Goudduiwel. Duane Aslett

Читать онлайн книгу.

Goudduiwel - Duane Aslett


Скачать книгу
na gistermiddag se kuiertjie en het toe maar haar oefenklere saamgebring sodat sy op pad huis toe by die Virgin Active kan aangaan.

      “Ek is Andries,” stel hy homself voor terwyl hy sy hand uitsteek.

      “Diana,” skud sy dit koeltjies. Sy wonder wat hy in die forensiese ondersoek-afdeling doen. Hy lyk of hy in sy vroeë twintigs is, so hy het sekerlik nie die nodige ervaring nie. Hy is vandag netjies uitgevat in ’n swart langbroek met blink swart skoene en ’n liggrys knopieshemp.

      “Ek is die IT-ingenieur vir forensies, ek moet jou rekenaar set-up.”

      “IT-ingenieur?” vra sy met skaars onderdrukte ironie toe sy opstaan om hom toegang tot haar HP ProBook te gee.

      “Jy sal nog sien, skattebol!” Sy neem aan hy is nog een wat nie besef hoe goed sy kan liplees nie, want hy moes daardie sin gefluister en aangeneem het sy sal dit nie kan waarneem nie. Sy skud haar kop agter sy rug. Kan nie dink dat dié snotkop homself ’n ingenieur noem nie. Wat ’n klap in die gesig van ware ingenieurs. Doen ’n paar kort kursusse in inligtingstegnologie en noem jouself só.

      Hy draai sy gesig weg van die rekenaarskerm, na haar toe. “Jou e-posadres is jou naam …” Sy kan die res nie uitmaak nie en skud fronsend haar kop terwyl sy na haar ore wys.

      Hy draai terug na die skerm en wys daarna terwyl hy die Groupwise-program oopmaak. Dan klik hy om ’n nuwe e-pos te stuur en tik [email protected] in die adres-spasie voordat hy op die onderwerp-spasie klik. Hy tik: Hallo. Dan klik hy op die boodskap-spasie en tik: Haai sexy, wil jy vanaand iets lekkers doen? Hy klik op die Send-ikoon en oomblikke later verskyn die e-pos in haar inboks.

      “Jou eerste e-pos. Van jouself af … Ek sien jy dink jy’s sexy,” sê hy in haar rigting en gee ’n laggie.

      Sy wonder watter tipe lag hy het. Sy onthou hoe sommige mense se manier van lag haar geïrriteer het toe sy nog kon hoor. Nou is sy bly sy hoef dit nie meer te beleef nie.

      Haar oog val op die glaspaneel van Rex se kantoor en sy merk met teleurstelling dat hy steeds nie daar is nie. Die swart leerstoel staan nog agter die eikehout-werkstafel uitgeswaai. Sy skootrekenaar wys hy was wel vroeër daar. Waar hy ook al is, dit is ’n lang vergadering.

      “Is daar nog iets?” kap sy.

      “Nee, dis al,” antwoord Andries en staan uit haar stoel op. Sy gril effens toe sy daarop plaasneem en sy liggaamshitte voel. Sy kyk doelbewus nie in sy rigting nie en stel nie daarin belang of hy iets sê voordat hy wegstap nie.

      Sy is hier om haar werk te doen en klaar. Om haar vernuf in forensiese ondersoeke te verbeter en oneerlike mense uit te loop. Dit is waarvoor sy geswot het en dit is wat sy wil doen.

      Sy wil mense wat geen gevoel vir ander se finansiële posisie of welgesteldheid het nie, uitvang in hul slinksheid. Mense wat dink hulle kan enigiets doen sonder om hulle te bekommer oor die gevolge van hul dade.

      * * *

      Rex staar na die span om die raadstafel – sý span, wat hy moet lei om die projek uit te voer.

      Harry was vanoggend in sy noppies toe Rex die getekende aanstellingsbrief op sy lessenaar neergesit het en het toe ’n lang gesprek met hom gehad oor die “deliverables of the engagement” en hoe hy tweeweekliks “an interim written report” wil ontvang.

      Gelukkig het hy Januarie gebel met die inligting wat Alicia hom gisteraand gegee het voor hy na Harry se kantoor toe gegaan het, anders sou hy nie vandag daarby uitgekom het nie. ’n Vinnige internetsoektog het gewys dat een van die 110 gedenkmedaljes onlangs op bidorbuy verkoop is, maar die reeksnommer was nie dieselfde as die een in Campher se besit nie. Januarie sal dus navraag doen of enige sterlingsilwer-gedenkmedalje as gesteel aangemeld is.

      Hierdie ondersoek gaan Rex se onverdeelde aandag verg, want Harry het hom die leviete voorgelees en sterk op die hart gedruk dat hy nie die begroting moet oorskry nie.

      Guillaume het sy eie preek bygevoeg: “Ons dagvaar nie kliënte vir betaling nie, Rex. Die uitgangspunt is dat jy as vennoot só ’n goeie verhouding met jou kliënte moet hê dat hulle sál betaal. Dit reflekteer dus sleg op die vennoot as sy kliënt versuim om te betaal. Die CEO het al vennote ge-fire daarvoor. Sy’s ’n bitch! Ons noem haar die Ice Witch, want sy is kouer as ’n heks se tiet, sê ek jou. O ja, moet ook nie by Harry kom en vra vir ’n write-off omdat jy die budget geblaas het nie, want hy skryf nie geld af nie. As dit op die stelsel lê, móét jy dit invorder, so manage jou mense se tyd mooi. Een jong vennootjie het breëbors ingestap en Harry gevra om die twintigduisend rand af te skryf wat sy span over-book het toe hulle ’n ekstra dag moes neem om Harry se veranderinge aan die finale verslag te maak. Hy het Harry laat verstaan dat dit sy eie skuld was, omdat hy sy tyd gevat het om die finale verslag deur te werk. Harry het hom met ’n ‘Fuck off!’ uit sy kantoor gejaag. Die stupid bliksem. En toe weier die kliënt om die ekstra fooie te cover. Needless to say, daardie ou werk nie meer hier nie.”

      Guillaume het Rex laggend op die skouer geklop en weggestap.

      Sy span bestaan tans uit slegs drie mense: Diana Croukamp, die forensiese rekenmeester, wie se gestremdheid ’n groot uitdaging kan wees; Andries Verwey, die IT-spesialis, volgens Guillaume ondanks sy jong ouderdom en ongepoetsheid een van die grootste genieë in die bedryf; en Rooies Spies.

      Rooies is ’n voormalige speurder van die SAPD Handelstak en ’n dekade ouer as Rex, dus hoop hy nie die man gee hom probleme nie, want boonop het hy die rang van luitenant-kolonel in die polisie gehad voor hy drie jaar gelede by Lippmann Gurfein Ing. aangesluit het.

      En dan is daar hy self, wat oorhoofse leiding moet gee, projekbestuur moet doen en die regsaspekte moet hanteer. Elk van hulle vier ’n spesialis op eie terrein, om te voldoen aan die multidissiplinêre benadering van Lippmann Gurfein Ing. se forensiese afdeling.

      Rex raadpleeg die lys wat hy vroeër opgestel het: die hoofpunte van sy oorhoofse beplanning, met oop spasies waar hy sy span se insette kan aanteken. Hy aarsel, dan frommel hy die papier op en gooi dit in die snippermandjie.

      “Change of plan,” sê hy. “Ons kom oor vyf minute in die kelder-parkeerarea bymekaar. Los julle laptops in jul kantore – en Diana, bring daai gymsak wat jy vanoggend hier ingedra het saam, want hakskoene gaan nie werk vir wat ek in gedagte het nie.”

      Die spanlede kyk mekaar vraend aan toe hulle die klein raadsaal verlaat.

      * * *

      Rex parkeer by die Kolonnade-winkelsentrum. Nie een van die span het in die motor gevra waarheen hulle op pad is nie. Rex stap voor en hulle volg. Die onseker stilte wat steeds geheers het, is verby toe hy hulle by die eindbestemming inneem.

      “A-ja-a!” bulder Andries en gryp Rooies om die skouers. “Vandag skop ek jou gat, ou man!”

      “Jy sal jou wat verbeel, snotkop!” kap Rooies terug en die twee verduidelik in gevleuelde woorde wat hulle alles aan mekaar gaan doen.

      Rex hoop Diana is beïndruk, want hy het eers met die rit hierheen daaraan gedink dat dié aktiwiteit haar dalk glad nie sal aanstaan nie. Hy is verlig toe hy die opgewondenheid ook op haar gesig sien.

      “Ek gaan gou my tekkies aantrek,” sê sy en draai weg voor hy kan antwoord.

      Andries stop ’n Coke Zero in Rex se hand terwyl hy self reeds aan ’n Castle teug. “Sorry, baas, maar jy’s die designated driver.”

      “Julle is vinnig.” Hy is verbaas om te sien dat Rooies ook al met ’n Castle in die hand staan. In sy ander hand het hy ’n Castle Lite.

      “Waar’s Diana, Rex?” hou Rooies die Castle Lite in die lug om te wys dit is vir haar bedoel.

      “Sy trek gou haar tekkies aan. Hoor hier, kêrels, ek weet dit is moeilik met haar gestremdheid, maar ek wil vra dat julle alles in jul vermoë sal doen om haar deel van die span te laat voel. Ek dink sy is angstig oor haar aanstelling hier, omdat sy graag ’n sukses daarvan wil maak … En ek glo regtig sy kan ver gaan as ons haar die nodige ondersteuning gee.”

      “Ja, seker,” en


Скачать книгу