Tou. Piet Steyn
Читать онлайн книгу.ook vrek.” Haar stem styg skerp en sy druk die sigaret vererg dood in ’n Firestone-asbak waarvan die glasbakkie lankal gebreek het en vervang is deur die deksel van ’n blikkie Nugget-skoenpolitoer. “Waarom dink jy lek ek jou agterent elke dag blink om die Trippel-S reg te maak? As jy dít doen, kan ék haar gaan haal!” Sy snork en haal nog ’n Lexington uit. “Jy wil mos nie hê dat ek daardie heilige Ford van jou gebruik nie.”
“Stien, ek is bekommerd oor daardie meisiekind.” Kris volg ’n ruk stil die sekondewyser van die horlosie in die pens van die koperolifant teen die muur, ’n diep frons op sy voorkop. “Die Goudveld het skielik ’n siek plek geword vir jong meisies soos sy.” Hy staan steunend op. “Ek hoor Jan Doep-hulle het darem die vent gevang wat die meisie hier agter tussen die tamariskbosse vermoor het.” Hy sug. “Ek … ek sal met Kassie gaan praat dat hy kom help dat ons die enjin uitkry. Dè, hier’s die Ford se sleutels, gaan haal die kind.” Hy sit die sleutels langs die Firestone-asbak neer en gee sy vrou ’n waarskuwende kyk. “Moet hom net nie stamp nie,” brom hy en stap deur toe, sy dop vergete op die tafeltjie langs die La-Z-Boy.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.