Orion. Deon Meyer

Читать онлайн книгу.

Orion - Deon Meyer


Скачать книгу
trek sy asem stadig in. Hy vertel haar van sy dag, chronologies, Binnelandse Sake, Ngwema se telefoonoproep, sy besoek aan Van As, die boekhouding, die datums en bedrae, Orlando. Hy gee haar die hooftrekke, verduidelik die denksprong gebaseer op ’n stukkie papier wat meer as sestien jaar gelede dollars in ’n netjiese pakkie gehou het, koppel dit aan die instapkluis, die tydsberekening, alles in 1983, die kontantkoop van twee eiendomme, die R15 000 waarmee die onderneming begin is. Hy is daarvan bewus dat sy na hom kyk. Hy kyk verby haar, na die deur, lê sy teorie voor haar uit.

      “Sjoe,” sê sy as hy klaar is. Sy trek haar vingers deur haar kort hare.

      “Iemand het geweet,” sê hy. “Alles dui daarop. Iemand het ’n M16 en ’n blaasvlam saamgebring met voorbedagte rade. Dit is nie standaardtoerusting by inbrake nie. Hulle moet minstens geweet het dat Jan Smit ’n fortuin in die een of ander formaat het en dat dit ’n sekere mate van oorreding sou verg om dit by hom te kry. Iemand wat hom geken het in sy vorige lewe.”

      Sy knik.

      ’n Windverwaaide vlaag reën dreun teen die venster.

      “Dit beteken Jan Smit het geweet waar om ’n vals I.D. te kry. Dit beteken hy het geweet hoe om van warm dollars ontslae te raak. Dit beteken hy het die kluis gebou om weg te steek, nie om te beveilig nie. Dit beteken Van As het hom nie regtig geken nie. Of sy lieg, maar ek dink nie so nie.”

      Hy leun terug teen ’n kombuiskas, vou sy arms voor hom.

      “Jy is baie goed,” sê sy.

      Hy vou sy arms stywer. “Dit is ’n teorie.”

      “Dit is ’n góéie teorie,” sê sy.

      Hy haal sy skouers op. “Dit is al wat ons het.”

      “En môre?”

      Hy het nog nie regtig aan môre gedink nie. “Ek weet nie. Die dollars is die sleutel. Ek wil uitvind wie in 1983 die valuta-swartmark bedryf het. En wie die groot dwelmspelers was. Maar miskien is dit iets heeltemal anders. Hy kon die geld in Amerika gesteel het. Of dit kon ’n wapentransaksie gewees het. Wie weet, in hierdie fokken land van ons.”

      En dan wonder hy of sy weer op sy vloek sal reageer. Sy moet nou ry, dink hy. Hy gaan nie vir haar koffie of iets aanbied nie.

      “Ek sal gaan krap. Daar is ’n paar plekke. ’n Paar mense.”

      “Is daar iets wat ek môre vir jou kan doen?”

      “Jy moet besluit wat jy vir Van As gaan vertel.”

      Sy staan op, stadig, asof sy moeg is. “Ek dink nie ons moet vir haar enigiets sê nie.”

      “Dit is jou keuse.”

      “Daar is nog te veel onsekerhede. Ons kan met haar praat as ons meer het.”

      Sy tel haar aktetas op. “Ek moet ry.”

      Hy ontvou die arms voor sy bors. “Ek sal jou bel as ek iets kry.” Moet net nie weer na my huis toe kom nie, dink hy. Maar hy sê dit nie.

      “Jy het my selfoonnommer?”

      “Nee,” sê hy.

      Sy maak haar tas weer oop, haal ’n visitekaartjie uit, gee dit vir hom. Dan draai sy om en stap deur toe. Hy sien sy het mooi, ronde boude onder die romp.

      “Ek het nie ’n sambreel nie.” ’n Stelling, byna aanvallend.

      Sy staan by die deur en glimlag vir hom. “Is dit Domingo?”

      “Wat?”

      “Die musiek.”

      “Nee.”

      “Ek dag dit is die fliek se klankbaan. Jy weet, Zeffirelli se …”

      “Nee.”

      “Wie is dit?”

      “Pavarotti en Sutherland.” Sy moet loop. Hy wil nie met haar oor musiek praat nie.

      “Dit is mooi,” sê sy.

      “Hulle is weergaloos.” Onmiddellik spyt dat hy uitgelok is.

      Sy bly ’n oomblik stil. Dan kyk sy na hom met ’n frons. “Jy is ’n snaakse man, Van Heerden.”

      “Ek is gemors,” sê hy vinnig. “Gaan vra vir Kemp.” Dan maak hy die deur vir haar oop. “Jy moet nou loop.”

      “Jy het goeie werk gedoen,” sê sy en trek haar kop skeef teen die reën. Sy hardloop by die trappies af. Hy hoor hoe sy lag, een kort geluid. Dan gaan die BMW se dakliggie aan wanneer sy die deur oopmaak. Sy klim in en wuif vir hom voor sy wegry. Hy maak die voordeur toe.

      Hy stap na die CD-speler en sit die musiek af. Sy weet fokkol van musiek. Domingo. Ha.

      Hy moet haar môreoggend bel. Vir haar sê hy sal elke dag na haar kantoor toe kom, net voor sy huis toe gaan, vir ’n volledige verslag. Sy moet nie weer hiernatoe kom nie.

      Of hy sal elke aand ’n verslag kom skryf en dit vir haar bring. Sy telefoon lui.

      “Van Heerden.”

      “Goeienaand,” sê ’n vrouestem. “My naam is Kara-An Rousseau. Ek weet nie of jy my sal onthou nie.”

Dag 5 Saterdag, 8 Julie

      14

      Daar was altyd boeke in die huis. Dikwels skrywers en digters en lesers. Argumente, gesprekke – twee vroue het laat een Saterdagaand amper handgemeen geraak oor Etienne Leroux se Sewe dae by die Silbersteins, ’n voorlees en bespreking van Van Wyk Louw se “Die hond van God” het regdeur die nag aangehou tot Sondagmiddag ná ete.

      Ek het nie van kleins af gelees nie. Daar was, dink ek, veel interessanter dinge om te doen. Soos my ma my groter vryhede toegelaat het, was daar die gewone skoolaktiwiteite en die meer informele seunspel (hoeveel bendes het ons nie gevorm nie), die Voortrekkers (!), visvang in die Vaalrivier se stroomversnellings (saam met oom Shorty de Jager van langsaan, lewende krieke, sonder sinker), die verkenning van Oosskag se vervalle mynhope, die ewige bou en herbou van Schalk Wagenaar se boomhuis …

      Toe, die ontdekking van fotoverhale. Gunther Krause het Marc Condor gelees. Ruiter in swart. Don le Meer. Kaptein Duiwel. Met sy ouers se toestemming. (Sy ma het Kyk/See, Verdwaalde harte en Dr. Conrad Brand gelees en sy pa was nie veel by die huis nie.) Saterdagoggende het ek saam met hom gery na Don’s Book Exchange sodat hy vir hom en sy ma nuwe voorraad kan kry en dan is ons na sy huis toe om dit te gaan verslind. Tot in standerd agt, toe ek halfbelangstellend die Louis L’Amour in Don’s optel, na die vurige groen oë van die held op die voorblad kyk en lui-lui, niksvermoedend die eerste twee paragrawe lees en vir Logan Sackett ontmoet.

      My ma het my ’n paar rand sakgeld per maand gegee. Die boek het 40 sent gekos. Ek het dit gekoop. En kon vir die volgende drie jaar nie genoeg kry nie.

      My ma het my laat begaan. Miskien het sy gehoop dit sou oorgaan in die lees van ander, dieper werk. Sy het nie geweet dit sou aanleiding gee tot my eerste botsing met die Gereg nie.

      Dit was nie L’Amour se skuld nie.

      My ma het vir my en Gunther en nog ’n skoolvriend een vakansie-oggend in Klerksdorp gaan aflaai sodat ons in die dorp kon rondstap voor ons gaan fliek. Die CNA was in die hoofstraat, op twee vlakke – speelgoed en skryfbehoeftes onder, boeke bo, met die trap op. Ek was sekerlik al voorheen in die CNA, maar op daardie dag het ek hul ryke voorraad van Louis L’Amours ontdek, nuwe, ongeleesde boeke met spierwit bladsye – nie die verbleikte, effens vergeelde tweedehandse eksemplare van die Book Exchange nie. Boeke wat nuut rúik.

      My hande het gebewe, dit kan ek onthou. Soveel ongeleesde titels, nuwe uitreikings van ou bekendes met nuwe, kleurvolle voorblaaie, ’n skatkis van ontsnappingsliteratuur, ’n Monomotapa van eerbare, onwrikbare helde.

      Ek kan nie onthou hoeveel geld ek in my sak gehad het nie. Maar dit was te min. Te min vir fliek én ’n melkskommel én ’n L’Amour. Sekerlik


Скачать книгу