Goudduiwel. Duane Aslett
Читать онлайн книгу.wat ons van Wilcken en Ackermann sal ontvang, kan dan gebruik word om die oorlog se bedryfsuitgawes te dek.”
Paul Kruger staar na die manne om die tafel. Met súlke mense kan hy voortveg. Soos Aäron en Hur Moses se arms ondersteun het toe hy moeg geword het tydens die oorlog teen die Amalekiete, hou hierdie manne sy arms op wanneer die stryd teen die Britte hom uitput.
“Ek hou van die voorstel. Hoe voel die ander raadslede?”
Hulle beraadslaag etlike minute oor die voorgestelde verkoop van die goud, dan besef Paul Kruger die vergadering moet tot ’n punt kom.
“Lees asseblief die notule sodat die raad tevrede kan wees dat die besluite korrek gedokumenteer is.”
“Goed, meneer die voorsitter. Die raad is dit eensgesind dat die voorstel aanvaar word en keur daarmee die verkoop van 64,142 onse ru-goud teen die som van £3.10 per standaard ons goed. Die tesourier-generaal word dan hiermee bemagtig om die kontrak namens die regering te onderteken. Die kontrak sal bepaal dat die transaksie op die grens van die ZA Republiek sal plaasvind, waarna die kopers alle onkoste, risiko en verantwoordelikheid vir die ru-goud op hulle sal neem. Die koopsom sal op aanvraag beskikbaar gestel word op ’n plek soos deur die regering bepaal en soos genoemde betaling van tyd tot tyd deur die regering verlang mag word.”
Paul Kruger merk hoe almal knik terwyl die notule gelees word. Dan leun hy terug in sy stoel. Moeg. Sal hy die einde van hierdie oorlog sien?
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.