать книгу
weer teruggaan? Sy vermoed sy sal eerder nie die vergunning gebruik nie. Miskien was hierdie nie ’n goeie tyd om ’n teater te koop nie. Dalk moes sy gesoek het vir iets wat meer sin maak. Maar wat maak werklik sin? Alles voel irrelevant, kom sy agter. Van tande borsel in die oggend tot eet. As sy so daaroor dink, maak dit dan ook nie saak waar sy woon nie. Sy kan haar oë toemaak en blindelings op ’n naam druk en dit behoort reg te wees. Al hierdie gesoek en gewag op ’n konneksie is ’n mors van tyd en energie. Asof sy hoop op iets. Asof daar ’n plek is waar dit beter sal wees. Waar die kat haar nie sal vind nie, want op die oomblik kom die spreekwoordelike kat net weer terug. Elke liewe dag. Geen dag is lank genoeg en geen plek ver genoeg om daarvan weg te kom nie. Dit agtervolg haar deur die dag, soms ’n paar treë agter haar en kan sy haarself dalk vir ’n oomblik verbeel sy is ontslae daarvan, maar wreed is die ontnugtering as dit om die volgende hoek weer vir haar wag. Soms loop dit sommer voor haar uit. Sekelstert. Soos dit iets met nege lewens betaam. Hoe oorleef jy iets met nege lewens? wonder sy terwyl sy ’n laaste vee oor die verhoog gee.

      “Ek kan nie môre vroeg hier wees nie,” praat ’n stem skielik agter haar en sy ruk soos sy skrik. Nelson staan met ’n uitdrukkinglose gesig agter haar.

      “Hoe laat sal jy hier kan wees?” Dis asof hy ’n “geen toegang”-bordjie voor hom dra en sy vind dit moeilik om in sy oë te kyk. ’n Mynveld lê tussen my en hierdie man, dink sy. Soveel groter en meer ingewikkeld as die gaping tussen swart en wit is dié tussen swart mans en wit vroue.

      “Twee-uur.”

      “Weet Adriaan jy gaan laat wees?”

      Hy knik. “Hy het gesê ek moet vir jou kom sê.”

      Dis op die punt van haar tong om te vra waarom hy gaan laat wees, maar sy bedink haar en knik en hy stap met ’n regop rug terug kombuis toe. En sy bly agter met die besem in haar hand.

      Laataand staan Cato agter in die teater en luister hoe die jong sangeres die gaste met haar besonderse stem bekoor. Almal sit aandagtig en luister. Meegevoer na ’n plek of plekke sonder sorge. Asof daar ’n kennisgewing by die deur is wat sê: Geen trollies. Maar julle moet almal vanaand terug, dink sy met ’n gevoel van jammerte. Terug na die volgelaaide trollies. As jy gelukkig, is tref jy ’n trollie met geoliede wiele. Die alternatief is ’n steeks trollie. Dwarstrekkerig. Asof jou vrag nie swaar genoeg is nie.

      Adriaan sit in die kantoortjie toe sy daar kom.

      “Wat dink jy van haar?”

      “Fluweel. Ek dink as sy enigiemand die kans gee, volg hulle haar vanaand huis toe. Haar stem het ’n verslawende effek.”

      Adriaan knik ingenome. “En om te dink ek het haar ontdek. Een aand, baie laat, by ’n party. Haar date het gesê hy sal haar net huis toe neem as sy eers vir hulle sing. Die doos. Ek kan nog onthou hoe skaam sy was. And the rest is history. Of eerder herstory.”

      “Miskien moet ons haar nou al vir ’n paar optredes volgende jaar bespreek.”

      Adriaan glimlag breed. “So, jy het besluit om te bly.”

      “Wat bedoel jy?”

      “Ek en Felicity het gister ’n weddenskap aangegaan oor hoe lank jy gaan bly. Ek het so pas verloor.”

      “Waarop het jy gewed?”

      “ ’n Maand of vier op die langste. Felicity het gesê ek moenie na jou lyftaal kyk nie. Jy het meer guts as wat ’n mens op die oog af kan sien. Blykbaar was sy reg.”

      Cato wil eers vra hoe haar lyftaal lyk, maar sy besluit sy wil dalk nie weet nie. Daarom glimlag sy net en begin hom help om die kontant van die kaartjieverkope te tel.

      8

      Jacob kyk na Sonia waar sy in die lughawegebou na hom toe aangestap kom. Die vroulike lyf is bo alle twyfel die kroon op God se skepping. Om so iets uit ’n ribbebeen te kon maak, sal altyd vir hom ’n verborgenheid bly. En een van die grootste wonderwerke. Haar heupe swaai ritmies. Hy kan sien sy is bewus van sy blik op haar. Daar verander altyd iets in ’n vrou se stap as sy weet ’n man kyk vir haar. Sy glimlag en soen hom op die wang.

      “Jammer ek is laat. Ek moes nog eers vanoggend ’n paar reëlings vir die Kerskonsert bevestig.” Sy vee haar ligbruin hare agteroor. “Hoe was die vlug?”

      “Verkeerdom.”

      Sy kyk vraend na hom.

      “In die verlede het hierdie kant toe ‘huis toe’ beteken. My brein sal daaraan gewoond moet word.”

      “Oor die verhuising sal ek my liewer nie weer uitspreek nie. Jy weet wat ek daarvan dink.”

      “Hoe gaan dit hier?”

      “Goed en baie besig. Die nuwe CD is besig om al jou vorige verkope te oortref. ’n Skandaaltjie hier en daar doen verkope altyd goed.”

      “Jy weet wat sê hulle van ’n verhouding wat skeefgeloop het … die enigste ding wat ’n mens waarskynlik daaruit gaan kry, is ’n paar goeie liedjies.”

      “Ek is bly om te sien jy het nog jou humorsin.” Sy hou die motorsleutel in die lug.

      “Wil jy bestuur?”

      Hy skud sy kop. “Ek is mal daaroor as ’n mooi vrou vir my bestuur, en jy moet onthou ek is deesdae net aan dorpsverkeer gewoond.”

      “Dood jy nie van verveling nie?”

      “Nog nie.”

      Sy trek weg en ry byna ’n man om wat te stadig loop.

      “Het jy met die verkeerde voet uit die bed opgestaan?”

      “Is jy bewus daarvan dat jy en Louise een lied by die Kerskonsert moet saamsing, en dan natuurlik die laaste een waar al die kunstenaars saam op die verhoog is?”

      “Ja, ek het die program gesien.”

      “En dit pla jou nie?”

      “Nee. Ons het altyd goed saamgesing. En ons is mos nie meer kwaad vir mekaar nie.”

      “Ek weet nie wat jy probeer bewys nie. Dat jy verhewe bo iets soos woede is?”

      “Allermins. Ek het nie genoeg energie om op woede te mors nie en as ek jou kan raad gee, maak vrede met haar.”

      Sy kyk oor haar skouer vir aankomende verkeer en toe daar niks kom nie, versnel sy en Jacob sak terug teen die sitplek.

      “Sy het my ’n hoer in die pers genoem.”

      “Dit sal nie die laaste keer wees dat iemand verdraaide stories oor jou of my versprei nie. As jy nie vrede daarmee kan maak nie, is jy in die verkeerde bedryf, my skat.”

      Jacob sien hoe die stramheid langs haar mond effens versag en hy wil sug, maar begin sing eerder.

      “Why can’t a woman be more like a man? Men are so honest, so thoroughly square; eternally noble, historically fair …”

      “Ha ha … ek hoop nie jy dink ek moet lag nie.”

      Hy raak aan haar skouer. “Glimlag ten minste net.”

      Sy haal ’n keer diep asem en blaas dit uit. “Soms wonder ek waarom ek jou nie laat gaan nie. Iemand soos jy maak my lewe vreeslik moeilik, want jy is te onvoorspelbaar. Ek verkies ’n kunstenaar wat op die brandstapel vir sy kuns en vir my sal klim. Jy sal op ’n dag kan wegstap sonder om weer om te kyk, en dit maak jou ’n moerse risiko.”

      “Maar ek het nog nie. Ek is steeds hier.”

      “Ja, maar vir hoe lank?”

      Toe hy haar nie antwoord nie, kyk sy vlugtig na hom. “Terloops, jou kontrak vir die televisieprogram is vir ’n volgende reeks bekragtig.”

      “Dis goeie nuus.”

      “En hulle is heel opgewonde dat jy die net effens wyer gaan span en meer kunstenaars gaan betrek, nie net sangers en musiekmakers nie.”

      “Wat


Скачать книгу